http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
P. H. Nortje is op 20 Oktober 1920 in die hoofslaapkamer van sy ouers se opstal op Klipfontein gebore. Hy was die jongste van vier kinders en die tweede kleinseun van Petrus Hendrik Smith - ‘n Britse settelaar. Daarom word hy Peter Henry gedoop - blykbaar minder grof vir so ‘n klein dingetjie. Later was hy onderwyser en later dosent -ook waarnemende rektor op Wellingtonse Onderwyskollege. Dat Peter Henry Nortje begin skryf het, is aan sy vrou en sy buurman te danke. Nortje het een skets na ’n tydskrif gestuur en dit is geplaas. Toe die tweede terugkom, besluit hy hy gaan nooit weer iets skryf nie, en hy bêre dit in ’n laai (laai 13?). Maar ’n jaar later is Nortje se tweede boek ook klaar en vir sy eerste boek, Pennie se Vuur, en Die Groen Ghoen gesamentlik, en ontvang die Akademie se Scheepersprys vir Jeuglektuur. PH Nortje se verhale klink almal wáár. Telkens is dit asof hy eers ’n avontuur tot in die fynste besonderhede beleef het voordat hy daaroor geskryf het. Sy uitsonderlike waarnemingsvermoë, sy oorspronklike segging, sy natuurlike dialoog, sy vermoeë vir die raaksien van snaaksighede en sy plooibare styl maak hom ’n humorskrywer in ’n klas van sy eie. Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke
Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke
|