http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
P.G. Hendriks is die skuilnaam van Pieter Pistorius. Hy is gebore op 19 September 1920 op Rhenosterpoort 402 in die distrik Waterberg, waar sy vader hoof was van ‘n plaasskooltjie. Hy matrikuleer aan die Pieterburgse Hoërskool en word as onderwyser opgelei aan die Pretoriase Normaalkollege en Universiteit van Pretoria.Al skoolhouende studeer hy verder, en behaal hy met deeltydse studie die graad B.A. Hons. in Afrikaans, onder leiding van C.M. van den Heever, aan die Universiteit van die Witwatersrand en onderneem nagraadse studie in die Opvoedkunde aan U.P. en P.U. vir C.H.O. Hy hou lank skool in Johannesburg en Nylstroom en word later hoof van die Departement van Opvoedkunde aan die Potchefstroomse Onderwyskolege. Vanaf 1970 tot sy aftrede in 1981 is hy professor in Sosiopedagogiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy het daarna verhuis na Pretoria. Hy is getroud en het drie seuns. Buiten ‘n aantal werke in die Opvoedkunde het daar verskeie romans uit sy pen gevloei. klik hier vir ‘n lys van die skrywer se boeke
P.G. Hendriks - skrywer “Die weg van ‘n man” is met die Eugene Maraisprys van die S.A. Akademie vie Wetenskap en Kuns bekroon. klik hier vir ‘n lys van die skrywer se boeke
P. G. Hendriks is die skuilnaam van Pieter Pistorius Lees meer oor “Werktuig van Adonai” - Bybelverhaal van Jona
|