http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Pierre Fourie is ‘n seun van die oos- Kaapland. Hy ontvang sy skoolopleiding op Elliot en George en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1946 die M.Ed-graad behaal. In 1950 behaal hy sy D.Ed-graad. Hy gee op verskeie plekke in Kaapland en die Oranje Vrystaat onderwys en wor dop ‘n jeugdige ouderdom hoof van die Middelande Hoër Handelskool te Cradock. Later was hy verbonde aan die Hoër Handelskool te Krugersdorp. As onvermoeide werker vir die Afrikaanse kultuursaak, het hy op verskeie terreine diep spore getrap. Hy word dan ook tereg genoem, :die vader van Volkspele in Kaapland”, terwyl hy ook as koor- en orkesleier groot welslae behaal het. Ook op die sportgebied is Pierre Fourie geen onbekende nie. Op Stellenbosch het hy as rugbyspeler uitgeblink en ook sy provinsie verteenwoordig. In 1945 was hy die Maties se Intevarsity-dirigent. Hy is ook as rugbykeurder en rugbyafrigter en atletiekafrigter bekend. Hoewel hy soms van sy bydraes in tydskrifte verskyn het, begin hy eers gedurende 1960 ernstig skrywe, onder aanmoediging van die Afrikaanse Pers-Boekhandel. Daarna het verskeie boeke die lig gesien.
Van sy werke sluit in:
Bron: Afikaanse Pers-boekhandel |