|
|
|
|
|
|
Pieter Johannes Schoeman (P.J. Schoeman) is op 20 September 1904 in die Utrecht-distrik (Natal en deesdae Kwazulu Natal provinsie) gebore en was die derde jongste van die gesin van 13 kinders. Sy seunsjare bring hy op die familieplaas St. Helena deur en kry van sy kinderjare af met die Zoeloes te doen. Hy martrikuleer aan die Hoërskool Helpmekaar in Johannesburg. Reeds in op skool kom sy talent as skrywer na vore toe hy 'n opstelkompetisie (in Engels) met 'n opstel getiteld: "The Inundation of the Nile." wen. Nadat hy vir 'n geruime tyd sy broer Martiens help boer het, gaan Schoeman na die Universiteit van Stellenbosch en behaal daar sy M.A.-graad (1933) met 'n tesis getiteld: Grepe uit die lewe van die Swazis. Hy wen 'n studiebeurs en gaan na Londen waar hy onder Professor Molinowski studeer. Hy behaal daar sy D.Phil. met die proefskrif The Sacred and the Profane in the Swazi Household ( ongeveer 1937). Schoeman werk as joernalis totdat hy in 1939 'n pos in Maatskaplike Antopologie (Volkekunde) aan die Universiteit van Stellenbosch aanvaar. Hy het dan ook altesaam 30 boeke gepubliseer. Verder was hy ook baie lief vir rose en natuurlik ook ‘n kenner daarvan. “n uiteensetting van sy lewensjare is as volg:
Schoeman en sy vrou, Dr. Esther Hofmeyr, het twee dogters gehad, Esti en Elize. P.J.Schoeman is op 5 Julie 1988 in Stellenbosh oorlede. Toekennings deur P.J Schoeman ontvang was:
kliek hier vir ‘n lys van sy boeke
Kliek hier vir sy gewilde jagboeke met die FANIE karakter Voorblad van Fanie se vuurdoop
|
|||