http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Daar is al meermale gesê dat hoe armer ‘n landstreek is, hoe groter is die houvas wat daardie bodem op sy kinders het. Soos sy vader (Neels Lindeman - in Fata Morgana) het Diepfontein ook ‘n grenslose liefde by Marius Lindeman gewek. Diepfontein, die plaas in die Noordweste, wat reeds drie geslagte lank in die familie is, moet ook in die vierde geslag in besit van ‘n Lindeman bly. Maar die pynlike huwelikservaring van sy vader het hom banggemaak vir die egband - totdat hy vir Estelle ontmoet het; die teer-fyne en sagte Estelle. Wonderlik mooi was hulhuweliksgeluk en hul twee seuns was waaragtig ‘n bron van vreugde.
Reënboog in die skemering is geskryf deur Elizabeth Vermeulen en in November 1958 Soos sy vader voor hom sou ook Marius aanvanklik diep uit die geluksbeker drink as kontras teen die eiendelose reeks rampe wat daarna die eienaar van Diepfontein sou tref. Met meeslepende innigheid en tere aanvoeling skets Elizabeth Vermeulen die weergalose selfloosheid en onoortreflike offervaardighede waartoe die ware liefde in staat is. Reënboog in die skemering is ‘n voortreflike en leersame roman wat op dieselfde vlak beweeg as sy twee voorgangers, Towergoud en Fata Morgana, waarop dit ‘n vervolg is.
Leer meer oor Elizabeth Vermeulen se ander boeke
|