http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php reënboogrant

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis
  • Skaars Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns
  • Afrikaanse boeke
  • Gewilde Afrikaanse boeke

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Daar is 3 reekse in die Reënboogrant-reeks boeke

  1. Reënboogrant maats
  2. Reënboogrant tieners
  3. Reënboogrant studente

 

Reënboogrant maats reeks

Reënboogrant maats 1: Skelmstreke en kattekwaad deur Maritha Snyman geskryf
Reënboogrant maats 2: Alleen tuis deur Maritha Snyman
Reënboogrant maats 3: Die balletkonsert deur Maritha Snyman
Reënboogrant maats 4: 'n Nag van angs deur Maritha Snyman
Reënboogrant maats 5: Die Hanswors deur Maritha Snyman
Reënboogrant maats 6: Teddie se geheim deur Marita Snyman, Loraine Hattingh
Reënboogrant maats 7: Die ontvoering deur Maritha Snyman, Loraine Hattingh
Reënboogrant maats 8: Huismoles deur Louise van Niekerk geskep en deur Ansonette Kruger geskryf
Reënboogrant maats 9 : Die ponieprinses deur Ansonette Kruger
Reënboogrant maats 10: Shanie en die sokkie deur Louise van Niekerk geskep en deur Ansonette Kruger geskryf
Reënboogrant maats 11: Ans se geheim deur JC Smit
Reënboogrant maats 12: Sterrenag deur Lize Roux

 

Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe: Die reënboograntjare!

Reenboogrant maats1-skelmstreke en kattekwaad kinderboeke

Reënboogrant maats 1: Skelmstreke en kattekwaad
Boek no 1 in die Reënboogrant maats reeks geskep deur Louise van Niekerk

Die Brinks is die middelpunt van alles wat in Reënboogrant gebeur - en daar gebeur elke dag jets wat almal aan die praat het.

Die Reënboogranters het geweet daar kom moeilkheid toe Shani as dirigent gekies word. Toe sy en Liz in mini’s en platformskoene op motorfietse by die interlaer aankom, was selfs Sunette stom van verbasing. Tussen die rap-liedjies en back flips gebeur dit toe . . . Party mense sê dit was ‘h ongeluk, en ander sê Liz was net jaloers.
 

Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe: die Reënboograntjare!
Moenie die volgende Reënboogrant-maats misloop nie!

 

 

Reenboogrant maats 3-Die balletkonsert

Reënboogrant maats 3: Die balletkonsert
Boek no 3 in die Reënboogrant maats reeks geskep deur Louise van Niekerk

Dis al lank wat Liz en Shani oor die ding van ballet en moderne danse vassit. Liz dink ballet is glad nie cool genoeg nie. Op paartjies kyk almal altyd vir Liz as sy dans. Sy ruk haar lyf heen en weer en swaai haar heupe asof sy van rubber gemaak is. En dan dra sy nog blink, stywe leotards en lyfkouse. Dit lyk woes sexy, en Shani weet dit sal haar goed pas. Maar haar ma het haar voet neergesit, al kerm Shani hoe. Dit kom die aand van die konsert, en die reën, en Rachelle in haar rave pakkie ... Rachelle wat Shani nie kan verdra nie. Rachelle wat besluit het om Shani ‘n les te leer....

 

koop 'n boek 4

Reenboogrant maats 7- Die ontvoering

Reënboogrant maats 7: Die ontvoering
Boek no 7 in die Reënboogrant maats reeks geskep deur Louise van Niekerk

Al wat ‘n Reënboogranter is, is op hol oor die nuwe gym. Dis ‘n gloot glaskonstrukisie met pers mure en ‘n peink dak en dit lyk so cool dat almal wil aansluit. Maar dit moet eers wag, want Shani se paartie lê voor. Sy wéét sommer dat dit alle verwagtings gaan oortref. Dit gaan ‘n wow wees soos wat min paarties nog was!

Toe sy boonop komplimente kry dat sy soos Cindy Crawford lyk, loop Shani se beker oor van geluk. Sy gaan ook eendag net so ‘n beroemde model word. Dit is hoekom dit so belangrik is dat sy by die gym moet uitkom. En net toe gebeur ‘n allerverskriklikste ding wat die hele Reënboogrant skud...

 

koop 'n boek 4

Bo

reenboogrant maats - Huismoles

Huismoles geskryf deur Ansonet Kruger en deur Louise van Niekerk geskep
Boek no 8 in die Reënboogrant maats reeks geskep deur Louise van Niekerk

Rachelle is nie daaraan gewoont om verneder te word nie. Sy onthou goed hoe almal gelag het toe sy op shani se partytjie in die swembad beland het... en sy gaan beslis wraak neem.

Wie gaan sy almal met haar bose planne probeer verwoes?

Shani weer, is te besig om voor te berei vir ‘n oudisie om agter te kom dat Rachelle se danige vreindskap met haar eintlik groot moeilikheid voorspel. Intussen staan die Brinks voor hulle grootste avontuur ooit. Gaan hulle pa die pos in Amerika aanvaar? Niemand is meer opgewonde as Shani nie, want dis tog waar Hollywood is!

 

koop 'n boek 4

Reenboogrant tieners 9- Sake van die hart

Reënboogrant maats 9 : Die ponieprinses deur Ansonet Kruger
Boek no 9 in die Reënboogrant maats reeks geskep deur Louise van Niekerk

Sunette kan haar kop op ‘n blok sit dat sy vir Natasha, die nuwe meisie by die skool, gevaarlike toertjies op ‘n ponie in die sirkus sien doen het. Maar dit kan nie sy wees nie, want haar ouers is dan baie ryk en hulle woon in hotelle.

Sunette word gevra om Natasha touwys te maak by die skool en sy nooi die cool nuwe maat om te kom kuier. Dis wanneer dinge by die Brinks begin skeef loop en Sunette haarself al dieper in die gevaar begewe.

Intussen het Tina dit sowaar reggekry om Patience vir twee weke te laat skors.Shani besluit om Pat se onskuld te bewys. Sy gaan die skool die keer tot in sy fondasies skud. Tot ou Biltong het nie raad nie ...

Reenboogrant maats 10-Shani endiesokkie

Reënboogrant maats 10 : Shani en die sokkie - geskryf deur Ansonette Kruger
Boek no 10 in die Reënboogrant maats reeks geskep deur Louise van Niekerk

Ou Biltong die skoolhoof van Laerskool Reënboogrant, het toestemming gegee dat die kinders ‘n dans mag reël om geld vir liefdadigheid in te samel. Sunette en Shani dink dis vreeslik cool ... hulle weet sommer dit gaan die grootste gebeurtenis ooit wees!

Die twee Brink-dogters het net ‘n paar klein probleempies ‘n Mens kan nie alleen gaan nie -‘n seun moet jou vra. En hulle moet nuwe rokke kry - wat nie soos al die ander girls s’n lyk nie .

Terwyl Sunette nog tob oor ‘n rok en’n date, beraam Shani vinnig planne om ‘n stunning rok in die hande te kry en die oulikste ou in die skool sover té kry om haar na die sokkie te vra.

Nooit in bulle wildste drome het hulle kon weet wat alles by so’n sokkie kan gebeur nie...

Moenie die volgende Reënboogrant-maats misloop nie!

 

Reenboogrant maats 11

Reënboogrant maats 11 : Ans se geheim deur J C Smit
Boek no 11 in die Reënboogrant maats reeks geskep deur Louise van Niekerk

niemand weet regtig enigiets van die nuweling af nie, behalwe dat sy naam Rudiger is en dat hy vir Rachelle en Japie sommer op die eerste dag mooi op hulle plekke gesit het. Die meisies is sommer gou almal gek oor die nuwe hunk in Laerskool Reënboogrant. Shani dink hy is so koel soos ‘n ysblokkie en dit is gewoon incredible wat hy met Japie aangevang het.

Dis net Ans, goeie vriendelike Ans wat besef dat Rudiger glad nie gelukkig lyk nie. En dit is ook net sy wat nie te midde van al die aksie vergeet om te wonder waarom Rudiger dan al in soveel skole was nie... Rudiger deel ‘n groot geheim met Ans, ‘n geheim wat opwindend en gevaarlik en ook ‘n bietjie hartseer is, ‘n geheim wat Ans se lewe vir altyd kan verander ...

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Reënboogrant tieners reeks

 

Reënboogrant tieners 1: Partytjies en Penaries deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 2: Hunks en hamburgers deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 3: Raves en rugstekers deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 4: Drome en dramas deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 5: Hartebreker deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 6: Anderkant die reënboog deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 7: Sandkastele deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 8: Tiener Tantrums deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 9: Sake van die hart deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 10: Liefde in Londen deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 11: Paaie van die hart deur Louise van Niekerk
Reënboogrant tieners 12: Doodloopstrate deur Louise van Niekerk

reenboorrant karakters

koop 'n boek 4

Bo

Reenboogrant tieners 1 Partytjies en Penaries deur Louise van Niekerk

Reënboogrant tieners 1: Partytjies en Penaries
 deur Louise van Niekerk

reenboogrant tieners 2 - hunks en hamburgers

Reënboogrant Tieners Hunks en Hamburgers
Reënboogrant boek no 2
- geskryf deur Louise van Niekerk

Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe: die Reënboograntjare!

Sunette is sielsongelukkig. Dis onmoontlik om iemand regtig lief te hê! Die aand was ‘n flop! Pierre kan maar verskonings maak soos hy wil, hy is mal oor Rachelle. Hy het haar kamstig kom soek in die saal nadat hy .....nadat hy Rochelle so .... so bevoel het! Gmf. Haar rug het so min gejeuk as wat ... Sy wou net hê Pierre moes aan haar vat... en was hy nie gewillig nie! Shani sê dis sex appeal. Wel, dit werk beslis. Kyk hoe het Dolf vir haar geval. Pierre sal haar wat Sunette is nooit weer uitvra nie. Of sal hy?

koop 'n boek 4

 

Reenboogrant tieners 3-Raves en rugstekers

Reënboogrant tieners - Raves en rugstekers
Reënboogrant boek no 3 - geskryf deur Louise van Niekerk

Shani het klaar gevra of sy by Liz kan gaan slaap, maar sy’t nie gesê van die rave nie. Pa sal weer te veel vrae vra en al sê hy dan sy kan gaan, sal dit nie meer lekker wees nie, want san sal hy sê hy vertrou haar en dan’s alles so flippen pyn. Dis makliker as hulle jou nié vertrou nie, want da kan jy hulle tog nie skok nie. Anyway, daar sal mos niks verkeerd gaan nie, dis net ... ‘n rave.

Mens moét alles eenkeer probeer. As dit bad is, sal sy mos nie wéér gaan nie.

 

koop 'n boek 4

Bo

reenboogrant tieners-Drome en dramas

Reënboogrant tieners - Drome en dramas
Reënboogrant boek no 4 - geskryf deur Louise van Niekerk

Shani staan voor die spieël. Hoe moet ‘n face of the nineties nou eintlik lyk? Die tydskrif sê net van al die pryse wat mens kan wen. Sy’t al baie foto’s gesien van hoe gesiigte van die sixties gelyk het, maar sy nie ‘n clue hoe ‘n gesig van die nineties moet lyk nie. Hulle kyk darem seker na persoonlikheid ook. Dit help nie jy’s Die Face op the nineties en daar staan jy soos ‘n bumb blonde en praat strooi nie. Miskien moet sy ‘n paar van haar pa se sielkunde boeke gaan kyk, dalk kry sy tips.

 

koop 'n boek 4

 

reenboogrant tieners 6 - Anderkant die reënboog

Reënboogrant Tieners - Anderkant die reënboog
 Boek no 6 in die Reënboogrant Tieners reeks

Die beroering wat die nuwe held in die Hoërskool Reënboogrant veroorsaak het, het skaars bedaar toe die nuwe meisie van die Kaap haar verskyning maak.
Al die ouens - en dit sluit selfs vir Dolf in - swerm die heeltyd om Monique. En dis nie asof sy enige claim to fame het nie! Al wat sy eintlik doen, is om te staan en mooi lyk - en bleek, natuurlik. Shani, sunette (an al die ander meisies) het net mooi genoeg hiervan gehad toe die bom bars en Monique se geheim uit is....
En nou weet hulle nie mooi wat om te doen nie. Moet hulle nog die Broken Hearts Club stig of nie?

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Reenboogrant tieners 7-Sandkastele

Reënboogrant tieners 7: Sandkastele
Reënboogrant Tieners boek no 7 - geskryf deur Louise van Niekerk

Shani is in die sewende hemel van geluk, want hierdie vakansie op Hermanus is net wat sy nodig gehad het. Dis great om weg te wees van al die dramas van Reënboogrant. Sy sou gecrack het as sy nog één dag vir Chris Fick moes face - om van Monique nie te praat nie. Kyk net hoe sorg die geluksgodin vir haar: ‘n vakansieromanse met ‘n ou wat op Stellenbosch swot, ‘n ou wat wéét hoe om ‘n meisie op die wolke te laat loop. Maar net toe Shani dink niks of niemand die magic kan bederf nie, gebeur die een nagmerrie op die ander ... En Shani is oortuig dat dit erger is as The bold and the beautiful, The days of our lives en Egoli saam.

koop 'n boek 4

 

Reenboogrant tieners 8-Tiener Tantrums

Reënboogrant tieners 8: Tiener Tantrums
Reënboogrant Tieners boek no 8 - geskryf deur Louise van Niekerk

Sunette is weer verlief. Sy kan nie dink dat sy haar so oor Pierre verknies het nie. Jaco is die wonderlikste ou wat sy nog ooit ontmoet het ... en hy is mal oor haar. Hy het self so gesê. Hy dink sy is beeldskoon, want hy wil haar portret skilder. Maar daar is ‘n hartseer kyk in sy oë wat sy nie kan plaas nie. Hy het dalk ‘n geheim warvan sy eers later sal uitvind?

Terselfdertyd het Shani al haar dae om Dolf sover te kry om oor Monique se dood te kom. Hoekom is ouens so stupid? Hoekom dink hulle dis ‘n skande om te huil? As hy net kon huil, sal hy al beter voel. Nou vergryp hy hom aan pa Brink se whisky ... en as dit op die lappe kom, is dit weer nag in die Brink-gesin.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Reënboogrant Studente-reeks

 

    Reenboogrant Studente no 1 Eerstejaar blues

Reënboogrant Studente boek no 1: Eerstejaar blues
Geskep deur Louise van Niekerk
Geskryf deur Heila Fourie

Almal maak van ‘n universiteitskoshuis ‘n hengse glamorous affêre met hope fun en games, maar die Brink-eerstejaars en ander Reënboogranters word gou ontnugter deur die swottery, diëte, gedwonge sokkies en die streng HK. Boonop word Sunette die teiken van Die sluiper . Is hy die een wat haar saans laat bel en haar “bokkie-ogies” noem? Tipies Shani beland sy keer op keer in die warm water oor haar rebelse streep. Maar as die joolvlot afbrand, ontmoet sy hom.... haar droom-ou: ‘n magnificent specimen wat soos Jon Bon Jovi kan sing.

Reenboogrant Studente no 2 joolliefde

Reënboogrant Studente boek no 2: Joolliefde
Geskep deur Louise van Niekerk
Geskryf deur Heila Fourie

Lawwe kostuums, straatoptogte en blikskud is alles deel van die opwindendste tye van studentwees, veral as daar romanse in die lug is. Daarom is Shani nie dadelik agterdogtig oor haar droom-ou se verlede nie .... Sy het al gerugte oor joolbabas gehoor, maar dis tog net stories, of is dit nie? Dan het die stof oor Die Sluiper nog skaars gaan lê, of ‘n nuwe onding steek sy kop uit wat die Reënboograntganters aan die gons het!

 

koop 'n boek 4

Reënboogrant Studente boek 3 as die kat weg is

Reënboogrant Studente boek no 3: Joolliefde
Geskep deur Louise van Niekerk
Geskryf deur Heila Fourie

Liewe dagboek

Die verskriklikste goed het gebeur terwyl ma en pa weg was. Dolf is in die hospitaal met skedelbreuk en ‘n allergie vir bysteek. Hy lê net twee kamers van Liz af. Ek kan dit nie glo nie! Sy’t probeer selfmoord pleeg. Sy’t seker liters bloed verloor, want sy lyk nie baie goed nie.

Marietjie en Leretti het ook wraggies goed drooggemaak en amper die huis afgebrand. En Suzette.... Sy sal haar liegstorie agtermekaar moet kry om te please explain waar sy die naweek was. En dit terwyl ék altyd in die moeilikheid is.... Wys jou.
Shani

 

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

 

Reenboogrant Studente no 4 Waar n rokie trek

Reënboogrant Studente boek no 4: Waar ‘n rokie trek ...
Geskep deur Louise van Niekerk
Geskryf deur Heila Fourie

Hierdie keer het ‘n storm oor Shani se kop losgebars waarin sy wraggies geen aandeel gehad het nie. Niemand wil na haar kant van die saak luister nie. Almal wat vir haar lief is, het teen haar gedraai... en dit oor ‘n skinderstorie. Nie eens Sunette staan by haar nie. Die HK se verskoning vir haar skorsing, is dat sy wat Shani is haar nie by die koshuisreëls kan aanpas nie. Maar sy weet dis net ‘n rookskerm. En die cherry op die koek is dat Marten gebel het om te sê dat hy haar nie weer kan sien nie. Nooit weer nie...Niks wat sy nog kan oorkom, kan erger wees as wat reeds gebeur het nie!

Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe: die Reënboograntjare!

 

koop 'n boek 4

Bo

Reenboogrant Studente no 5 Wolf, Wolf, hoe laat is dit

Reënboogrant Studente boek no 5: Wolf, Wolf, hoe laat is dit?
Geskep deur Louise van Niekerk
Geskryf deur Heila Fourie

Sunette is in twee geskeur. Hoe kon sy so laag daal? Hoe? Hoe? Hoe!
Dit voel vir haar of haar hele wêreld in duie stort toe dit op die lappe kom dat sy double date. Albei ouens het haar verwerp en die ergste van alles is dat dit deur haar eie toedoen is. Sy was nog altyd die prim en proper een. Dis gewoonlik Shani wat droogmaak en almal op hol jaag... Dieter Wolfe se belangstelling in haar welsyn is dus vir Sunette soos manna uit die hemel. Hy sien tot in ‘n mens se siel. As hy naby haar is, sien sy niks en niemand anders raak nie. Sy weet sommer hys die enigste een met wie sy kan praat, want hy verstaan jongmense. Maar as Sunette gedink het sy’s in die moeilikheid oor sy double date, dan het sy haar misgis. Dit was niks teen haar verbintenis met Dieter Wolfe nie...

Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe: die Reënboograntjare!

 

koop 'n boek 4

Bo

Reënboogrant Studente boek no 6

Reënboogrant Studente boek no 6: Klop-klop wie’s daar?
Geskep deur Louise van Niekerk
Geskryf deur Heila Fourie

Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe: die Reënboograntjare!

 

 

koop 'n boek 4

Reënboogdrome 1: Rosie die rooi feetjie deur Daisy Meadows
Reënboogdrome 2: Aster die oranje feetjie deur Daisy Meadows
Reënboogdrome 3: Madeliefie die geel feetjie deur Daisy Meadows
Reënboogdrome 4: Angelika die groen feetjie deur Daisy Meadows
Reënboogdrome 5: Viooltjie die blou feetjie deur Daisy Meadows
Reënboogdrome 6: Iris die indigo feetjie deur Daisy Meadows
Reënboogdrome 7: Petunia die pers feetjie deur Daisy Meadows

 

Stalmaats 1: Perdedrome deur Lize Roux
Stalmaats 2: Totsiens Sugarplum deur Lize Roux
Stalmaats 3: Anri se plan deur Lize Roux
Stalmaats 4: Die Spookperd deur Lize Roux
Stalmaats 5: Beroemde Ruiter deur Lize Roux
Stalmaats 6: Komaan, Karen! deur Lize Roux

 

Lili die speurder deur Emma Thomson
Lili gaan pretpark toe deur Emma Thomson
Lili se geheim deur Emma Thomson
Lili die wensfeetjie: Roomys en raaisels deur Emma Thomson
Lili die wensfeetjie: Vriende en feetjieskool deur Emma Thomson
Lili by die maskerbal deur Emma Thomson
 

 

Aqua.net deur Carina Diedericks-Hugo
Skerpioen.net deur Carina Diedericks-Hugo
Moord.net deur Carina Diedericks-Hugo
Nagmerrie.Net deur Carina Diedericks-Hugo
Thomas@sms.net deur Carina Diedericks-Hugo
Thomas@aksie.net deur Carina Diedericks-Hugo
Thomas@nagmerrie.net deur Carina Diedericks-Hugo
 

koop 'n boek 4

Bo

Blommefeetjie-maats: Laventel red die Somerdans deur Kay Woodward, Cicely Mary Baker
Blommefeetjie-maats: Rosie se spesiale geheim deur Kay Woodward, Cicely Mary Baker
Blommefeetjie-maats: Soetkersie se wens deur Pippa le Quesne, Cicely Mary Baker
Blommefeetjie-maats: Zinnia se groot avontuur deur Pippa le Quesne, Cicely Mary Baker
 

 

Oorleef op 'n verlate eiland deur Claire Llewellyn
Oorleef in 'n oerwoud deur Claire Llewellyn
 

koop 'n boek 4

Gedaantes en geraamtes : Die stem in die trommel deur Louise Prinsloo
Gedaantes en geraamtes : Die geheim van Groukatlaagte deur Louise Prinsloo
Gedaantes en geraamtes : Spookhuis by die see deur Louise Prinsloo
 

 

Straatspeurders : Boksemdais deur Janis Ford
Straatspeurders : Vuyo tot die redding deur Janis Ford
Straatspeurders : Die Hawe-avontuur deur Janis Ford
Straatspeurders : Kalkbaai avontuur deur Janis Ford
Straatspeurders : Dwelms is vir skelms deur Janis Ford
Straatspeurders : Dis 'n hondelewe deur Janis Ford
 

 

Grille & Goeters: Nagvlerke deur Jaco Jacobs
Grille & Goeters: Nag van die monsters deur Jaco Jacobs
Grille & Goeters: Troetelgedrog deur Jaco Jacobs
Grille & Goeters: Voelers deur Jaco Jacobs
Grille & Goeters: Tande deur Jaco Jacobs

Bo

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

Bo