http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Saartjie Baumann is ‘n gewilde reeks boeke vir jong dogters en is geskryf deur Bettie Naudé. Hier volg ‘n lys van boeke in die reeks wat deur Afrikaanse Pers-boekhandel uitgegee was in die 1970’s: |
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wil jy van die Saartjie - boeke bestel? Klik hier of skakel ons kantoor by 012 345 4040 of André 083 253 4932 Soek jy na ander tiener boeke? klik hier
Gedurende die 1990’s is die “Nuwe Saartjie-reeks” vervat in 4 omnibusse:
Saartjie omnibus nommer 2
Saartjie omnibus nommer 3 Boeke vervat in die omnibus is:
Saartjie omnibus nommer 4 Boeke vervat in die omnibus is:
Saartjie se kliek Waar die dertienjarige Saartjie is, is die moeilikheid altyd net om die draai. Maar een ding is seker: haar “kliek’’is altyd saam met haar in die verknorsing. Hulle is natuurlik Anna en Lina (wat al ‘n heilige vrees vir Saartjie se voorstelle het!) met klein Muggie met haar blikkeel altyd soos ‘n skaduwee agterna. In hierdie boek kry hulle amptelik ‘n nuwe naam: die Lelies van Lynnekom. En asof dit ‘n lisensie is om splinternuwe kattekwaad aan te vang, verklaar die Lelies ‘n geheime oorlog teen Galpil, Gert en Piet. . . met rampspoedige gevolge vir albei partye!
Saartjie se geveg Saartjie is ‘n vrolike meisiekind wat veel eerder gekskeer as om te baklei. Ongelukkig moet sy uitvind dat daar dae kom wanneer selfs die vredeliewendes gedwing word om die strydbyl op te neem. . . soos die dag toe die kwaai Oom Jorrie haar hondjie gevange geneem het om hom kwansuis dissipline te leer. En dit net omdat haar Napoleon so bietjie vriendelike belangstelling in oom Jorrie se spogduiwe getoon het ...! Die kinders van die ganse Lynnekom was natuurlik aan Saartjie se kant. En wat ‘n geveg was dit nie! Lees in hierdie boek hoe Saartjie haar hondjie teruggekry het, en hoe sy en Oom Jorrie weer vriende geword het.
Saartjie se moleste Saartjie Baumann en haar, maats leer hard vir die eksamen. Altans — hulle is veronderstel om hard te leer. Maar Saaitjie se gedagtes dwaal na die heerlike sonskyn buite. Apie, haar boetie se verknorsing gee aan Saartjie ‘n goeie verskoning om die saak met haar maats, Lina en Anna, te gaan bespreek. Hulle is vasbeslote om die bullebak wat Apie seergemaak het, behoorlik op sy plek te sit. Die eksamen bly ook nie weg nie, en ook nie die probleme nie — Amanda beskuldig Saartjie daarvan dat sy die vraestel gesien het en Saartie moet haarself verdedig. Uiteindelik breek die vakansie aan en daarby ‘n heerlike plaasvakansie. Saartjie se moleste is vol avontuur. Ja-nee, waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets.
Saartjie se afskeid Skoolgaan kan nie vervelig wees as Saartjie Baumann daar is nie. Die standerd-sewes het baie pret in ou Bolla se klas met die kleurbaadjie-petalje. Maar ai tog, as Saartjie die onderwyseres na-aap, spat die vonke. Saartjie en die hoofseun wek groot opspraak met hul heldedaad toe berugte rampokkers groot moleste in die skool veroorsaak. Dan is daar nog die nuwe seun wat goed op sy plek gesit moet word. Saartjie weet hoe om Galpil vir hierdie taak aan te moedig. Maar toe — toe gebeur daar iets waaroor die hele Lynnekom aaneen praat: Lees in Saartjie se afskeid hoekom Saartjie moet afskeid neem en van wie.
Saartjie se gevaar In Saartjie se gevaar wil Saartjie Baumann alles wat sy hoor, sien of lees uittoets: sal Lodewyk teenoor haar optree soos die held teenoor die heldin in die liefdesverhaal wat sy gelees het? Saartjie voel sy moet dit by die eerste en beste geleentheid uittoets. So tussen die dagdromery deur is sy bekommerd. Haar ma moet hospitaal toe gaan, en dit nogal net voor haar ma se verjaarsdag. Een krisis volg op die ander. Toe Saartjie een aand by die venster uitkyk, gewaar sy kwajongens voor die bank. Sy besluit om ondersoek in te stel. Saartjie se gevaar vertel hoe Saartjie deur die bankrowers gevange geneem word. Sal iemand haar ooit uit die “spookhuis” bevry? Tog verloor Saartjie nie moed nie. Terwyl die Lynnekommers — en veral ou Galpil — na haar soek, beraam sy allerhande planne om van die rowers weg te kom.
Saartjie se pappegaai “Hiert, jou wille-weghol! Hiert. jou perdebylyfie!”
Lees ook die Maasdorp-reeks met Kobie Rossouw Lees ook die Jasper-reeks Lees ook die Trompie-reeks deur Topsy Smith
|