http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Sangiro (Skuilnaam van A.A. Pienaar) het verskeie boeke boeke geskryf waaronder:
Voorblad van “Uit oerwoud en vlakte” deur Sangiro Inhoud:
In die boek speel verbeelding geen rol nie. Die skrywer het getrag om die lewe en gewoontes van wilde diere, soos hy die in vele jare leer ken het, eenvoudig weer te gee. Ook onder die wilde diere bestaan daar ‘n soort van geesteslewe, wat die opmerksame waarnemer telkens weer met verwondering vervul; vir hom word dit naderhand moontlik om die diere se gewaarwordinge uit hulle uiterlike beweginge te verstaan. Agterblad van Uit oerwoud en vlakte - Sangiro In die skets “Renoster” waar die verhaal oor ‘n langer tydperk en ‘n afwisselende toneel loop, het die skrywer verskillende gevalle tot een verhaal saamgevat; dog tot in die kleinste besonderhede berus dit op natuurware waarneminge en persoonlike ondervindinge. In “Die lotgevalle van ‘n leeufamilie” is die gebeurtenisse, met uitsondering van gedeeltes van die laaste hoofstuk, nagenoeg letterlik opgeskryf soos hulle plaasgevind het. Die omgewings waarin die diere hulle beweeg, is in alle opsigte na die werklikheid opgeteken.
Simba (Ngorongoro- leeutjie) - Eertse uitgawe 1945 Inhoud: NGêSOMIT
SIMBA
En die Oranje vloei verby Hierdie werk - ‘n tiental sketse wat handel oor die lewe in die dor streke van Namakwaland en Suidwes - gee mens die geleentheid om vas te stel hoe Sangiro (Skuilnaam van A.A. Pienaar), die romantikus, die “digter” van die oerwoud, hom kan beweeg in die harde “woestyn”-wêreld van die Hobson-broers. Die skrywer kyk egter nie net na die land met sy droogtes en ontbering nie, maar sy verbeelding neem die loop en hy kyk ver onder die oppervlakte. Sangiro is daarop uit om iets van die geheim van die wêreld en sy mense te ontdek: ,,Maar ook Namutoni het sy stukkie romantiek, en meer as een besoeker het homself seker al afgevra watter geskiedenis hom kon afgespeel het agter daardie wit mute wat nou so stil en en werkIik in die bewende gloed van die middag lê, asof hier inderdaad die rus van Afrika nooit gesteur kon gewees het nie.” Ook gaan dit die skrywer meer om die mens as om die landskap. Met ‘n tikkie geestigheid kan hy vertel van die taaiheid van die Boesmanlander wat ,,as hy ‘n geseënde ouderdom bereik en baie nattigheid kon verduur, in sy tydspan maklik vyf of ses goeie reënjare belewe,” van die rondtrekkende skeerders, van die land en sy inwoners waar die Intrede van die onderwys ,,byna die belangrikheid van ‘n staatsgreep” verkry het. Met teerheid en warmte word figure soos Oom Giel van Namakwaland, Oom Gert Koppies en en Koos van Eensaamheid geteken. In hierdie tien hoofstukke vertel Sangiro ons dus van die mense in Namakwaland op ongekunstelde en onderhoudende wyse - hy tipeer hiedie mense net soos hulle is, sodat dit moeilik is om hulle weer te vergeet!
|