|
Sarah du Pisanie se omnibusse sluit in:
In Sarah du Pisanie se boeke / omnibusse word die leser meegevoer deur stories wat afspeel in die huidige Namibië, die ou Duits-Wes en aan die Kus van die Dood in die vroeë 1900’s...
Omnibus 1 - Sarah du Pisanie
Boektitels in blou dui aan daar is meer inligting beskikbaar
Omnibus 2 - Sarah du Pisanie
Omnibus 3 - Sarah du Pisanie
Omnibus 4 - Sarah du Pisanie
Omnibus 5 - Sarah du Pisanie
Omnibus 6 - Sarah du Pisanie
Bestel boeke by ons aanlynwinkel by www.lizmar.co.za
Omnibus 7 - Sarah du Pisanie
Omnibus 8 - Sarah du Pisanie
Omnibus 9 - Sarah du Pisanie
Omnibus 10 - Sarah du Pisanie

Omnibus 1 - Sarah du Pisanie
lees meer oor Sarah du Pisanie se boeke - kliek hier

Bestel boeke by ons aanlynwinkel by www.lizmar.co.za


Omnibus 3 - Sarah du Pisanie
Die verhale in hierdie omnibus speel almal in die ou Suidwes-Afrika af. In Die huis van Makir bly privaat verpleegster Annie slegs in diens van ’n skatryk familie om ’n veilige hawe te kan skep vir die seuntjie van die stugge Pieter von Moltke, in die hoop dat die man ééndag aan die kind die erkenning sal gee wat hom toekom. En dan breek daardie dag aan . . .
In Die rooi duiwel van Rotskloof pak Ansie en haar verloofde ’n lang tog aan om haar wewenaar-broer te gaan bystaan waar hy hom op ’n sendingstasie saam met sy twee kleuters bevind. Maar spoedig ontdek sy dat haar broer dodelik siek is aan malaria, en boonop loop sy haar vas in ’n rooibaard-duiwel van ’n man wat vas glo een van die kinders het op sy plaas oortree.
En in Vir twee koppies meel is weeskind Anke bestem om die bruid van ’n Duitse soldaat te word; sy wil die armoede van Duitsland verruil vir ’n nuwe lewe in sonnige Suidwes. Maar met haar aankoms daar word haar droomwêreld aan flarde geruk.
lees meer oor Sarah du Pisanie se boeke - kliek hier


Omnibus 4 - Sarah du Pisanie

Bestel boeke by ons aanlynwinkel by www.lizmar.co.za

lees meer oor Sarah du Pisanie se boeke - kliek hier
OMNIBUS 5 - Sarah du Pisanie As die Nina-wind waai Die Woenstynplantjie Die Voshaar van Biesiesvlei
OMNIBUS 6 - Sarah du Pisanie Liefste Koos Jakkalswater Die Winskopie

Omnibus 7 - Sarah du Pisanie
My hartjie, my liefie Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ‘n onderwyspos op so ‘n afgelee dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr Erlank skynbaar ‘n veel ouer dame verwag. As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in ‘n japtrap gepak en teruggekeer huis toe. . . na Pieter toe. Lees meer...
Die voorskootbataljon Karlien Joubert se jare lange droom om te boer spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar en haar ma verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas, Standersfontein, besit? En waarvan, dink hy, moet sy, haar vier susters, en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?
Fort van die kappiedraers Stieneke Kitshoff het nooit kon dink haar lewe sou oornag so handomkeer verander nie. Skaars ‘n week gelede het sy nog geglo Teuns het haar lief. . . dat hy sy buurman Piet Coetzee doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgeleë plaas in Suidwes.
En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug... op pad na ‘n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nêrens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante lummel Jaap Venter!

Omnibus 8 - Sarah du Pisanie
lees meer oor Sarah du Pisanie se boeke - kliek hier

Bestel boeke by ons aanlynwinkel by www.lizmar.co.za

Sarah du Pisanie - Omnibus 9
Katrientjie is 'n opwindende verhaal van 'n jong meisie wat vrou-alleen haar oupa se beeste aanjaag Windhoek toe en deur 'n bende rowers ontvoer word.
Daar is vuurvonke en romanse in Die baron van Rauenshof wanneer die weduwee Maria van Rouenstein siek raak en haar drie dogters by haar vervreemde skoonpa in 'n kasteel in Duitsland gaan bly.
In Die kralebruid word Isa deur die Ouni-stam op 'n eiland grootgemaak en aan 'n ontdekkingsreisiger gegee in ruil vir krale. Hy besef nie hy is volgens tradisie nou met haar getroud nie en sy verstaan nie hoekom hy afsydig is teenoor haar nie. Boonop lyk dit of hy in die beeldskone Belinda belangstel. Sarah du Pisanie het al meer as dertig liefdesverhale gepubliseer en skryf steeds nuwes. Sy woon op Olifantshoek.

Omnibus 10 - Sarah du Pisanie

Bestel boeke by ons aanlynwinkel by www.lizmar.co.za


Bestel boeke by ons aanlynwinkel by www.lizmar.co.za

Word meegevoer deur stories wat afspeel in die huidige Namibië, die ou Duits-Wes en aan die Kus van die Dood in die vroeë 1900’s:
|