|
Schalkie van Wyk het talle liefdesverhale (meer as 100) geskryf wat die volgende insluit:
- Aan die einde van die reënboog - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Agter donker sluiers - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Anderkant die wolke - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Anderkant more wag geluk - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Arende vlieg alleen - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Bekende vreemdeling - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Beminde vreemdeling - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
- Beminde vyand - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Bittersoet verlange - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
- Blare in die wind - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Bloeisels in die wind - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Dennewoud van drome - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Die eerste lenteroos - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Die Geheim van Donkerkloof - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Die goue eendag - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Die Grondbaron - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Die Kroonprins van Kaiserburg - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Die liefde oorwin - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Die ontwykende droom - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Die sagte vlam - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Die son skyn elders - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Die son van geluk - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Die teken van die Suiderkruis - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Donke-Doef kom kuier - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Drome van liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Eiland van eensaamheid - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Eiland van geheime - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Erfgename van haat - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Gee my ‘n droom - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Geleende liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n ROMANZA liefdesverhaal)
- Gevangene van gister - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Gister se betowering - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Gister se troebel water - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Iemand soos jy - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
- Kammaland van liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Kronkelweë van die hart - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Legende van die liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Letsels van liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Lied van die berge - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (Eike-boekklub)
- Lied van die lente - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Liefde in die najaar - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Liefhê is geluk - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Lokstem van die liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Lokval van die liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Man agter `n masker - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Man langs die pad - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Man van gister - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Man van lig en skadu - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
- Melodie van liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Melodie van die hart - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- More bring ‘n droom - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- More bring ‘n nuwe daeraad - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- `n Ander soort liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- ‘n Anker van liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- `n Bruid vir Eduard - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Nêrens ‘n nuwe more
- Ongetemde hart - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Reënboog van jou hart - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Reënpad na die son - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Rondomtalie van die liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Seisoen van verlange - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Skadu’s voor die son - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Sigeuner van haar drome - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Soldaat kom weer - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Somer van betowering - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Sonskyn in die reën - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Son van liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Soveel verlore gisters - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Sterre in my hand - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Stiefkinders van die liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Te jonk vir liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Teer soos n vlinder - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Toe kom die vreemdeling - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Vallei van verlange - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Vlakte van verlore drome - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Waar purperwinde blom - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Waar liefde skuil - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Wanneer die skadu’s wyk - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Warrelwind van die liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Web van betowering - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Weerklank van gister - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Winter van heimweë - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- Winter van wanhoop - liefdesroman deur Schalkie van Wyk




Sonskyn in die reën liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
Toe die aantreklike Magnus Winterbach by die drie Du Preezs se voordeur instap, verander hulle lewens radikaal, Die hardestert van ‘n oupa Chris verdink hom van allerhande duister dinge; die goddeloos bedorwe Chrissie hoop op daardie duister dinge, en die beeldskone Michelene word vreemd bewus van ‘n magnetisme wat sy nie ken nie. Ter wille van haar sussie behandel sy Magnus egter soos ‘n vreemdeling selfs toe sy klipmasker verkrummel en hy haar son toe lok. Die liefde het egter ‘n manier om sy eie pad na die waarheid toe te vind — en hy laat hom deur níks stuit nie…
Die immergewilde Schalkie van Wyk oortref haarself waarlik met hierdie roman Sonskyn in die reën. Die karakters is volrond, die dioloog skerp, pittig en lewensgetrou en die intrige boeiend - tot op die soete einde.


Bittersoet verlange ‘n MELODIE liefdesroman deur Schalkie van Wyk opgedra aan haar aangenome seun, Janno Muller
Leandri Dreyer voel soos die spreekwoordelike voëltjie wat in ‘n goue kou gevange gehou word. As enigste kleindogter van haar skatryk ouma Anya Dreyer kry sy van kindsdag af alles van die beste en die duurste, want haar ouma moes haar grootmaak ná haar ouers in ‘n motorongeluk gesterf het. Maar geld en goed is nie liefde nie, en Leandri wil versmoor onder die swaar skuldlas van verpligting wat op haar geplaas word. Toe haar ouma Anya egter aandring dat Leandri voor haar een-en-twintigste verjaardag met die prokureur Mauritz Pretorius trou, en Leandri op dieselfde dag die aantreklike Rohan Rinsma met sy donker mosgroen oë en kragtige motorfiets ontmoet, word ‘n vuur van verset in haar jong hart aangesteek.




Die Grondbaron liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Erika Marais en haar kunstenaarbroer Henno, koop die pragstuk van ‘n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ‘n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ‘n soort van ‘n huishoudster.
Om sake te vererger, dink Riaan Erika gaan met hom trou en moet sy pleegma speel vir twee onmoontlike kleingoed. Boonop moet sy voortdurend Wilhelm-hulle se tienersuster, Karin, beskerm teen die onwelkome attensies van Kallie Brink wat glo dat Wilhelm sy ouers van hul plaas beroof het.
Asof dit nog nie genoeg is nie, moet Erika toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi…
Die grondbaron is Schalkie van Wyk op haar klassieke beste!

Gee my ‘n droom liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier



Liefhê is geluk liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Hulle was van kleins af ‘n driemanskap en lief vir mekaar: Nicki, Deon en Cobus. Deon was die oudste en toe hy weg is universiteit toe, het hy vir Cobus gesê: “Pas haar mooi op, ou maat, want ek kom haar eendag haal.” En Cobus, omdat die armoede van sy jeug hom minderwaardig laat voel het, het Nicki mooi opgepas.
Nou, ses jaar later, is al drie weer terug op Barendshoogte en Nicki moet kies tussen Cobus, die skugter onderwyser en Deon, vennoot in sy pa se gevestigde prokureurspraktyk. Om sake te kompliseer, het Nicki pas skatryk geërf en daag haar onbekende voog, Francois Rosseau, op om – soos in die testament bepaal – te besluit of sy al volwasse genoeg is om haar erfgeld te ontvang.
Terwyl sake na ‘n klimaks toe beweeg, staan ‘n paar ander mense bekommerd en toekyk: Carla, Nicki se sewentienjarige kleinsus wat Cobus heimlik liefhet; Louise, Nicki se jon tante wat Francois liefhet en vroeër aan hom verloof was en Francois self, wat Nicki bemin maar glo hy is te oud om haar liefde te wen…
Liefhê is geluk is ‘n puik romantiese vertelling wat die leser end-uit sal boei

Man van lig en skadu liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
Petri Aucamp voel verplig om na die partytjie van haar baas se bedorwe dogter, Nicolette, te gaan, maar daar ontmoet sy ‘n man wat so vas en sterk soos ‘n boom blyk te wees. Hougaard Reyneke red haar uit ‘n moeilike situasie en met sy ruwe aantreklikheid en diep stem laat hy beslis haar hart vinniger klop. Maar is hy dalk die man wat uitgekies is om aan die skone Nicolette verloof te raak?
Hoe beter Petri Hougaard leer ken, hoe meer is hy vir haar ‘n man van lig en skadu. Die een oomblik lag en skerts hy sorgvry en dan vlug die lig uit sy oë en word hy ‘n man van donker geheime…


Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

‘n Anker van liefde liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Karla het Dewald jare lank geken. Sy was lief vir hom en hulle sou trou… maar toe kom haar vriendin Linda kuier en sy en Dewald word lief vir mekaar. Karla vlug weg Groeneweide toe om strooimeisie te speel vir ‘n ou vriendin, en hier maak sy kennis met Gerhard Olivier en Arno Durandt… en begin haar groot stryd eers werklik: het sy Dewald nog lief, of het die sjarmante Gerhard reeds haar hart gesteel? Of sal sy ‘n anker vir haar liefde vind in Arno, die man wat ‘n reputasie onder die vroue het?
‘n Anker van liefde is nog ‘n trefferverhaal uit die pen van ‘n uiters gewilde skryfster. Dis ‘n heerlike roman met ‘n verrassende slot wat met louter vreugde gelees sal word.


Gister se troebel water Liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk

Waar purperwinde blom liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
Die vrolike suster Wanda Vosloo verpleeg juffrou Leonore Rosseau - een van die ryk Rosseau’s van Tweekoppen. Dan ontmoet sy Eugene, juffrou Rossouw se onweerstaanbaar aantreklike nefie. Hulle voel dadelik aangetrokke tot mekaar. Wanda se kuiertjie by haar twee ou tannies wat ook op Tweekopen woon, sorg dat hulle vriendskap verstewig word.
Wanda hoor egter dat sy baie na ene Beatrice de Wet, ‘n vorige meisie van Eugene, lyk, maar niemand wil haar meer oor Beatrice vertel nie.
Dan is daar Dewald, Eugene se onpeilbare ouer broer, wat alles in sy vermoë doen om haar en Eugene se vriendskap te verongeluk. Toe Wanda hom leer ken, begin sy twyfel of ‘n verhouding met Eugene werklik is wat sy wil hê.
Hierdie verhaal, vol geheimsinnigheid en spanning, sal die leser nie toelaat om die boek neer te sit voordat die laaste bladsy gelees is nie.




Seisoen van verlange liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier


Lied van die berge liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Kristelle van der Heever staan op die punt om saam met Anthony Harrington, die man op wie sy verlief is, na sy ouers toe te gaan. Haar ma keur hom nie goed nie, want sy vertrou hom nie. Kristelle het immers nog telkens op die verkeerde soort man verlief geraak. En jou werklik waar, Kristelle trap weer in die strik: op pad soontoe verdwyn Anthony met haar beursie en al.
Die man wat tot haar redding kom, stel homself voor as Dominic. Hy het ‘n uitdrukkinglose gesig dat sy nie sal droom om op hom verlief te raak nie.
Toe gaan kuier sy saam met haar twee tantes — die onnutsige Mathilda en die baie waardige Justina - op ‘n wildplaas om ‘n siek vriendin van die tantes op te beur en sodat Kristelle kan help met die versorging van ‘n vyfjarige seuntjie, Jaco. Kristelle kry ‘n skok toe sy die baas van die plaas ontmoet, want dis niemand anders as ... Dominic!
Daar is heelwat ander dinge wat sy nie begryp nie; hoekom weier Dominic dat die skone Zola Stander haar voete op die plaas sit? Is sy dalk die meisie wat ‘n ryk man bo hom verkies het? En wie is klein Jaco se ouers?
Lied van die berge is ‘n vrolike verhaal wat aanhangers van Schalkie van Wyk en lesers wat haar nog nie ken nie, ewe veel sal geniet.



Iemand soos jy liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
Elzeri Odendaal het by haar oupa Gideon en ouma Beth grootgeword omdat haar ma haar as baba aan haar grootouers gegee het en haar pa kort voor haar geboorte in ’n ski-ongeluk gesterf het. Haar ma is skaars ’n jaar later weer getroud, en het haar dogter deur die jare nooit opgesoek nie.
Elzeri het egter nie daarin belang gestel om haar ma te probeer opspoor nie, want sy het kleintyd al aanvaar dat haar ma haar verwerp het. Maar toe sy by haar vriendin Sonette in die Karoo gaan kuier en uitvind dat dié haar ma goed ken, word sy onverwags met haar verlede gekonfronteer. Om nie te praat van Sonette se aantreklike broer, Arendt, wat haar emosies behoorlik deurmekaarkrap nie.
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

More bring ‘n nuwe daeraad liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Wanneer Lelani Wessels se stiefvader sterf, dink sy dat daar in haar lewe nooit weer ‘n nuwe daeraad sal wees nie. Sy moet skielik afskeid neem van almal vir wie sy lief is en weggaan van Huis Winterrus en Sekelbaai waar sy soveel jare gebly het.
Sy kry egter onverwags ‘n uitnodiging na Huis Daeraad op Stadlerheim. In die huis van blou graniet speel ‘n dubbele liefdesdrama hom af. Oom Giepie en tant Engela wat veertig jaar tevore ‘n liefdesverhouding gehad het, maar wat deur die verloop van die lewe van mekaar geskei is, kry skielik nog ‘n kans. Is dit moontlik dat die Iiefde in die winter weer kan blom? Of bring die liefde werklik ‘n immerlente?
Huis Daeraad word ook bewoon deur Roland Stadler — die donker man met die geletselde gelaat wat hom voorgeneem het om nooit weer lief te hê nie. Maar op ‘n dag raak hy aan Lelani se hand en hulle besef albei dat niks ooit weer dieselfde kan wees nie...
More bring ‘n nuwe daeraad deur Schalkie van Wyk is ‘n pragtige Iiefdesverhaal wat beloof om die leser weg te voer na daar waar elke nuwe daeraad opnuut die wonder van die liefde bring.

Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier


Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Beminde vreemdeling Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en dié se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag.
Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd geniet. Maar daar aangekom moet Wiandri leer ’n vreemdeling bly nou ook op Groeneweide – die stroewe, dommerige nutsman Floors, van wie sy dadelik net mooi niks hou nie. . . maar tog ook só vreeslik baie!


Bekende vreemdeling Schalkie van Wyk
Linde Klopper, ‘n mediese dokter, laat vaar sy beroep in die stad en keer terug na Hildesheim, sy aanneempa se plaas. Hy het nog nooit sy liefde vir die boerdery verloor nie, ondanks die jare wat hy aan sy mediese studie bestee het.
Op Munniksheim, verwelkom Marcel du Toit, die jong dorpsprokureur, Linde gulhartig. Marcel het ‘n ou kluis leeggemaak en afgekom op ‘n koevert wat aan Linde geadresseer is. Die brief is egter jare oud: dit het in die kluis gelê en vergeel vir sowat veertien jaar.
Eers op Hildesheim lees Linde en oom Carel-Hein Munnik die brief en besluit om onverwyld op te tree. Linde vertrek dadelik weer, sonder verduideliking aan die ander huismense. Die beeldskone rooikop, Antoinette, is glad nie hiermee gediend nie. Sy wag reeds lank op Linde se terugkeer. Saam met Linde moet sy die toekoms van die Munnik-miljoene verseker, want trou sy met Linde, erf sy noodwendig saam met hom haar oupa se besittings.
Op Hildesheim het alles egter permanent verander. ‘n Nuwe huishoudster word aangestel. Sy en haar kleindogter kom woon in die groot, weelderige opstal op Hildesheim, maar nie sonder dat die Munnik-vroue bedreig voel en naels wys nie. Baie geld is hier op die spel en die huishoudster se kleindogter is onregverdig mooi!
Almal woel en bespiegel en smee komplotte om hul eie doeleindes te bereik, maar dié wat weet wat in die brief staan, swyg. Die verlede het hulle ingehaal, maar hulle vrees verwerping en veragting. Eers wanneer die situasie byna in ‘n tragedie eindig, word gister se boek oopgemaak en vandag se vrese besweer.


Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Agter donker sluiers ‘n liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Toe Nanette du Preez terugkeer na die familieplaas, Nous Verrons, is dit met blye verwagting. Maar niemand kom haal haar op die stasie af nie sodat sy die veearts, Gustave Bredenhann, moet vra om haar huis toe te bring. En op die plaas ignoreer haar oupa haar. Selfs liewe tant Ellie behandel haar kil en afsydig.
Uiteindelik hoor Nanette waarom: almal glo sy het ‘n buite-egtelike kind, die jong Selmar, wat by haar oupa inwoon. En hoekom sal hulle dit nie glo nie? Haar suster, Marie, het die kind — met geboortesertifikaat waarop Nanette as moeder geregistreer is — en al daar aangebring. Nanette word genoop om in Marie — wat verongeluk het — se verlede te gaan delf om uit te vind waar Selmar vandaan kom. Dat Marie die ma is, is seker, maar wie is die pa?
Met Gustave Bredenham se hulp pak sy die soektog aan en doen ‘n hele paar ontdekkings oor Marie.
Agter donker sluiers is ‘n Iietdesverhaal van die boonste rak, geskryf soos net Schalkie van Wyk dit kan doen.


Geleende liefde Schalkie van Wyk ‘n Romanza liefdesroman Wilhelm Starck vra dat Dané vir die skyn haar liefde aan hom sal leen en aan hom verloof sal raak. Sy willig in, maar kom gou agter dat geleende liefde van haar kant af ware liefde kan word.



Die liefde oorwin liefdesroman deur Schalkie van Wyk Hierdie ‘n voorblad van die 1990 uitgawe en ‘n J.P. van der Walt romankeur
Toe die pragtige Ilse Brink universiteit toe gaan, het sy nie die spreekwoordelike sterre in haar oë en die wêreld aan haar voete nie. Sy besef dat sy hard sal moet werk — en boonop gou klaarkry — sodat sy kan help om vir haar behoeftige ouers op die plaas te sorg.
En toe vat ‘n nuwe idee by haar pos: as sy met ‘n ryk man kan trou, ‘n ryk man met baie geld, sodat sy en haar ouers nooit weer aan hulle armoede hoef te dink nie...
Ilse is ‘n gelukkige meisie, want sy loop vir Bruce Reyneke raak. Hier en daar hoor sy wel ‘n storietjie oor Bruce, maar wat maak dit saak? Hy het mos baie geld en hy is beleef teenoor haar.
Ilse se boesemvriend, Henk Retief, hou haar egter met ‘n arendsoog dop, en hy weet: eendag sal Ilse se oë wel oopgaan. Maar dit was voordat sy ingewillig het dat die beroemde Tobias Meiring haar skilder.
Tobias het ook geld, en boonop is hy aantreklik, sjarmant en die antwoord op enige mooi meisie se drome — al is hy oud genoeg om Ilse se vader te wees.
Die liefde oorwin is ‘n pakkende, eg-menslike verhaal wat end-uit boei, een van daardie onvergeetlike vertellings wat Schalkie van Wyk gevestig het as een van die heel gewildste skryfsters van liefdesverhale in Afrikaans.


Beminde vyand liefdesroman deur Schalkie van Wyk 1991 uitgawe deur J.P. van der Walt uitgewers
Sunette Landman keer na haar studiejare na haar ouma Jakkie op Landmanshoogte terug om daar as leerling-prokureur te begin werk. Sy het haar lewe lank in L’Avenir, ouma Jakkie se statige ou Tudorwoning, grootgeword, terwyl sy gereeld by haar oupa Casper Landman op Toekoms gekuier het.
Sommer met die intrapslag besef Sunette dat ouma Jakkie iets vir haar wegsteek; iets wat met Marié-Louise, haar halfsuster te doen het. Na vrugtelose pogings van haar kant af om meer omtrent Marié-Louise by haar ouma uit te vind, pols sy ook vir oupa Casper tydens ‘n kuiertjie op die plaas. Ook oupa Casper bly ontwykend...
Om haar eerste dag terug op Landmanshoogte nog meer katastrofies te maak, tuimel sy in haar vriendin Willemien se boekwinkel van ‘n leer af — ‘n man met die mooiste diepblou oë skoon onderstebo! Sy aanraking stuur ‘n vreemde tinteling deur haar binneste — totdat sy hoor hy is ‘n verloofde man.
Van daardie oomblik af word Sunette en Eduard beminde vyande, want beide weet dat hulle mekaar nie mág liefhê nie —liefde en haat loop immers hand aan hand.
En dan is daar nog die geheimhouding rondom Marié-Louise… Wat steek ouma Jakkie-hulle vir Sunette weg?
Schalkie van Wyk se Beminde vyand sal tot op die laaste bladsy boei. ‘n Bobaasvertelling deur ‘n bobaasskryfster!


Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier
DROME VAN LIEFDE liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Rondom die verbreking van Sanet Grové se verlowing met Nardus van den Berg is daar ‘n donker geheim wat sy tot elke prys wil bewaar. Sy sou nooit weer, met enige man, ‘n ernstige verhouding aanknoop nie. Toe sy dus begin agterkom dat haar baas en beste vriend, Tertius Lindeque, begin ernstig voel oor haar, besluit sy om te vlug.
Sy moet haar oorlede broer se twee weeskinders versorg en dit gee haar die ideale verskoning om Bothasrus toe te verhuis. Dat haar oom, Lukas, ‘n huishoudster nodig het gee haar nog meer rede om vinnig pad te gee… maar weer eens kom ‘n man se liefde ongevraag Sanet se kant toe. Sy ontmoet die prokureur Jean-Pierre du Pont, wat dadelik op haar verlief raak, terwyl Sanet weet sy mag nie aan haar hart vrye teuels gee nie.
Maar langs oom Lukas woon tant Ellie van Duuren en haar bedorwe dogter, Elrina, wat self ‘n ogie op Jean-Pierre het. Sy gaan uit haar pad om ‘n verhouding tussen Sanet en Jean-Pierre in die kiem te smoor. Alles werk in haar guns terwyl tant Ellie se giftige tong onmin saai sover as wat sy gaan.
Maar toe begin dinge verander...
In DROME VAN LIEFDE het Schalkie van Wyk weer eens vir die leser ‘n verhaal gelewer wat boei. ‘n Verhaal wat jou van voor af leer die liefde verdra alles, vergeet alles, vergewe alles, want as jy regtig liefhet word die verlede maar net ‘n droom.
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Erfgename van haat liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
Konstant Weidemann is ‘n sewentigjarige, grondhonger en trotse ou man wat glo sy woord is wet en grond is liefde. Hy wil sy kleinseuns dwing om, soos hy, te trou met meisies wat grond gaan erf. Dit sou sy hoë bloeddruk ook aansienlik verlaag as sy kleinseuns sy haat van die afgelope halfeeu jeens die De Winters sou wou erf en uitleef.
Helaas: die lewe leer vir Konstant dat die liefde hom nie steur aan gewaande haat nie, nie grondbesit najaag nie en selfs ‘n skatryk, kwasterige ou man se spoor naloop...



LETSELS VAN LIEFDE liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Die dag toe prokureur Ernst de Waal met sy vrolike, jong gelaat, vir Annelie vertel het van haar vervreemde oupa se wens, was dit vir haar soos ‘n bestiering.
Hier, het sy besluit, is haar kans om te vergeet van Bernard en sy ontrou, hier is haar kans om die lewe te gaan lei waarna sy al die jare nog gesmag het.
Geld was geen probleem nie. Na Annelie Joubert se pa se dood, was sy en haar ma, Susan, wat die redaktrise van ‘n vrouetydskrif in Kaapstad is, goed nagelaat. As dit nie was vir die diep seer in Annelie se hart, wat veroorsaak is deur haar gewese verloofde, Bernard du Preez nie, sou sy die opgeruimdheid self kon wees. Ver in haar agterkop het een ander saak ook gepla — die verwydering tussen haar ma en haar oupa, Casper van Vuuren, ‘n verwydering wat al vyf en twintig jaar duur, trouens, wat begin het die oomblik toe haar ma getroud is.
Prokureur de Waal se mededeling dat hierdie einste skatryk oupa van haar nou met haar in aanraking wil kom, was dus ‘n verrassing en ‘n bestiering. Maar die voorwaarde, het die prokureur gesê, is dit: Annelie moet ‘n jaar lank op die hoewe, Sonhoek, net buite Heiderus gaan woon en haar lewe uit die stukkie grond maak. Kry sy dit reg, wag die erflating op haar. Sien sy nie kans daarvoor nie, is dit neusie verby.
Op Sonhoek, het sy gehoor, is ‘n leeglêer wat haar oupa sommer net daar toelaat, oom Hein, wat darem so hier en daar bietjie sal help. Daarop was sy voorberei. Maar op wat sy gekry het, nie.
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier
 Te jonk vir liefde liefdesroman deur Schalkie van Wyk



Seisoen van verlange liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
Anina Kruger se kaartwêreld tuimel ineen met die afsterwe van haar geliefde groottante, Elma Kruger. Die knus heenkome wat sy tot dusvêr gehad het, word haar verder ontsê deur haar inhalige kleinneef.
Wat maak ‘n mens as jy skielik, sonder ‘n sent, op straat gesit word? Anina beroep haar op haar jare lange vriendin se hulp. Sy klop aan en word maar te geredelik ontvang, gesien in die lig van haar finansiële bydrae tot die woonstelhuur.
Uit die staanspoor voel Anina haar ontuis in die geselskap waarin sy haar bevind. Die ontnugtering is groot toe sy besef haar eens goeie vriendin het in ‘n uitlokkende plesiersoeker verander. ‘n Beplande naweek in die Drakensberge saam met ‘n groep permissiewe jongmense span helaas die kroon. Die pragtige kind-vrou loop weg.
Uitgeput beland Anina op die trap van ‘n bergchalet… te bly om aan die kloue van die verderf te kon ontsnap. Die bergchalet. Dis waarheen Bernard, ‘n knap sakeman, hom wend om tot rus te kom. Sy jongste mislukte verhouding bring hom tot die slotsom dat vroumense parasiete is en met hulle is hy vir goed klaar! Doodmoeg arriveer hy in die nag en mistigheid by sy bestemming. Hy kyk nie waar hy loop nie en struikel op die trap oor… ‘n vroumens!
Schalkie van Wyk intrigeer die leser weereens meesterlik deur ‘n belowende sameloop van omstandighede te skep in haar pragroman Seisoen van verlange.
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Rondomtalie van die liefde liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Die lang man bly tronend voor haar staan en sy kyk uitdagend op na hom, intens bewus van sy digte, goudblonde hare en sterk, aristokratiese gelaatstrekke. Sy donkerbruin, skerpgeboë wenkbroue, hoë wangbene en vierkantige ken gee aan hom ‘n onverbiddelike voorkoms wat in ‘n mate deur die volheid van sy lippe genegeer word. Die dansende lag in sy besonderse blou oë versag ineens sy stroewe uiterlike en sy besef dat die situasie hom amuseer. Sy behoort haar te vererg, dink sy, maar sy kan nie, want sy staan in ‘n versteende oomblik van die ewigheid, kyk met ‘n onverklaarbare honger in sy oë en weet dat sy vir altyd alleen sal wees as hy sou weggaan.
Só verloop Annemie Oosthuizen se eerste kennismaking met Olaf Lingenvelder. Kort daarna word sy genooi om by tant Elsie en oom Wilhelm in hulle pragtige, reusagtige ou huis tuis te gaan. Dit moet haar met blydskap vervul, want nou woon sy in ‘n sprokieshuis saam met haar towertante, tant Elsie, en haar droomprins, Olaf, maar soos in alle sprokies, is daar ‘n heks...
Annemie besef gou liefde is ‘n rondomtalie en al wil jy, kan jy nie afklim nie. Rondomtalie van die liefde is ‘n pragtige, boeiende verhaal, getrou aan die Schalkie van Wyk-tradisie.
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier



Toe kom die vreemdeling liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
Adri se rustige, doodgewone bestaan in Johannesburg verander skielik toe haar ma uit die bloute by haar woonstel opdaag. Sy verklaar onomwonde dat sy Adri in die Kaap nodig het en dat sy sommer namens haar by die kleuterskool bedank het.
‘n Pragtige vreemdeling daag ‘n paar dae later ook by haar woonstel op en die eerste keer in haar lewe is daar ‘n man wat Adri se belangstelling prikkel. Maar hierdie vreemdeling van haar ken haar pragtige suster, Yolanda, en waar Yolanda is, word sneeupoppe met wit gesiggies, wit hare en steenkooloë nie raakgesien nie.
In die triestige, koue, nat Kaap ontdek Adri dat Yolanda wel weer kan loop, maar dat sy dit geheim hou. Solank as wat sy aan die rolstoel gekluister is, kry sy aandag en simpatie van Wilhelm.
Adri is verward. Daar is so baie raaisels vat onopgelos bly… Wie is die geheimsinnige man saam met Bessie in die dennebos? Ly Heinrich werklik aan geheueverlies en dwaal hy dalk iewers rond, of skuil hy êrens omdat hy Yolanda vrees? Gaan Wilhelm swig voor Yolanda se sjarme, of gaan sy, Adri, haar vreemdeling terugkry?
Toe kom die vreemdeling is ‘n boeiende en teer menslike verhaal soos net Schalkie van Wyk dit kan aanbied.

Vlakte van verlore drome liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
Waarom dan die seer getob in haar binneste? wonder sy verslae. Die Springbokvlakte is tog ‘n mooi wêreld, maar hierdie polsende verlange in haar verander dit in ‘n vlakte van verlore drome… drome oor ‘n man wat sy een aand in ‘n hotelsitkamer gesien het; ‘n man wat haar met minagting aangekyk het, maar wat ‘n onvergeetlike indruk op haar gemaak het.
Christa Venter leer op die Springbokvlakte wat verlange is, maar uiteindelik ook wat liefde is. Sy leer Mynhardt Landman hier ken, ‘n man wat tant Magdalena ‘n derduiwel noem en wat volgens haar geen respek vir ‘n ander se privaatheid het nie, maar links en regs grond koop op die Springbokvlakte asof dit bakkies jellie op ‘n kerkbasaar is! By elke geleentheid wat hulle ontmoet, bots Christa en Mynhardt en later wil sy niks meer met hom te doen hê nie.
Maar hierdie opdringerige kêrel laat hom nie maklik van stryk bring nie. En dan is daar ook nog Riaan Diedericks wat haar liefhet, én wat haar nodig het. By wie lê Christa se toekomsgeluk uiteindelik – by Mynhardt of by Riaan? Vlakte van verlore drome is ‘n puik liefdesverhaal van die gewilde en vaardige Schalkie van Wyk en die boei die leser end-uit.


Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Weerklank van gister liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Flaminkemeer is ‘n rustige dorpie wat aan ‘n meer grens. Dit is geleë in die bosbouwêreld en die saagmeulens verskaf werk aan die oorgrote meerderheid van die inwoners.
Vir Elani Groeneveld, wat haar hele lewe lank in Pretoria gewoon het, is dié dorpie naby Kaapstad sprokiesmooi. Sy is ook opgewonde omdat sy hier haar ouma Renate gaan ontmoet.
Met die intrapslag besef Elani egter dat die mense van Flaminkemeer alles behalwe vriendelik en opreg is. Elani se ouma glo sy is ‘n fortuinsoekster wat net kom kuier het om geld te erf. Haar ouma lig haar ook in dat sy klaar vir Elani ‘n huwelik gereël het...
Om sake te vererger, daag Marcel du Bois in Flaminkemeer op en neem sy intrek in die Du Bois-woning, Le Bûcheron. Die liefde wat tussen hom en Elani ontstaan, word in die kiem gesmoor— deur ouma Renate.
Wat het veroorsaak dat ouma Renate die despoot van Flaminkemeer geword het? Hoekom laat die goedhartige tant Heilie toe dat ouma Renate haar as ‘n vloerlap gebruik? Wat het in die verlede gebeur wat die liefde tussen ‘n Du Bois en ‘n Groeneveld verbied?
Kom vind saam met Elani die antwoorde op dié raaisels in Weerklank van gister deur die gewilde skryfster Schalkie van Wyk.
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Winter van wanhoop liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
Anneke se eerste liefdesdroom lê aan skerwe. Die wulpse mannekyn, Marelise, het haar verloofde, Johan van haar weggeneem. Sy laat haar deur Wim ompraat om saam met hom na sy en sy broer se erfplaas te gaan — om te vergeet en om haar te wy aan haar skilderkuns.
Hier op die rustige Bolandplaas kom aanvaarding en berusting totdat Wim se broer Paul terugkeer van oorsee af en haar teenwoordigheid daar bevraagteken en die lewe vir haar so onmoontlik maak dat sy besluit om weg te gaan.
Toe kom ‘n tweede liefde — dieper en sterker as haar liefde vir Johan. ‘n Grootse emosie wat elke deel van haar wese oorheers en elke oomblik van haar bestaan vul. Maar ook hier word haar liefde bedreig — want Marelise verskyn weer op die toneel!
Schalkie van Wyk vertel hier ‘n aangrypende verhaal met begrip en deernis en skep karakters wat die leser nie maklik sal vergeet nie.


Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Winter van heimweë liefdesroman deur Schalkie van Wyk
Jacques is dood en almal beskuldig háár. Dié verwyt kon Hermien du Preez nog dra, maar toe sy haar stiefma, Paula, in ‘n rooiwarm omhelsing met ‘n onbekende vreemdeling betrap, terwyl haar vader weg is op ‘n sakebesoek, en Paula haar daarvan beskuldig dat sy Jacques vermoor het, breek die sluise van haar selfbeheersing soos ‘n sandkasteel voor die aanslag van die see.
Kort na Jacques se begrafnis het haar pa daarop aangedring dat sy ‘n ruk lank by haar peetma, tant Verina Schoeman, op Bothasrus in die Vrystaat moes gaan kuier, en alhoewel sy destyds geweier het besluit sy dat dit presies nou die ideale wegkruipplek sal wees. Want dat sy moet wegkom is ‘n feit - ‘n feit net so seker as wat die son weer vanaand sal ondergaan.
Die ruwe spel wat die noodlot met haar speel het egter nog glad nie klaar nie, want op Bothasrus ontdek Hermien met ‘n skok dat die man wat sy in haar stiefma se arms betrap bet, haar tant Verina se buurman is. Meer nog, doktor Ferdinand Hoffman bly op een en dieselfde erf as haar peetma en hy’s ‘n gesiene inwoner van die dorp. Sy maak ook kennis met Lydia de Jongh, Ferdinand se verloofde, en Adri, die sestienjarige skooldogter wat haarself reeds as ‘n grootmens beskou, en beide vrouens haat haar met ‘n haat wat net ‘n vrou wat in haar liefde gekrenk is kan voel!
Teen haar sin besef sy egter dat sy Paula, haar stiefma, se minnaar leer liefkry het, al is hy reeds aan Lydia verloof. En om haar eie, hopelose liefde te verdoesel dwing sy haarself in ‘n liefdelose verhouding met die dorp se grootste losbol. Maar as Hermien gedink het sy kan die werklikheid ‘n rat voor die oë draai moes sy nog uitvind dat die lewe sonder moeite met spykerskoene oor jou stap… en dan moet jy steeds veg vir dit wat jy wil hê.
Winter van Heimweë, die nuutste roman uit die immergroen pen van Schalkie van Wyk is ‘n verhaal van liefde en van haat, wat ‘n lag en ‘n traan in die leser se oë sal hou tot die allerlaaste bladsy.
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier

Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier
Schalkie van Wyk se lys van boeke volgens jaar van uitgawe:
- 1963 - Bekende vreemdeling - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1977 - Die liefde oorwin - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1978 - Man langs die pad - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1978 - Teer soos ‘n vlinder - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1979 - Die goue eendag - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1979 - Die sagte vlam - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1979 - Liefhê is geluk - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- 1979 - Man van gister - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1979 - Nêrens ‘n nuwe more - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1980 - Winter van wanhoop - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1980 - Gister se troebel water - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1980 - ‘n Anker van liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1980 - Warrelwind van die liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1980 - Son van liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1980 - Sterre in my hand - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1980 - Te jonk vir liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1981 - Die Geheim van Donkerkloof - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1981 - Gee my ‘n droom - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1981 - Gister se betowering - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1981 - More bring ‘n droom - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1981 - Waar liefde skuil - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1982 - Kammaland van liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1982 - Gevangene van gister - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1982 - Donke-Doef kom kuier - ‘n kinderverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1982 - Melodie van liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1982 - Waar purperwinde blom - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1982 - Lokstem van die liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1982 - Die ontwykende droom - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1983 - Bloeisels in die wind - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1983 - Drome van liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1983 - Kronkelweë van die hart - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1983 - Skadu’s voor die son - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1983 - Sigeuner van haar drome - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1983 - Wanneer die skadu's wyk - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1983 - Winter van heimweë - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1984 - Blare in die wind - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1984 - Eiland van eensaamheid - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1984 - Liefde in die najaar - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1984 - `n Bruid vir Eduard - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1984 - Vlakte van verlore drome - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1985 - Soldaat kom weer - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1985 - Toe kom die vreemdeling - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1986 - Die Grondbaron - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- 1986 - Legende van die Liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- 1986 - Melodie van die hart - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1987 - Vallei van verlange - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1988 - Lied van die lente - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1989 - Agter donker sluiers - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- 1990 - Web van betowering - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1991 - Seisoen van verlange - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1991 - Beminde vyand - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1991 - Weerklank van gister - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1992 - Anderkant die wolke - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1992 - Lokval van die liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1992 - Winter van wanhoop - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1993 - Aan die einde van die reënboog - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1993 - Arende vlieg alleen - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1993 - Anderkant more wag geluk - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1993 - Dennewoud van drome - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- 1993 - Die teken van die Suiderkruis - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- 1993 - More bring `n nuwe daeraad - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1993 - Reënpad na die son - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1994 - `n Ander soort liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1994 - Erfgename van Haat - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1994 - Die Kroonprins van Kaiserburg - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1994 - Die son skyn elders - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1994 - Die son van geluk - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1995 - Die eerste lenteroos - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1995 - Eiland van geheime - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1995 - Letsels van liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1995 - Man agter `n masker - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1995 - Soveel verlore gisters - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1996 - Stiefkinders van die liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 1997 - Sonskyn in die reën - liefdesroman deur Schalkie van Wyk
- 1998 - Somer van betowering - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (Eike-boekklub)
- 2002 - Lied van die berge - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk (Eike-boekklub)
- 2004 - Rondomtalie van die liefde - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 2006 - Bittersoet verlange - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- 2009 - Man van lig en skadu - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
- 2010 - Iemand soos jy - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
- 2011 - Beminde vreemdeling - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n MELODIE liefdesroman)
- 2011 - Geleende liefde - liefdesroman deur Schalkie van Wyk (‘n ROMANZA liefdesverhaal)
- Reënboog van jou hart - liefdesverhaal deur Schalkie van Wyk
- Ongetemde hart - liefdesroman deur Schalkie van Wyk

Lees ook liefdeverhale deur Vera Wolmarans
Lees ook Afrikaanse verhale deur Jana Coetzee



Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier


Alhoewel sommige lesers Schalkie van Wyk as Skalkie van Wyk spel tydens hul soektog om haar boeke op te spoor, behoort hulle meer sukses te hê met die regte spelling : “Schalkie van Wyk”
Lees ook van Schalkie van Wyk se omnibusse - Kliek hier
|