|
Sias en Mias - geskryf deur Mikro
Die reeks sluit die volgende in:
1 Sias en Mias 2 Sias se spoetnik 3 Voëlvlei se mense 4 Jasper die molslang 5 Die hanskalfies 6 Abednego die skilpad 7 Speurder Sias 8 Die steenbokkie 9 Ounooi die uil 10 Afskeid 11 Eerste dae op Biesielaagte 12 Die Harp 13 Kaptein Mias 14 Kleinjan
Klik hier om die lys van Mikro se boeke te sien

Sias en Mias - geskryf deur Mikro Die eerste druk was in 1960 met verskeie oplae tot in 1970 Sias en Mias-reeks nommer 1
Sias en Mias is die onbedwingbare tweeling van eerwaarde Jan Viljoen, van Bitterwater. Hierdie verhaal het sommer baie gou deel van die land geword en geniet oud en jonk die tweeling se manewales.


Sias se spoetnik - geskryf deur Mikro Eerste druk was 1960. Dit is later in die tweede uitgawe in 1982 as “Sias se ruimtetuig “ uitgegee Sias en Mias-reeks nommer 2
Sias hou hom deesdae met gewigtige sake besig. Hy het sy planne reeds mooi agter mekaar om die taal van die diere te bemeester. Dit is nou projek nommer een. En wanneer hy dit eers baasgeraak het, sal hy hom slaggereed maak vir die gevaarlike ontdekkingsreis na die maan in sy nuwe ruimtetuig, Colombia. dit is nou operasie twee.
Volgens Koos Geyer is dit sommer kinderspeletjies om die taal van diere te leer. Al wat Sias moet doen, is om een nag alleen op Boesmansberg deur te bring .... nou ja, nie stoksielalleen nie, want hy sal die steekbaard Napoleon saam met hom neem.
As Koos tog maar vooruit kon sien in watter yslike penarie die argelose woorde hom sou laat beland. ‘n Onskuldige avontuur ontaard in ‘n nag van angs en verskrikking en ‘n botsing met die gereg.
Die stof het nog skaars gaan lê, toe breek Sias se groot dag aan. By Pienaarsrivier, wat in volle vloed afkom, sal ‘n Suid-Afrikaner binne enkele oomblikke na die maan vertrek. Sover het alles seepglad verloop. Napoleon en die ruimtereisiger sit reeds in Colombia, maar dan begin dinge skeef te loop, die onverwagte gebeur en onse maat verkeer in doodse gevaar....


Klik hier om die lys van Mikro se boeke te sien
Lees ook W.A. Hickey se boek oor nog ‘n tweeling

Jasper, die molslang - geskryf deur Mikro Sias en Mias-reeks nommer 4
Wanneer Sias en Mias, daardie onmoontlike tweeling, sommer so uit die bloute die huismense tydig en ontydig begin groet, is dit kwansuis uit pure beleefdheid, moet jy weet daar is weer ‘n slang in die gras.
En hierdie keer is dit letterlik soos die spreekwoord sê. ‘n Slang is daar wel, ‘n yslike swart molslang en sy naam is Jasper, maar pleks van in die gras, boer hy in die hokkie wat Sias skelmpies in hulle buitekamer ingesmokkel het.
Straks sou Jasper se verblyf ‘n geheim kon gebly het, was dit nie dat juffrou Otterkam met haar aanstaande bruidegom en ‘n streep huismense onverwags daar opgedaag het nie.
Juffrou Otterkam was nog besig om teësinnige Sias wat met Jasper en al onder die kombese geduik het, teen haar hart te druk toe die wriemelende swart gevaarte wat net niks van so ‘n vasgedrukkery hou nie, hier tussen hulle uitpeul.
Juffrou Otterkam het net “hups!” gesê en toe in ‘n floute neergesak en die brawe aspirant bruidegom van die Paarl wat vir niks bang is nie, was met twee spronge by die deur uit. Selfs ou oom Wallie het soos ‘n wafferse akrobaat bo-op die klerekas beland - nugter alleen weet hoe.
Nee, dit het nie Jasper se einde beteken nie, dit was slegs die voorspel tot die skrikbewind wat hy sou voer.



Die hanskalfies - geskryf deur Mikro Sias en Mias-reeks nommer 5
En hierdie keer raak Sias so byna die spoor byster. Hy wens dat “al die grootmense doodgaan”, sê dat ou wallie se kamer “ruik na oumens” en probeer lekkers in ou Pan Wolheim se winkel jomps.
Maar nou praat ons oor diep dinge. Dis alles die skuld van die Landsdiensklub en tant Maryna. Of die nuwe mooi juffrou in juffrou Otterkam se plek - sy is mos nou mev. Pietertjie! - dan nou nie vir Mias voorsitter van die Landsdiensklub maak nie. Sias was dan altyd die een wat toon aangegee het ... en nou is dit Mias wat voordurend so naby die nuwe mooi juffrou kan staan....
Dit is hierdie dinge wat vir Sias toe so ampertjies die kluts laat kwyt raak. Hy voel mos nou alleen - en uitgeskuiwe... Koos Geyer sit in die tronk en tant Maryna wil vir Sias voordurend braai....
En tog kom dinge weer reg, baie mooi reg.


Klik hier om die lys van Mikro se boeke te sien
Klik hier om die lys van Mikro se boeke te sien

Die steenbokkie - geskryf deur Mikro Sias en Mias-reeks nommer 8
Sias wou nog altyd n mak wlldsbokkie gehad het. Miskien ‘n duikertjie, of anders ‘n steenbokkie. En as ‘n mens ‘n ding bale graag wil hê, het juffrou Sarie op ‘n keer gesê, kry jy dit naderhand.
Die laaste dag van die Desembervakansie gaan die seuns piekniek hou in die berg, onbewus van die man en sy geweer op die spoor van twee steenbokkies. Toe die skote klap, sien Sias die lammetjie in die ruigtes. Nog nooit het by so vinnig berg af gehardloop nie. Maar wat gaan ma Lenie sê, al is die bokkie wees? Boonop is Koos Geyer ook nie meer hier om ‘n kampie te maak nie.
Maar dit is nie net Witpensie wat so onverwags in Sias se lewe gekom het nie. Die eerste dag van die skooljaar staan die nuwe meneer op die stoep, so vet dat by skaars sy baadjie kan toeknoop. Min kon die tweeling raai van die onaansienlike Gertjie se groot Iiefde vir kinders en diere; en van die verrassing wat daar op sy plasie wag...



Eerste dae op Biesielaagte - geskryf deur Mikro Sias en Mias-reeks nommer 11
Sommer met die intrapslag beland die tweeling in die nuwe skool in die moeilikheid. Dis nie dat hulle dit so wil hê nie, maar vir wat foeter almal ook so oor wie Sias en Mias is? Buitendien, die verlange na Sarie en Gertjie is groot.
Maar ‘n man speel nie met juffrou Rens nie. Dit kom die tweeling gou agter. Sias, besluit die streng juffrou, kan sy nou maar eenmaal nie veel nie. En vir hom sal sy ‘n les moet leer. Mettertyd leer die tweeling hul nuwe omgewing ken. Daar is nuwe maats soos Vlooi en Piet, Alma Louw en haar Engelse hondjie Moonshine, en al gou raak Sias en Mias tuis in hul nuwe omgewing - al gaan dit ook met stampe en stote.



Kleinjan- geskryf deur Mikro Sias en Mias-reeks nommer 14
Lenie kry Sias en Mias in die gang op pad na hul kamer.
“Sias-Mias, julle moet tig maar ‘n ogie oor - geskryf deur Kleinjan hou” “Ma, hy moveer almal,” sê een van hulle Sy ken die woord nie, maar dink sy kan raai wat dit beteken. “Moveer? Hoe so?” “Alet van tannie van Zyl het haar knieë stukkend geval. Hy het haar met ‘n kriek gejaag.” “Ja, Ma,” sê die ander een, “hy koggel al die kinders uit. Maneer se dogtertjie het later gehuil. Hy luister nie vir ons nie.” Ja, dink Lenie, Kleinjan is in die skool.
Kleinjan is die laaste boek in die Sias en Mias-reeks. Dit is een van die laaste boeke wat - geskryf deur Mikro gekryf het voordat hy onverwags op 17 April 1968 oorlede is. Dit is ook een van die mooiste en kostelikste boekies in die gewilde reeks - ‘n verhaaltjie wat Mikro se talle jong lesertjies sommer vir baie jare sal onthou.
Kliek hier om meer van Mikro te lees


Klik hier om die lys van Mikro se boeke te sien
Klik hier om die lys van Mikro se boeke te sien



|