|
Die Soekie-reeks deur Ela Spence
Soekie Rossouw is ‘n dogter wat besig is om groot te word. sy is lief vir ou mense, diere en maats. Sy het duisende maats. In die ses boeke van die Soekie-reeks gaan sy nog meer maats maak. Maar Soekie gee nie om nie. Sy het haar maats, haar ouboet, haar ouer sussie (met wie sy soms rusie maak) en haar tweeling-boeties (wat gereeld die huis op horings neem) almal ewe lief.
- Soekie - 1952
- Soekie en Kaptein
- Soekie en die Tweeling
- Soekie en haar maats - 1954
- Soekie op Hoërskool
- Soekie word Sestien

Soekie en die tweeling Soekie-reeks is geskryf deur Ela Spence Boek no 3 in die Soekie-reeks
Soekie en haar tweeling broertjies, Bennie en Bertus, gaan na ‘n plaas in die Laeveld en belewe daar spannende avonture. Op Leeukop, die naburige plaas, is daar dinge wat nie pluis is nie en wat ongeluk inhou vir die mense wat Soekie liefhet. Soos Soekie maar is, beraam sy gou ‘n plan en probeer sy op haar eie manier die moeilikhede op te los. Die oplossing kom dan ook onverwags. Hierdie avontuurverhaal sal deur tiener dogters sowel as seuns geniet word.



Soekie en Kaptein Soekie-reeks boeke is geskryf deur Ela Spence Hierdie boek - derde druk van 1966 Boek no 2 in die Soekie-reeks
Soekie is lief vir diere — veral vir Kaptein, haar pragtige kollie. Soekie en Kaptein doen snaakse dinge saam — sommer baie snaakse dinge . . . Hulle kry dit selfs reg om die grootpraterige Koos Theron aan die verstand te bring dat Soekie se vader, ds. Rossouw, Koos se probleme kon help oplos. Maar Soekie is nie net lief vir Kaptein nie. Daarvoor is sy te lewenslustig. Sy is ook lief vir swem en perdry en vlieërsmaak en boomklim. En vir tannie Coetzee. Sy is so lief vir tannie Coetzee dat toe sy sien dat die ou tannie hulp dringend nodig het, sy ver uit haar pad gaan om te help.
Soekie en Kaptein is ‘n pragverhaal.

Soekie en haar maats Soekie-reeks is geskryf deur Ela Spence Boek 4 van die Soekie reeks wat in 1976 uitgegee was



Soekie Soekie-reeks is geskryf deur Ela Spence eerste Boek in die Soekie-reeks

Soekie op hoërskool Soekie-reeks is geskryf deur Ela Spence Boek 5 van die Soekie reeks wat in 1976 (tweede druk, tweede uitgawe) was


Klik hier vir ‘n lys van boeke deur Ela Spence
Klik hier vir kort biografie van die skryfster, Ela Spence

Lees ook die Tessa reeks vir dogters deur E Stander
Lees ook die Saartjie reeks deur Bettie Naudé


|