http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
(Francois) Soois op die spoor - John van der Berg Dit kan ons vir julle sê: as ‘n seun ‘n lewendige hart het en ‘n lewendige kop het soos Soois Visasie, en hy ken sy geskiedenis van seerowers goed, en hy is juis op die spoor van onderduimse Japsnees wat smokkel en te kere gaan, dan gaan hy jou wrintig nie stil sit voordat hy al wat skelm is, vasgetrap het nie! Hierdie wegloperseun is so taai soos ‘n volstruisbiltong en vreemdelinge moet net ligloop vir sy kopslaan-taktiek, anders lyk hul netnou soos gestampte kwepers. Maar Soois wil sommer hoera skreeu of iets, anders bars hy, want sy nuwe vriend, Philip, is kampioen van die wêreld; sy steekhaarbrak is Ali Baba-speurder, die beste hond wat daar is, en dis Tiekie se persblou oë wat hom geleer het hoe ‘n verskriklike mooi ding ‘n meisiekind kan wees. In die wonderlike houthut by die waterkant woon oupa Nelson wat sommer baie sout saam met die maats gaan opeet. As hy eers sy sigaret teen die eelt bokant sy oor gesit het, en sy hande staan op aandag, dan begin die jongmense se lekkerleef. Want niemand kan stories vertel soos hy, of dapper admiraal Nelson, of Adam Tas, of Wolraad Woltemade, of kaptein Scott nie - ja oupa Nelson is die mense en nog meer. Maar die storie wat die jongmense die graagste wil hoor, kom daar net niks van nie: Is oupa Nelson kop in een mus met die geslepe daggasmokkelaars? Die raaisel sal Soois en sy maats self moet ontrafel.
Soois op die spoor- Geskryf deur John van der Berg Klik hier vir ‘n lys van John van der berg se boeke
Lees ‘n kort biografie oor die skrywer, John van den Berg
|