|
Sue van Waart is bekend vir haar kontrei reisjoernale en haar boekelys sluit in:


Kannalandse Kamee - Sue van Waart
Inhoud:
- voorwoord
- ‘n Nuwe begin
- Philippa se laaste gala
- Margaret met ‘n “capital” M
- Skilpaaie en ‘n troetelbul
- Skades en skandes
- Politiekery
- Gawerjal, die hemelkind
- Japie Krige
- Onvergeetlike Kersdae
- Edele esels
- ‘n Hoed, fynlakenmense en uiesaad
- Broedertwis en bidure
- Klipkapper, sjouffer en spoke
- Die rykdom van armoede
- ‘n Wasdagspesialis
- Voortrekkers se hotel
- Strand- en warmbronvakansies
- Roep die dokter!
- Juffrou Saartjie
- Skoolseuns met moestasse
- Verbode liefde
- Kaal taal
- Skoonlief en die spook
- Vroegoggend-gebedsfluit


The Hell, valley of the lions - Sue van Waart Gamkaskloof - the most isolated valley in South Africa
When you first see the portals of The Hell from the winding roads criss-srossing the Swartberg summit, it’s a sight you never want to forget. You know instantly how inapproppriate the name The Hell is. And together with the Kloof folk you dissociate yourself from this unsuitable nickname.
Yet you realise it has to stay.
Contents:
- Cave dwellers
- Gamkaskloof - valley of the lions
- White inkommers
- Settling
- Making a living
- Coming and going
- Life-savers
- Love and heartache
- Misses and Sirs
- Unforgettables
- Koos Uil / Klein Koos / Rooi Koos /Koos road-builder
- After the road
- After the exodus


Mosselbaai: Seepoort van die tuinroete - Sue van Waart
Die stories in hierdie boek probeer nie om geskiedkundig te wees nie. Glad nie. Soos in haar ander kontreiboeke prikkel Sue van Waart weer eens gedagtes en vertel sy oor die mense van Mosselbaai en omgewing.
Sy gaan haal haar storie ver terug in die verlede en vertel van Mosselbaai se mense deur die eeue, hul leefwyse en doen en late. Die skrywer voer jou saam op ‘n onvergeetlike reis en stel jou voor aan besondere karakters wie se bydraes dikwels ver oor landsgrense gestrek het.
‘n boekreis wat die leser weer en weer sal wil ervaar.
Inhoud:
- Inleiding
- Ietsie meer oor Dias en Da Gama
- Voedingsaar van die nuwe kolonie
- Vis- en seekosparadys
- Fakkeldraers
- Nuwe markte oor poorte en passe
- Kaalbaaiery en swemkoetse
- Vakansietyd
- Smobiste en snobisme
- Hawedorp of hawestad?
- Albertina en aalwie, aalwee of aalwyn
- Begin van stranddorpies
- Vleesbaai en Herbertsdale
- Die “ryk” Gerickes
- Mosselbaai - vakansieplek!
- Troosters en dokters
- Hartenbosch - eerste eie plaas in die land
- Daar is maar een soos ...
- ‘n Lewensloop soos min
- Klein-Brak
- Groot-Brak se slaweliefde
- Skoenmaker Searles van Groot-Brak
- Epiloog
- Bronelys

Lees ook ander SPOOKstories
Paleise van die pluime - Sue van Waart ‘n vertelboek oor Oudshoorn en die volstruisleersage Eerste druk was in 1990
“Wit goud” het Weldon James die pragtige volstruispluime genoem in sy boekie wat tydens die volstruisweeldejare verskyn het. Die goud, het hy verduidelik, kom van ‘n dorpie genaamd Oudtshoorn in Suid-Afrika.
Dis omtrent 200 myl lank en 100 myl breed, ‘n halfwoestyn omring deur ‘n formidable bergketting, het hy geskryf. Dit reën daar slegs sowat 10 duim per jaar, en die son skyn meestal versengend warm. Dis ‘n plek van groot, oop ruimtes, waar die vlugvoetige, hardlopende voël wat nie kan vlieg nie, aangetref word.
In PALEISE VAN DIE PLUIME vertel die bekende Sue van Waart die verhaal van Oudtshoorn en sy mense. Sy vertel van die wonderjare toe James se “hardlopende voël” met die “wit goud” gesorg het vir ‘n sprokiestyd in ons land se geskiedenis.
Sy voer die leser terug na ‘n era “waar Aspoesters oornag prinse en prinsesse geword het.” Sy lig die sluier oor die interessante en aktiewe Joodse gemeenskap van “Klein Jerusalem” soos Oudtshoorn ook destyds bekend was. Jy maak kennis met buitengewone karakters, maar ook met gewone boeremense, arbeiders en ambagsmanne, grapmakers, prinse en konings. Jy lees van ongekende rykdomme, van asemrowende voistruispaleise, maar ook van die pondokke, armoede en ellende toe die eens florerende veremark plotseling in duie stort.
PALEISE VAN DIE PLUIME is ‘n kuierboek waarheen die leser telkens sal terugkeer.
Lees ook verhale van Oudshoorn deur Mike Heine

Swartberg en sy mense - Paleise van die pluime (Dubbelboek) deur Sue van Waart
Nog ‘n treffer deur Sue van Waart SWARTBERG EN SY MENSE “Verhale van die wandelende Africana van die Klein Karoo, noem Sue van Waart haar eerste bundel vertellings uit Kannaland (die oudste naam vir hierdie landstreek tussen die Kleinswartberge en die Outemekwas.)
“U sal met die lees agterkom: elke nou en dan kry mens die lekker ongemaklike gevoel dat daar méér aan die stories is as wat jy so met die eerste lees raaksien. Die soort reaksie ken ek van kindsbeen af en ek het die assosiasie daarvan met’ ‘n goeie storie’ nog nooit verleer of verloor nie.” — ABRAHAM H. DE VRIES
“As daar ooit die indruk bestaan het dat kontreiverhale net betekenis kan hê vir die mense van die kontrei waaroor dit handel, bewys Sue van Waart se uiters leesbare bydrae tot die skryfvorm die teendeel. “SWARTBERG EN SY MENSE bied groot plesier. Dit is meer as net ‘n boeiende relaas van die mense van Kannaland. Dit is ook ‘n interessante stuk Afrikanerkultuurgeskiedenis.” — George Boshoff BEELD
“Soms wens die leser die skryfster het ‘n bietjie meer met die wondenlike materiaal uitgerig, maar uiteindelik is dit juis die eenvoud van die voorvertelling wat dit so ‘n treffer maak.” — Gerhard Burger - TRANSVALER

Lees ook André P Brink se reisjoernale in Europa - klik hier
Lees ook P.H. Nortje se “The wild grape tree”
Lees ook P.H. Nortje se Die wildedruif val
Lees ook Reisjoernale deur Anna M Louw
Lees ook ander SPOOKstories

Briewe uit die Tuin van Eden (Plettenbergbaai en omgewing deur Sue van Waart

Zitzekamma Boomkatedraal van die tuinroete deur Sue van Waart
Zitzekamma se hemeltuin is Die Grootbos en, kan 'n mens maar se, ons eie Amasonewoud, met groot dele heeltemal ongeskonde. Die Grootbos is 'n boomkatedraal met 'n blarekoepel en stink- en geelhoutpilare waarin die grootsheid van die skepping gevoel kan word, waar 'n mens wil kniel en aanbid. En waar dit sielsverruklik is om soos 'n blaar, klein maar deel van so 'n wereld, te voel. Skoonheid en geborgenheid omring jou hier. Dit is 'n natuurlike tempel.

Lees ook André P Brink se reisjoernale in Europa - klik hier
Lees ook P.H. Nortje se “The wild grape tree”
Lees ook P.H. Nortje se Die wildedruif val
Lees ook Reisjoernale en kosboeke deur Pieter Pieterse
Lees ook ander SPOOKstories
|