http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
T.C. Pienaar (mev.) het verskeie boeke geskryf waaronder die volgende titels:
Die boeke in blou, dui aan daar is meer inligting van die inhoud van die boek beskikbaar
Die goue septer - boek geskryf deur T.C. Pienaar ‘n MElSIE uit die burgerstand wen die Iiefde van ’n koning en word vorstin van die land — dis ‘n ou verhaal wat altyd nuut bly. Maar hier is dit geen sprokie of legende nie. Presies so het dit gebeur, meer as 400 jaar voor die geboorte van Christus, toe die ryk van die Meders en die Perse van lndië tot die kuste van die Middellandse See gestrek het. In die dae was daar n jong Joodse meisie wat van die sameswerings en intrige aan ‘n koninklike hof niks geweet het nie, die weeskind Ester was deur God bestem was om in die paleis van Susan te woon. U sal hierdie verhaal lees met die gevoel dat u daar is in die paleis in die skone vesting Susan, waar die plek van die koningin leeg staan en die koning se lewe op die spel is; waar Mordegai, die skrywer, meer weet as wat dit ’n skrywer betaam, en Haman, die gevreesde waghond van die koning geluidloos sy gang gaan. Met ‘n rykdom van besonderhede en die vermoë om van elke geskiedkundige gebeure die beste gebruik te maak, skep T.C. Pienaar in hiedie werk ‘n atmosfeer wat die lees van ‘n ou verhaal ‘n nuwe beIewenis maak. Hoeré vir Driesie - boek geskryf deur T.C. Pienaar Die verhaal van ‘n arm seuntjie wat graag ‘n fiets wil hê en alles inspan om die geld daarvoor bymekaar te kry. Die storie is vol spanning en ons leef saam met Driesie deur al die teleurstelling en teenkanting wat hy ondervind. Dis ‘n verhaal wat hom op elke dorp kan afspeel - eenvoudig maar eg. Die onsterflike Eva Hier is T.C. Pienaar op haar sprankelendste beste... Die onsterflike Eva is ‘n verhaal met al die bestandele van ‘n aangename lekkerlees—roman, tog is dit veel meer as dit. Dit is die lewe self. . . so onberekenbaar,so onromanties,so verrassend,so ironies soos die lewe self is. Ons weet immers dat geld die wortel van alle kwaad is ,dat deug beloon en ondeug bestraf word, Ons voel dat hierdie stellinge dwarsdeur die verhaal gemaak word, en tog.. . as ons klaar gelees het,wonder ons: wat het nou van hierdie klinkklare, handige gesegdetjies geword? Dan moet ons glimlag, al is dit ‘n suur glimlaggie, oor die stukkie ironie waarmee die skryfster ons been liefderik getrek het. Die Onsterflike Eva is die verhaal van ‘n jong Amerikaanse egpaartjie eintlike reëlregte fortuinsoekers, albei van hulle- wat in Kimberley se vroeë dae na die delwerye toe kom. Hulle hoop ook vir daardie “grote” wat hul fortuin gaan maak, maak dan later noodgedwonge ‘n kompromis met hul ideale, nog later ‘n kompromis met hul beginsels. Jan Pilkinton is die held van die verhaal maar hy is, voorwaar geen engel nie. Sy grootste deug is sy eerlikheid: hy wil met onwettige diamante niks to doen h nie, maar dis ironies dat hy juis deur die verkragting van hierdie deug sy geluk vind. Lees ook Annelize Morgan se verhale oor die diamantdelwers en gouddelwers Lees ook soortgelyke boeke wat in die tyd van die goudstormloop afspeel deur Wille Martin
Die vrou wat kon wag “As jou man nou al so met jou begin, moet jy hom maar liewer los voor daar kinders is,” sé Nelia Krige se vriendin nadat Paul haar by hulle woonstel uitgestamp en die deur vir haar toegesluit het. Maar Nelia dink: Los? Nooit! Dit sal sy nooit eens oorweeg nie. Sy en Paul maak wel baie rusie, maar hulle het mekaar lief. Nee, sy kan nie twyfel dat Paul haar liefhet nie. Sy wil haar huwelik behou; sy wil haar droomhuis met die gewels nog eendag kry. Sy wil kinders hê, baie vriende onthaal; ‘n gesellige sosiale lewe voer. Daarom volg Nelia liewer die raad van tant Malie by wie sy voor haar troue geloseer het: Maar Paul beskou haar skielike gelatenheid as blote koppigheid en nukkerigheid. En om die kroon op Nelia se ongeluk te span, ontmoet hy ‘n aantreklike meisie van die platteland af — Matilde Bruwer. Matilde, so glo hy, gee vir hom al die gemoedsrus en liefde wat Nelia nie vir hom kan gee nie. En Nelia moet magteloos toekyk hoe hy al verder van haar af wegdryf, hoe hy elke aand later van die kantoor af terugkom en al hoe meer aande sonder haar uitgaan. Wat moet sy doen om die man wat sy liefhet te behou? Op die ou end kry Nelia dit wel reg om Paul te behou. Hóé sy dit regkry, word met diepe insig in menslike verhoudings en karakters beskryf deur die veteraanskryfster, T. C. Pienaar.
Die goeweneur se niggie Hy staan op die dek en sy aan die waterkant. Vir twee verliefde jongmense beteken dit skeiding skeiding in ‘n tyd dat die Kaap van Goeie Hoop ‘n hele Ieeftyd van beskaafde Europa af weg is. Maar Juliana van Nispen is vasbeslote dat die skeiding nie die einde moet wees nie. Haar lewe is die spil waarom hierdie nuwe roman deur T. C. Pienaar draai. Soos mev. Pienaar dit alleen kan doen, word die atmosfeer van daardie woelige, deftige mooityddae vir die leser opgetower in DIE GOEWERNEUR SE NIGGlE Lees nog Kaapse verhale deur Elmar Steyn Lees nog ou Kaapse verhale deur Ena Murray
Kimberley se Koets Die wiele rol noordwaarts! Die poskoets is op pad. Langs die koetspad vergader die inwoners van dorpe en herberge om die grasieuse voertuig met heimlike verlange agterna te kyk. Hierdie wa is die simbool van romanse . . dit kom van — van waar die soutwind teen Tafelberg aanwaai, en dit gaan ver — na waar die blink klippies tussen die gruis uitgehaal word as Fortuin jou toelag. .Aaa . . . die poskoers, die Kimberleyse koets? Watter vrag dra hy hierdie keer? Opvallend, omdat sy die enigste vrouepassasier is, is die fyn postuurtjie van Mina Ferreira. Sy is goewernante op pad na haar eerste betrekking doer in die Vrysraat. Opvallend vanweë sy forse gestalte is Karel van der Westhuizen, die boerseun van die Hotnotsholland, wat reeds ‘n gevestigde delwer is maar in wie se are die jagtersbloed veel vuriger vloei. Opvallend, omdat hy vreemdeling is, is Willens Reynolds, die jong Hollander, wie se lewe soos die koetswiele is; wat verby is, lê in diep, diep spore maar voor lok die grootpad, die onbekende. Hierdie drie mense is die hooffigure in die verhaal wat T. C. Pienaar in haar bekende, gemoedelike trant vir ons vertel. Dit is ‘n verhaal wat sommer dadelik aangryp, nie net vanweë die briijant-oorspronklike idee om die koetsreis as agtergrond te gebruik nie, maar ook deur die diep-menslike siening van die hooffigure: Karel, die man van aksie wat tog ook sy drome droom; Willein, die fynbesnaarde wat darem ook ‘n stewige vuishou kan plant; Mina, die onverskrokke wat nooit twyfel oor haar liefde of oor haar plig nie. Teenoor hierdie drie persone staan daar nog die figuur van Flynn — die gewetenlose fortuinsoeker, wat sy skadu oor hulle almal werp. Flynn ry ook saam Kimberley toe, maar hy ken nie die verrukking van sondeurdrenkre wydtes en sterlignagte nie . . . hy en sy handlangers dobbel en drink die nagte deur en slaap hul roes bedags in die koers af. Flynn is ‘n man wat nie teenkantring kan verdra nie en belediging vergeet hy nooit. So word die koersreis dan die geboorteplek van ‘n groot liefde en ‘n groot haat. En hoe verder die wiele noordwaarts rol, hoe sterker groei die Iiefde aan en hoe verterender word die haat. Dit is ‘n verhaal wat teen ‘n nuwe-ou agtergrond afspeel en waarin die romantiek en spanning fyn vervleg word.
Lees ook ander Kaapse-verhale Lees ook boeke deur Ela Spence Lees ook boeke deur Dricky Beukes
|