|
Die Tieroog-boek reeks is ‘n reeks wat bestaan uit verskillende verhale deur verskeie skrywers. Die Tieroog boek-reeks sluit in:
- onbekend
- onbekend
- Moord op Eendevlei - Tieroog-boek no 3 - ‘n Frans Lindenhof speurverhaal deur Karl Kielblock
- Die Belydenis van Nelia Bell - Tieroog boek nr 4 - WA De klerk
- onbekend
- Bloed in die weste - Tieroog-boek no 6 - Cor Dirks
- Bloedspoor op Diepkuil - (Tieroog-boek no ?) - J van Elders
- Seekus van die dood - Tieroog-boek no 8 - John H Marsh

Moord op Eendevlei Boek no 3 van die Tieroog-boek-reeks geskryf deur Karl Kielblock Eerste druk was in 1943; eerste Tieroog druk was in 1964
Alwyn Jansen was bang vir ‘n vroumens, dit het hy aan homself erken. Daarom dat hy eensaam was op die strand, alleen en verveeld.
Maar die verveling het skielik verdwyn toe die vreemde nooi reguit na hom toe kom, glimlag en hom toeroep: “Moet tog nie omkyk nie! Maak asof ons ou bekendes is. Ek sal later verduidelik!”
As sy nou die soort nooi was wat ‘n man se oë laat seerkry, sou Alwyn se vrees vir vroumense hom miskien gered het, maar in haar baaikostuum was sy iets waarvan hy nie sy oë kon afhou nie.
Daarom het hy saam gespeel. En toe hy in die loop van die speletjie met ‘n rewolwer gedreig word en die nooi later net so skielik verdwyn as wat sy verskyn het, het Alwyn hom nog nie los gemaak van die spel nie.
Met sy gewone behendigheid vertel Kielblock die storie wat gelaai is met spanning, waarin speurvernuf getoets word deur misleidende leidrade en die uiteinde net so onverwags is as die begin.(‘n Frans Lindenhof speurverhaal)
Lees ook speurverhale deur Derick Jacobs
Lees nog verhale deur Karl Klielblock (nie Karel Kielblock nie)
Lees nog Frans Lindenhof speurverhale

Die belydenis van Nelia Bell Boek no 4 van die Tieroog-boek-reeks geskryf deur W.A. de Klerk Eerste Tieroog druk was in 1964
Lees nog ander boeke deur W.A. de Klerk

Bloed in die weste Boek no 6 van die Tieroog-boek-reeks geskryf deur Cor Dirks Eerste druk was in 1950; eerste Tieroog druk was in 1964
,,Daar is bloed in die weste, Lan Fu.’ ,,Ja, Vader, dit is voorwaar ‘n kleurryke sonsondergang. ’ ,,Kleurryk!” snork Do Ta Yen verontwaardig. ,,Ek sê daar is bloed in die weste — bloed, mensebloed!” Erens in Noordoos-Tibet word ‘n tempel beroof — ‘n daad wat later in Suid-Afrika ‘n weerklank vind in ‘n reeks spannende gebeurtenisse waarin geweld, vernuf, wraaksug en gewetelose gelddors almal ‘n rol speei. Dit word ‘n verhaal wat die leser bladsy na bladsy gespanne hou sodat hy die boek nie kan neersit voor hy by die heeltemal verrassende slot kom nie.

Seekus van die dood Geskryf deur John H Marsh Boek no 8 van die Tieroog-boek-reeks Eerste druk was in 1945; eerste Tieroog druk was in 1964 vertaal deur H.H. Wicht
SOS! SOS!” Die radiografis op Walvisbaai het die noodsein Iaat in die nag van 29 November 1942 gehoor. Toe volg die besonderhede: die ,Dunedin Star’, ‘n Britse lynboot van 13,000 ton met meer as honderd mense aan boord, het teen ‘n onbekende voorwerp gebots en sy bodem oopgeskeur. Die botsing het plaasgevind naby die Seekus van die Dood waarheen die skip nou reguit op pad is.
Op die Seekun van die Dood kan niemand bestaan nie. Die enkele waaghals wat hom hierheen begeef op soek na onbekende rykdom, sit sy lewe op die spel. Die lot van die skipbrekkelinge is inderdaad duister.
Die volgende dag reeds is begin met reddingspogings. Van die see af, uit die lug uit en oor land het die een na die ander reddingsgeskelskap onafgebroke gestry om die skipbreukelinge te red. Telkemale het die hoop opgevlam. net om weer deur die vyandige natuurelemente verydel te word,
,,Dit is die merkwaardigste verhaal van ‘n skeepstranding en die redding van die gestrandes waarop ek in byna twintig jaar as skeepsverslaggewer afgekom het” sê die skrywer.
lees ook Die vyf swemmers - ‘n ware verhaal
Lees ander verhale deur Pierre J Fourie
Lees Cor Dirks se UILE-reeks
Lees Cor Dirks se OTTERS reeks
Lees Cor Dirks se JOOF EN SE MAATS reeks
Lees ook KLUB707 speurreeks

|