http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die skryfster Toek Blignaut, ook Toeks genoem, was ‘n nooi Johanna Marthina Sophia Venter wat op 17 Mei 1922 te Pretoria gebore was. Sy is op 6 Nov 1944 met Jacobus Nicolaas Francois (Jaap) Blignaut ook te Pretoria, getroud. Hierna het die gesin hulle op Brandfort gevestig. Uit die huwelik was twee dogters gebore, Leandré en Lynette. Toek Blignaut is na ‘n hartaanval op 5 Januarie 2007 in Bloemfontein oorlede. Gedurende haar 84 lewensjare het sy vir ons nie minder as 82 boeke nagelaat nie. Verder het sy ook 16 vervolgverhale en talle artikels, novelles en kortverhale en as vise-redakteur van Rooi Rose ook verskeie rebrieke, die lig laat sien. Kliek hier vir ‘n lys van haar boeke. Leandré is ook 'n skryfster en woon in Bloemfontein. Sy is getroud met Jacobus Johannes (Buks) Hanekom en sy skryf onder die naam Leandre Hanekom. Hierdie is slegs ‘n kort biografie van die skryfster, Toek Blignaut
|