http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Topsy Smith, die bekende skrywer van die Trompie en die Saartjiereeks jeugverhale in Afrikaans, is op 22 Julie 1914 in Parys in die Oranje Vrystaat gebore. Hy het in Pretoria en op Koppies in die Vrystaat skoolgegaan. Nadat hy gematrikuleer het, het hy aan die Universiteit van Stellenbosch die graag B.A. met Afrikaans en Engels as hoofvakke behaal. Hy was ‘n veelsydige sportsman en het sy kleure in rugby,atletiek en boks ontvang. Later behaal hy ook ‘n diploma in Liggamsopvoeding. Sy Hoër Onderwys Diploma het hy aan die Universiteit van Pretoria behaal, waarna hy gaan skoolhou het. Sy loopbaan as onderwyser het hy na baie jare afgesluit as Hoof van die Laerskool Sandringham in Johannesburg. Topsy Smith het die lieflingstorieverteller vir die grootste aantal Suid-Afrikaanse kinders geword met sy boeiende verhale oor Trompie Toerien en Saartjie Bauman. Laasgenoemde jeugreeks het hy onder die skuilnaam Bettie Naudé geskryf. Die gewildheid van die jeugboeke is omrede hy as onderwyser kinders geken het en goed vir kinders kon skryf oor dinge wat tot hul spreek en hul pla en vertaan. Hy het ook verskeie ander boeke geskryf - sommige in Engels. Klik hier om ‘n lys van sy boeke te sien.
Topsy Smith - skrywer van gewilde kinderstories soos Trompie & Saartjie Klik hier om die gewilde reekse te koop
|