|
Die gewilde Trompie en die Bokombende boeke was geskryf deur Topsy Smith. Die gewilde kinderreeks handel oor die lede van die Boksombende - met Trompie , die Grootkaptein, Rooie, Blikkies en Dawie. Daar is ook natuurlik Boesman - die brak!. Ons kan lees oor die Boksombende se manewales en avonture wat op Kwaggaberg afspeel.
Kwaggaberg is ‘n klein dorpie. Dis ‘n pragtige boomryke plekkie aan die voet van die berge, omtrent 30 kilometer van Johannesbug af. Reisigers op pad Gauteng toe jaag vinnig met hul blink motors hier deur en dink dit is ‘n mooi plekkie, maar darem té afgeleë en ... dood!. Min weet hulle dat in hierdie einste Kwaggaberg wat net aan die Johannesburgers bekend is om die mooi natuurtonele, woon Trompie!
As ou inwoners hoor hoe reisigers wat soms in die hotel oornag, smalend praat van Kwaggaberg wat so stil en dood is, skud hulle net die kop, kyk veelseggend na mekaar en sê met ‘n sug: “Hierdie arme skepsels weet nie ... hulle weet nie van Trompie nie...”
Lees meer van Trompie en die Boksombende - EERSTE Uitgawe
Lees meer van Trompie en die Boksombende - TV reeks
Lees meer van Trompie en die Boksombende - 2007 Uitgawe
Topsy Smith het ook die gewilde Saatjie-boeke, vir dogters, onder die skuilnaam van Bettie Naudé geskryf.
(Kliek hier vir ‘n boeklys van Topsy Smith)



Trompie Omnibus - geskryf deur Topsy Smith Die omnibus bevat die volgende 3 verhale van die “nuwe” Tompie
In Trompie die hoërskoolseun word die lede van die Boksombende leerlinge van die beroemde Hoërskool Kwaggaberg. Sommer met die intrapslag loop Trompie hom vas teen die bullebak van die skool en moet die Boksombende veg om oorlewing. Trompie ontpop ook in ‘n kraige rugbyspeler, maar hy moer eers ‘n les of twee leer.
In Trompie die dromer word die Boksombende weer bedreig - maar die keer nie deur ‘n bulebak nie. Nee, die bedreiging kom uit ‘n heel ander oord. Die bedreiging het golwende, donker hare, bruin oë en kuiltjies in haar wange. Ja, Trompie, die Grootkaptein van die Boksombende, is verlief en die bende dreig om te skeur. Iets moet gedoen word- en gou ook.
Lees meer oor wat in Trompie die speurder gedeur - Kliek hier


Trompie - Omnibus 4 - geskryf deur Topsy Smith Die omnibus bevat die volgende 3 verhale van die “nuwe” Tompie
- Trompie die mooi seun
- Trompie die prefek
- Trompie die rugbyreus
In Trompie die mooi seun meet die Bosombende kragte met drie meisies wat spog dat hulle alles beter kan doen as wat die seuns dit doen. Trompie hou ook sy lyf fortuinverteller en durf selfs die groot stad Johannesburg, aan in sy soektog na ‘n wêreldberoemde dokter wat ‘n bedlêende seuntjie se enigste hoop mag wes....
In Tompie die prefek beland die jongste prefek in die geskiedenis van Kwaggaberg sommer gou in ‘n vreeslike penarie. Wat staan ‘n man te doen as jy van diefstal verdink word? En watter prys sal Trompie betaal om sy woord te hou?
In Trompie die rugbyreus besef die Grootkaptein die waarde va spanwerk - dat ‘n man nie altyd al die drieë alleen kan druk nie. Dan is daar ook Anna se troue en die petalje met die peper. Ja, waar die lede van die Boksombende is, hou die kattekwaat nooit op nie. Waar die Boksombende is, is daar altyd hope pret en kaskenades.
(Kliek hier vir ‘n boeklys van Topsy Smith)


Ander boeke deur Topsy Smith (boeklys van Topsy Smith)

|