|
Die gewilde Trompie boeke was geskryf deur Topsy Smith. Die gewilde kinderreeks handel oor die lede van die Boksombende - met Trompie , die Grootkaptein, Rooie, Blikkies en Dawie. Daar is ook natuurlik Boesman - die brak!. Ons kan lees oor die Boksombende se manewales en avonture wat op Kwaggaberg afspeel.
Kwaggaberg is ‘n klein dorpie. Dis ‘n pragtige boomryke plekkie aan die voet van die berge, omtrent 30 kilometer van Johannesbug af. Reisigers op pad Gauteng toe jaag vinnig met hul blink motors hier deur en dink dit is ‘n mooi plekkie, maar darem té afgeleë en ... dood!. Min weet hulle dat in hierdie einste Kwaggaberg wat net aan die Johannesburgers bekend is om die mooi natuurtonele, woon Trompie!
As ou inwoners hoor hoe reisigers wat soms in die hotel oornag, smalend praat van Kwaggaberg wat so stil en dood is, skud hulle net die kop, kyk veelseggend na mekaar en sê met ‘n sug: “Hierdie arme skepsels weet nie ... hulle weet nie van Trompie nie...”

Titels in die eerste uitgawe van Trompie sluit in:
Trompie - 1950 - 1960 uitgawes
- Trompie die onnut
- Trompie die dromer
- Trompie die groot minnaar
- Trompie die held
- Trompie die mooi seun
- Trompie die sakeman
- Trompie die sportman
- Trompie die waaghals
- Trompie die rugbyspeler
- Trompie die hanswors
- Trompie die kaptein
- Trompie die meisiehater
- Trompie die atleet
- Trompie en Saartjie - die eerste ontmoeting

Trompie en Saartjie - die eerste ontmoeting Boek geskryf deur Topsy Smith Topsy Smith het ook onder die skuilnaam Bettie Naudé die Saatjie-reeks geskryf
Die mense van Kwaggaberg het al baie dinge oor ou Trompie gesê, maar niemand kan sê hy slaan aan meisiekinders nie... daarvoor is die Groot Kaptein van die Boksombende darem te veel van ’n heer. So ’n mooie meisie! En sy wil hom sommer hier in die straat takel oor hy haar boetie per abuis half verongeluk het — ‘n blote ongeluk dat die mannetjie so bebloed en gekneus by sy sussie aangehol gekom het, kan hy dit help? ‘n Geitjie van ’n meisiekind, maar mooi! O Saartjie, Saartjie. Maar nee, eers moet Trompie en Saartjie kragte meet — soos man teen meisie. Sy moet eers haar astrantheid wegskrik; sy en haar haasbek-broer sal uit die Boksombende se hande kom eet, só sal hulle skrik. O so? Ag so? dink Saartjie. Ons sal sien wie skrik vir wie. O Saartjie, Saartjie! En Trompie wonder of dit non die regte oomblik is om te sê: “Jy’s… jy’s vir my… en ek’s vir jou, Saartjie, hè?”





Lees meer van Trompie en die Boksombende - Omnibusse
Lees meer van Trompie en die Boksombende - TV reeks
Lees meer van Trompie en die Boksombende - 2007 Uitgawe


Lees ook Die Jantjie reeks (Petrusdorp) deur Topsy Smith
Lees ook die Gampietjie reeks deur Topsy Smith


Lees ook die Saartjie reeks
|