|
Dei gewilde Trompie-reeks boeke deur Topsy Smith is weer herskryf en aangepas vir die hedendaagse jeug.
Die Trompie reeks speel omtrent 30 kilometer van Johannesburg af, aan die voet van ’n berg, lê die dorpie Kwaggaberg. Mense op pad Gauteng toe jaag vinnig hier deur en dink dit is ’n mooi plekkie, maar darem té afgeleë. Min weet hulle!
As ou inwoners hoor hoe reisigers wat soms in die hotel oornag, smalend praat van Kwaggaberg wat so stil en dood is, skud hulle net die kop, kyk veelseggend na mekaar en sê met ’n sug: “Hulle weet nie van Trompie nie…”
Die DERDE uitgawe (2007) van die Trompie reeks sluit die volgende titles in:
- Trompie - deur Topsy Smith
- Trompie die stouterd - deur Topsy Smith
- Trompie die soet seun - deur Topsy Smith
- Trompie die hoërskoolseun - deur Topsy Smith
- Trompie die dromer - deur Topsy Smith
- Trompie die speurder - deur Topsy Smith
- Trompie die kragman - deur Topsy Smith
- Trompie die hartedief - deur Topsy Smith
- Trompie die held - deur Topsy Smith
- Trompie die mooi seun - deur Topsy Smith
- Trompie die leier - deur Topsy Smith
- Trompie die rugbyreus - deur Topsy Smith
- Trompie die krieketspeler - deur Topsy Smith
- Trompie die filmster - deur Topsy Smith
- Trompie die sakeman - deur Topsy Smith
- Trompie die sportman - deur Topsy Smith
- Trompie die waaghals - deu - deur Topsy Smith
- Trompie die rebel - deur Topsy Smith
- Trompie die hanswors - deur Topsy Smith
- Trompie die reisiger - deur Topsy Smith
- Trompie die kaptein - deur Topsy Smith
- Trompie die alleenloper - deur Topsy Smith
- Trompie die atleet - deur Topsy Smith
- Trompie die - deur Topsy Smith

Trompie Trompie reeks is geskryf deur Topsy Smith
Trompie, sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende, is terug! Saam met Rooie, Blikkies en klein Dawie, neem hulle Kwaggaberg behoorlik op horings. As hulle nie ’n bobbejaan uit Dominee se tuin gaps nie, klits Trompie alles wat voorkom met sy kettie. Sy arme suster, Anna, loop deur wanneer die Boksombende besluit om vir haar ’n kêrel te kry. En Trompie se vasberadenheid om die tier in hul skool se toneelstuk te speel, veroorsaak omtrent konsternasie! ’n Steekhaarbrak, Boesman, kruip diep in Trompie se hart. Die groot probleem is dat hy alreeds ’n eienaar het…

Trompie die soet seun Trompie reeks is geskryf deur Topsy Smith
Trompie voel skuldig. Hy het gekul met sy uitskryfwerk en hulle onderwyser het vir hom gesê dat baie kinders na hom opsien en dat dit sy plig is om ’n goeie voorbeeld te stel. Die Boksombende se Grootkaptein besluit om van nou af goeie dade te doen, maar dis glad nie so maklik soos hy gedink het nie. Dit lei tot baie snaakse – en benoude! – oomblikke. Ons held beland in die hospitaal en word Durban toe gestuur sodat hy by ’n tannie van hom kan gaan aansterk. Die treinrit KwaZulu-Natal toe is ’n groot avontuur en Trompie baljaar so lekker in die see dat hy skoon vergeet van sy tannie én die polisie wat naarstiglik na hom soek. Wanneer hy uiteindelik terugkom in Kwaggaberg, moet die sproetgesig ’n boelie op sy plek sit en leer hy ’n waardevolle les.

Trompie die stouterd Trompie reeks is geskryf deur Topsy Smith
Net as ‘n mens dink Trompie en die Boksombende kan nie méér ondeund wees nie, verras hulle almal. Trompie, Rooie, Blikkies en klein Dawie besluit om vir Pieter — ‘n nuweling op Kwaggaberg — op sy plek te sit. Almal dink hy is ‘n engeltjie met die mooiste maniere en dit maak die lewe vir die Boksombende baie onaangenaam. Skoolwerk raak so vervelig dat Trompie besluit om stokkies te draai en in die kloof te gaan swem saam met sy manskappe. Gelukkig bied ‘n boer in die distrik aan om Kwaggaberg se seuns te leer boks, wat Trompie ‘n rukkie uit die moeilikheid hou. Maar dan begin ‘n spook by die skoolkoshuis amok maak. Is dit regtig ‘n spook of het sproetgesig Trompie en die Boksombende iets met die wit gedaante te doen?

Trompie die speurder Trompie reeks is geskryf deur Topsy Smith
Trompie beland die keer in avonture van ernstiger aard. Die eindeksamen is naby, maar Trompie is soos gewoontlik nie lus vir leer nie. Hy gaan swem liewers elke middag in die dam. Wanneer hy hoor daar is fietsdiewe op sy tuisdorp, Kwaggaberg, weet hy dadelik waar hulle die gesteelde goedere wegsteek - in die grot bo in die kloof. Trompie en Rooie betrap die diewe terwyl hulle die fietse op ‘n vragmotor laai. Trompie, die Grootkaptein, stuur Rooie om die Polisie te gaan haal. Terwyl Trompie agterbly en die misdaadtoneel dopou, besluit die skelms om die pad te vat. Trompie klim agterop hul vragmotor en vang op eie houtjie die bende fietsdiewe en dwing die bewondering af van almal op Kwaggaberg. Natuurlik is daar nog ander belonings ook!
Maar so tussen al die avonture deur moer daar nog skoolgegaan word. Die vier helde wil graag glo dat hulle hul tyd baie beter kan deurbring. Trompie is weer die meesterbrein wanneer poetse bedink word - net ter wille van die afleiding!
Die eksamentyd breek aan - nou is daar geen verbykomkans nie. Trompie kuier baie by Katrientjie langsaan - gelukkig dat sy darem haar werk ken. Die Boksombende kry dit almal reg om deur te skraap - tot hul groot verligting. En nou is dit somervakansie....!
Lees ook die EERSTE UITGAWE van die Trompie-reeks
Lees meer van die Trompie Omnibusse
Lees ook die nuwe TV uitgawe van Trompie



Lees ook die oorspronklike Trompie boeke - Kliek hier
Lees ook die Trompie die TV reeks - Kliek hier

Lees ook die Jasper reeks deur C.F. Beyers Boshoff
Lees ook die Keurboslaan reeks deur Theunis Krogh

Lees ook die Rooi Ridder reeks
Lees ook die DRIETAL reeks deur Bertrand Retief

Lees ook die KADET reeks

Lees ook die EERSTE UITGAWE van die Trompie-reeks
Lees meer van die Trompie Omnibusse
Lees ook die nuwe 2007 uitgawe van Trompie



Lees ook Die Jantjie reeks (Petrusdorp) deur Topsy Smith
Lees ook die Gampietjie reeks deur Topsy Smith
Lees ook die Hendrik Hoffman reeks deur Topsy Smith
|