http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Tryna du Toit boek lys

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Tryna du Toit het vir 40 liefdesverhale en 12 omnibusse gesorg waaronder :

  1. Agter die berge - 1972 --Tryna du Toit
  2. As jy my nodig het-- Tryna du Toit
  3. Die Bolander - Tryna du Toit
  4. Die eensame pad - 1954 - Tryna du Toit
  5. Die erfgenaam van La Provence - 1973- deur Tryna du Toit (ou-Kaapse verhaal)
  6. Die glashennetjie- deur Tryna du Toit
  7. Die goue gerf - 1960- deur Tryna du Toit
  8. Die helder lied - 1948- deur Tryna du Toit
  9. Die lied in die bos- deur Tryna du Toit
  10. Die nimmer-nimmer-berge -1953- deur Tryna du Toit
  11. Die nuwe dokter- deur Tryna du Toit
  12. Die towerstaf - 1974- deur Tryna du Toit
  13. Die vennootskap - 1971- deur Tryna du Toit
  14. Die wit magnolia - Tryna du Toit
  15. Die wit ringmuur- deur Tryna du Toit
  16. Donkerpoort - 1973 - deur Tryna du Toit
  17. Dwaalspore - 1954- deur Tryna du Toit
  18. Eendekuil- deur Tryna du Toit
  19. Groen koring - 1952 - ‘n persoonlike gunsteling van Tryna du Toit
  20. Haar erfenis - Tryna du Toit (Waterlelie-reeks)
  21. Hermina se bedrog - 1967 (Het oorspronklik as “Haar erfenis” verskyn)
  22. Kleingeluk - 1955 - Tryna du Toit
  23. Kruidjie-roer-my-nie - 1949 / 1960 - Tryna du Toit
  24. Laat somer - Tryna du Toit
  25. Liefde gedwarsboom - 1950- deur Tryna du Toit
  26. Maanlig op die Sabie- deur Tryna du Toit
  27. Minnaar uit die vreemde - Tryna du Toit
  28. Na elke lente - 1952- deur Tryna du Toit
  29. Net soos 'n arend (haar laaste boek wat op 81jarige ouderdom uitgereik was)
  30. Op vlerke van die wind- deur Tryna du Toit
  31. Ou Liefde - 1967 - Tryna du Toit
  32. Rooi malva’s
  33. Rusteloos is die seile- deur Tryna du Toit
  34. Skuilte- deur Tryna du Toit
  35. Sy erfenis- deur Tryna du Toit
  36. Towerwater- deur Tryna du Toit
  37. Verdwaalde liefde - 1951 - Tryna du Toit
  38. Wag-’n-bietjie, (Tryna du Toit se persoonlike gunsteling)
  39. Wanneer die oestyd kom- deur Tryna du Toit
  40. Wolwehoek - Tryna du Toit

trynadutoit-sarie1949

‘‘Maanlig op die Sabie’’ ‘n verhaal deur Tryna du Toit geskryf was een van die eerste liefdesverhale wat in die Sarie Marais van 6 Julie 1949, moeder van die vrouetydskrif Sarie, sestig jaar gelede, verskyn het. Die liefde bloei in Tryna se verhaal wat afspeel in die Skukuza-ruskamp van die Kruger-Wildtuin na allerlei teenspoed en misverstand – soos dit dikwels maar met storieliefdes gesteld is. 


Die groen koring - 1952 uitgegee - ‘n Film met die naam “Debbie” was oor die verhaal gemaak, maar as gevolg van die strenge sensuur, was dit veban en verbied omdat dit “te gewaag” was.

 

koop 'n boek 4

 

Omnibusse deur Tryna du Toit:

Tryna du Toit Omnibus 1

Tryna du Toit Omnibus 1
Die Bolander-trilogie

  • Tryna du Toit Omnibus 1:
    • Die Bolander-trilogie
    • Dit is die verhaal van die mense van Saailaagte, ‘n dorpie in die hartjie van die Karoo. Die nuwe skoolhoof is ‘n selfversekerde jong Bolander met deurborende grys oë. Annie verstaan nie waarom hy haar so onverskillig behandel nie... Dan is daar Magriet, die stadsmeisie wat ‘n gerieflikheids-huwelike met die jong boer Barry moet aangaan. En Kosie kry rusie met sy buurman op die plaas Eendekuil, waarna hy moet uitvind die buurman se mooi dogter wil niks meer met hom te doen hê nie. - lees meer

 

trynadutoitomni2

Voorblad van omnibus 2 deur Tryna du Toit

  • Tryna du Toit Omnibus 2
    • Groen koring
      Meegevoer deur hulle jong liefde gee Debbie en Paul hulself oor aan hulle hartstog en verwoes so amper hulle jong lewens
    • Die goue gerf - hier vind Ryk Malan vir Elizabeth Bornman onweerstaanbaar.

 

trynadutoitomni3

Voorblad van omnibus 3 deur Tryna du Toit

  • Tryna du Toit Omnibus 3
    • Die nuwe dokter - Dokter Hugo Slabbert besluit uit die staanspoor dat geen vrou ´n dokter se skoene kan volstaan nie. Dis ook die rede waarom hy afsydig en bruusk teenoor bly teenoor dokter Karin de Wet, al wys sy gou dat sy meer as net bekwaam is. En tog is daar tekens dat sy houding ´n masker is waaragter hy sy werklike gevoelens wegsteek.
    • In As jy my nodig het moes Louise nog altyd in haar pragtige stiefsuster, Monica, se skadu leef. Selfs haar vriend Buks Veldman het net oe vir Monica. Maar Monica kies die welgestelde Pierre Marais bo Buks en sy Bosveldplaas. ´n Paar maande later vra Buks Louise om te trou. Hulle is tog al jare lank vriende en deel dieselfde belangstellings. Dit sal tog seker genoeg wees?
    • In Die lied in die bos is Christine Faure se lewe weer op dreef. Sy is ´n suksesvolle modeontwerper en sy en die aantreklike joernalis, Marius Grove, is besig om mekaar beter te leer ken. Dan keer haar eks-man uit die buiteland terug met sy popmooi tweede vrou en hulle twee dogtertjies. Hy het Christine destyds soos ´n sak patats gelos nadat sy hom twee jaar lank finansieel onderhou het terwyl hy sy mediese studies voltooi. Nou is hy terug in die land en skielik weer in Christine geinteresseerd.

koop 'n boek 4

 

Tryna du Toit 4

Voorblad van omnibus 4 deur Tryna du Toit

  • Tryna du Toit Omnibus 4
    • Wolwehoek - Die jong stadsmeisie, Charlotte erf onverwags die ou familieplaas en besluit om haar oupa se voorwaardes te aanvaar: Sy moet self boer en haar oupa se aangenome seun moet as haar voog moet optree. Interessante verwikkelinge kan verwag word - veral as haar buurman ‘n aantreklike jongman is
    • Die vennootskap - Dokter Marin Burger vra Marie (ondermatrone) om met hom te trou, maar dit klink meer na ’n sake-ooreenkoms: Marie moet ’n ma wees vir sy dogtertjie Rykie. Na ses maande kan sy besluit of sy volwaardig sy vrou wil word. lees meer
    • Towerwater - Na haar egskeiding besluit die suksesvolle skryfster, Ria de Wet, om met haar verlangse Karoo-familie te gaan kennis maak! Sy kom op “Towerwater” aan waar Paul Theron leef soos ’n kluisenaar sedert sy vrou se verdrinking en sy sieklike suster, Mona, is verbitterd en agterdogtig. Wanneer Ria op Towerwater aankom, bring sy die belofte van ’n nuwe begin op ‘n plaas waar daar blykbaar ‘n vloek rus!.

 

trynadutoitomni6

Voorblad van Tryna du Toit se sesde omnibus

TrynaduToit-die sewende trynadutoit omnibus

Voorblad van Tryna du Toit se sewende omnibus

  • Die sewende Tryna du Toit-omnibus
    • Rooi malvas
    • Die erfgenaam van La Provance
      • Na ‘n lang gevaarlike seereis kom Matilda Jourdan en haar sestienjarige broer, Pierre, in Februarie 1752 met ‘n seilskip in Tafelbaai aan. Sy koester groot verwagtings, maar hoe moes sy weet dat die brief wat sy uit Europa aangestuur het haar onbekende oom Jacques nooit bereik het nie; dat die hooghartige jong man wat al die heel eerste dag tot haar redding kom, haar oom se stiefseun is; dat haar enigste kennis in die Kaap, Eugene Leendert, nie te vertrou is nie....
      • Met die romantiese lewe aan die ou-Kaap as agtergrond en die intrige en spanning om elke draai, is Die srfgenaam van La Provance ‘n boek wat end-uit boei. Lees nog ou-Kaapse verhale, kliek hier

 

koop 'n boek 4

 

Tryna du Toit Omnibus 9

Voorblad van Tryna du Toit se negende omnibus

Dwaalspore : Sommer uit die staanspoor is Chrissie en Mike haaks. “jy is die onaangenaamste en vermetelste man wat ek nog teëgekom het,” snou sy hom toe en besluit om lig te loop vir hom - veral as sy vermoed dat hy en sy eertydse verloofde nog verlief is op mekaar. Die spanning bou op tot ‘n dramatiese einde en bewys weer : min skrywers kan die lief en leed van ‘n liefdesverhaal so boeiend uitbeeld as Tryna du Toit

Sy erfenis : Dit is die roerende verhaal van Elizabeth Verster en haar familie wat afspeel tydens die Tweede Wêreldoorlog. Wanneer haar jong eggenoot sneuwel wil sy haar seuntjie die erfenis laat kry wat hom toekom, maar sy loop haar vas in agterdog en vooroordeel wat geweldige eise aan haar stel.

koop 'n boek 4

 

Tryna du Toit Omnibus 10

Voorblad van Tryna du Toit se tiende omnibus

Minnaar uit die vreemde : Aletta Vosloo moet met haar twee susters, Susan en Betsie, die plaas Tiervlei behartig. Die mede-erfgenaam, dr. Frans Naudé, is in Amerika en hy wil nie terugkom of ‘n beslissing gee oor die verkoop van die plaas nie, ten spyte van baie aanloklike aanbiedinge. Skuil daar vreemde motiewe agter die hoë aanbiedinge?

Aletta moet van die voorman ontslae raak, maar dit lyk of die nuwe voorman, Jim Muller, die bestuur oor die plaas wil oorneem. Intussen is die dorpsprokureur, Gawie Pretorius, smoorverlief op Aletta.

Laat somer: Agt jaar na haar egskeiding trek Elizabeth Meyer terug na die stad om ‘n nuwe lewe as lektrise te begin. Saam met haar gaan die familie: haar seun, Buks, haar mooi, maar koppige stiefsuster Esmé, die trotse ouma Louw , Elsa en ou Katy. Min het hulle geweet wat in die stad op hulle wag met onder andere snobistiese bure en ‘n lastige snydokter-buurman.

Elizabeth se vorige man verskyn op die toneel om haar verder om te krap. Sy moet ‘n duur prys betaal vir haar gemoedsrus, maar dan vind sy ook die geluk wat sy nie gedink het meer vir haar beskore is nie.

 

TrynaduToit Omnibus 12

Net soos ‘n arend - Die verhouding tussen die intelligente, stralende Amy de Waal en die wêreldwyse, selfversekerde joernalis Adam Foster begin op ‘n hoë noot en hulle lyk vir almal na ‘n paartjie wat vir mekaar gemaak is. Maar as Amy agterkom dat sy Adam se baba verwag, kom daar ‘n krisis in hul verhouding wat oënskynlik te veel wysheid van die twee jong mense verg.

Die glashennetjie - Amanda Louw, die lewenslustige dogter van Johan en Amy Louw, se huwelik ‘n vyf en twintig jaar tevore het ‘n skandaal op Bloemendal veroorsaak en bloedfamilie in verbittering van mekaar geskei.  Nou kom Amanda terug na haar dorp om vrede in die familie te maak, maar hoe kan sy vermoed watter moeilike taak dit sou wees en in watter nuwe emosionele tweespalt dit haar sou dompel?

 

TRYNADUTOIT-gouegunstelinge

koop 'n boek 4

Bo

Tryna du Toit-haar erfenis  Tryna du Toit-haar erfenis2

Haar erfenis - Tryna du Toit

Twee studente, Hermien Basson en Elaine Moolman sou oor ‘n paar weke begin skoolhou.

‘n Speletjie deur identiteite om te ruil veroorsaak ‘n nadraai toe Elaine uitvind dat die “bosveldplasie” wat sy erf R40 000 werd is. ‘n Alleenloper skrywersoom, ‘n vervreemde vader en ‘n jong aantreklike boer veroorsaak probleme maar ook opwinding wat bietjie bo die jong dames se vuurmaakplek blyk te wees.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Lees meer oor Tryna du Toit

 

koop 'n boek 4

 

trynadutoit-dienuwedokter

Die nuwe dokter - - Tryna du Toit

‘n Vroumens-dokter! Gaan dinge ooit weer dieselfde wees op Doringlaagte na dr. Karin de Wet se aankoms?

Die spreekkamers van dokters Truter, Slabert en Roux is feitlik in die middel van Doringlaagte. Dit is ook die middelpunt van alles wat op die dorpie en in sy omgewing gebeur. En wanneer dr. Herman Truter aankondig dat ‘n vroulike dokter in sy plek gaan waarneem tydens sy langverlof, is dit vir sommige mense op Doringlaagte skielik asof hul dorp sy geliefde middelpunt verloor het, en daar is geen sekerheid in die lewe meer is nie...

Dit help ook nie dat dr. Hugo Slabert, dr. Truter se jong vennoot, groot afkeer aan die gedagte van ‘n vrou in hul veeleisende plattelenadse praktyk het nie. Of is sy bruuskheid teenoor Karin bloot ‘n masker waaragter sy ware gevoelens versteek lê?

Die Nuwe dokter is ‘n verhaal in die trotse tradisie van Tryna du Toit, een van die mees geliefde Afrikaanse skrywers.

 

koop 'n boek 4

Bo

TrynaduToit-die towerstaf

Die towerstaf - deur Tryna du Toit

 

TrynaduToit-wanneerdieoestydkom

Wanneer die oestyd kom - deur Tryna du Toit

Die lewe het verpleegster Lydia vorster nie baie skaflik behandel nie. Nadat sy haar vader in ‘n motorongeluk verloor het, kom dit aan die lig dat hy met sekere trustgelde gespekuleer het. Maar vir Lydia is dit slegs die begin van haar smarte, want haar verloofde, dr. Tertius de Lange, besluit om hul verlowing te verbreek omdat Lydia se goeie naam deur haar vader se misstap geskaad is.

Sy vlug na die platteland om ‘n ryk weduwee, wat haar eie boersery self waarneem, te gaan verpleeg. Hierop Poortjie raak sy verstringel in groter intriges...

 

koop 'n boek 4

Bo

TrynaduToit-die helderlied

Die helde lied- deur Tryna du Toit

“Ek wens jy was nie so jonk nie, Martie.” Verras kyk sy op na hom, dan sê sy saggies: “

“Ek het jou reeds gesê ek is byna agt en twintig. Ek dink nie dis so jonk nie.

“Dis te jonk.”

“Te jonk? Ek begryp nie.” Haar hart klop hard en vinnig. Hy draai sy kop en kyk af na haar, lank en peinsend, dan sê hy sag: “As jy so ‘n bietjie ouer was...kon ek jou gevra het.... om my vrou te word.” Dis of haar hart in haar omslaan, Verward kyk sy weg.

“En nou.... kan jy nie? “ fluister sy. “Nee. Dit sou nie regverdig of billik wees teenoor jou wees nie.”

“”Waarom nie?” Haar lippe voel styf en koud. “Omdat jy jonk en mooi en lif is; omdat daar seker iets beters in die wêreld vir jou wag as om met ‘n wewenaar te trou wat tien jaar ouer as jy is - wat alreeds liefgehad het. As ek nog alleen was, Martie - maar daar is my drie kinders....”

Stadig skuif die trein by ‘n stil, verlate stasietjie verby. ‘n Rukkie later is hulle stil; dan vra sy: “ Simon....dit was nie miskien ‘n huweliksaansoek wat ek so pas ontvang het nie, was dit?”

“Nee, Martie. Maar jy sal een ontvang sodra jy terug is in Pretoria. Die keer sonder enige waarskuwings vooraf.”

Die helder lied is ‘n teermooie roman soos net Tryna du Toit dit kan vertel.

 

koop 'n boek 4

koop 'n boek 4

Bo

 

TrynaduToit-kruidjie-roer-my-nie

Kruidjie-roer-my-nie - deur Tryna du Toit
1949 deur JL van Scaik uitgegee

 

 

TrynaduToit-herminasebedrog

Hoewel Hermina se bedrog nie ‘n omnibus is nie bevat die twee stories, naamlik

  • Hermina se bedrog (Het oorspronklik as Haar erfenis, verskyn)
  • Ou liefde (was vroeër as aparte boek uitgegee)

Wanneer twee jong meisies besluit om, sommer vir die grap, hul name en rolle te ruil by ‘n besoek aan mense wat hulle nie ken nie, kan komplikasies verwag word, veral as een van hulle die erfgename van ‘n ou familieplaas in die Bosveld is. Wat aanvanklik vir Hermina Basson en haar kamermaat Elaine slegs ‘n interessante speletjie was, word ‘n warboel waaruit alleen leed vir alle betrokkenes kon voortspruit.

Hulle kry te doen met die aantreklike, selfversekerde Jan Kriel, ‘n neef van Elaine wat sy nog nie vantevore ontmoet het nie en wat volgens een van die bepalings van haar eksentrieke oom se testament as voog oor haar aangestel is. Wat gaan van hul bedrogspeletjie word as hulle Jan Kriel se uitnodiging aanvaar om ‘n maand lank by hom en sy moeder op sy plaas te kom kuier? En is die belangstelling wat Jan Kriel in sy “niggie” toon eg of is dit bloot omdat hy haar beskou as die erfgenaame van sy buurplaas? Sal Hermina se bedrog haar ten slotte die liefde kos van die man wat sy leer liefkry het?

 

In Ou liefde, die tweede verhaal in hierdie boek, vertel Tryna du Toit van ‘n vrou se wanhopige stryd om haar huwelik, wat reeds op die rotse is, te red.

 

koop 'n boek 4

 

Lees ‘n kort biografie van Tryna du Toit....klik hier

 

TrynaduToit-kleingeluk  TrynaduToit-kleingeluk1981

Kleingeluk - geskryf deur Tryna du Toit

Kleingeluk is die verhaal van die stryd, smart en oorwinning van die liefde. Die agtergrond waarteen die verhaal hom afspeel, is die groen wingerdplante hange en gewelhuise van die Kaap. Kleingeluk is die naam van ‘n plaas wat met die ontwikkeling van die verhaal ‘n simboliese betekenis kry. Tryna du Toit is by uitstek die skryfster wat die hoop, lyding en uiteindelike loutering van die liefde tussen ‘n man en vrou in ‘n verhaal soos dié kan vaslê.

 

 TrynaduToit-liefdegedwarsboom

Liefde gedwarsboom - Tryna du Toit verhaal wat in 1950 uitgegee was

 

koop 'n boek 4

Bo

Tryna du Toit-rusteloos is die seile  TrynaduToit-rusteloos is die seile

Rusteloos is die seile - Tryna du Toit

Anton en Louise bekker was albei jonk, maar sou hulle die gevare wat hul huwelik bedreig het, kon afweer? Veral toe Max Bester, ‘n ou kêrel op wie Louise vroeër verlief was maar nou ‘n bekwame regiseur, op die toneel verskyn. Max dring aan dat Loise haar weer op toneelspel toelê, en dit is hier waar die eerste donker wolkie sy verskyning maak. Want die intriges van Justa de Kock, wat self nou Max verief is, verlig die situasie hoegenaamd nie.

Naas die aanpassings probleme van Louise en Anton, is daar ook haar ouers met hulle moeilikhede. Terwyl Louise se ouers magteloos toekyk, veg die jong egpaar teen hul eie swakhede om te keer dat hul huwelik totaal verbrokkel. Rusteloos is die seile is ‘n verhaal oor die botsings tussen man en vrou; tussen vader en moeder

 

Tryna du Toit-agter die berge

Agter die berge - Tryna du Toit

Wanneer Veronica Eybers na ‘n skeiding van vyf jaar haar vorige man, Emile de Klerk, op ‘n kunsuitstalling ontmoet, is dit die begin van ‘n omwenteling in haar daaglikse lewenspatroon. Nie net staan ou, vergete, hartseer herinneringe haar weer helder voor die gees en beleef sy ongekende emosies nie, maar haar begeerste om te skilder word weer wakker gemaak en haar jarelange kokon van afsydigheid afgeskud. Hierby is nie alleen Emile gemoeid nie, maar ook sy vriende Jacques en Ingrid du Pré, die skildery “Sestien” en fyne Leonie.

koop 'n boek 4

Bo

Bo

 

TrynaduToit-rooi malvas

Rooi Malvas- Tryna du Toit

Op die trou van een van die Van Velden-niggies sien Tina Louw weer vir Philip Serfontein, ‘n jeugvriend. Soos drie van haar niggies het Tina ook ‘n liefdesprobleem: ‘n week voor sy egskeiding finaal sou word, beland Hein Venter se vrou Lalie in ‘n ongeluk en kom as invalide huis toe. Hulle egskeiding, waarop Hein en Tina gewag het, word op die agtergrond geskuif as Lalie eers ‘n plastiese operasie moet ondergaan. Intussien sien Tina nag van tyd tot tyd vir Philip serfontein. Dan is daar ‘n selfmoordpoging, en krisis volg op krisis. Uiteindelik is dit ‘n pot met rooi malva’s wat op onverwagse wyse ‘n gelukkige wending aan ‘n probleemsituasie gee.

 

Op vlerke van die wind - Tryna du Toit

Emma Conradie word diep betrokke by ander mense se persoonlike lewens op haar vakansiereis na Europa. Sou enige een van die mense wat op Emma se tyd en aandag beslag gelê het : Phil de Klerk, ‘n joernalis; Jacques van Zyl, ‘n chirurg, Markus van Aswegen, sakeman rn nog baie ander ‘n blywende plek in haar lewe inneem? Selfs Emma sou nooit die antwoord op hierdie vraag kon vermoed nie!

koop 'n boek 4

Bo

 

TrynaduToit-Die vennootskap

Die vennootskap - Tryna du Toit
Uitgegee deur Bokmakierieboeke in 1971

Toe dr. Martin Burger, een van die knapste snykundiges in die hospitaal waar Marie Cronjé ondermatrone is, op ‘n dag vir haar vra om met hom te trou, is sy eers totaal uit die veld geslaan. Want to dusver het Martin Burger, ‘n wewenaar mat ‘n verlamde dogtertjie, slegs kille afsydigheid teenoor almal in die hospitaal getoon.

Ook sy huweliksaansoek was koel en het eintlik meer soos ‘n sakevoorstel as iets anders geklink : Marie met slegs aan die dogtertjie Ryke die liefdevolle versorging gee wat sy sy sedert haar moeder se dood ontbeer, e sy sal ‘n vaste toelae vir die eerste ses maande ontvang. Indien sy na ses maande voel dat sy nie kans sien om in alle opsigte sy vrou te word nie, sou dit haar vry staan om te gaan.

Marie aanvaar hierdie voorstel, presies waarom kan sy self nie sê nie. Maar sy bly steeds bewus van die wankelende basis waarop haar huwelik staan, veral toe Iris, Martin se skoonsuster uit sy eerste huwelik , op die toneel verskyn. Sy is klaarblyklik verlief op Martin en doen alles in haar vermoë om Marie in ‘n swak lig by haar man te stel - terwyl Marie tevergeefs probeer om Martin se ware gevoelens te peil.

‘n Liefdesverhaal met ‘n ongewone tema wat alle bewonderaars van Tryna du Toit se werk met gespanne aandag sal lees en geniet.

 

TrynaduToit-die bolander

Die Bolander - deur Tryna du Toit
Uitgegee deur Bokmakierieboeke

Toe Annie Celliers die eerste dag van ‘n nuwe skoolkwartaal die personeelkamer binnekom, is die nuwe skoolhoof, Johan de Kock, reeds daar. Hy staan met sy rug na haar. Maar toe hy omdraai, verbleek sy, want voor haar staan die man wat sy die alerminste wil sien!

En so begin die mees gebeurtenisvolle skoolkwartaal wat Saailaagte, ‘n klein dorpie in die hartjie van die Karoo, nog ooit beleef het - betekenisvol nie net vir die dorpie nie, maar ook ver Johan de Kock en Annie Cilliers

Van die begin af het sy niks van hom gehou nie, die selfversekerde jong Bolander mat die deurborende grys oë wat haar telkens so ongemaklik laat voel het. En hy, Johan de Kock, wat sou hy werklik van Annie CIlliers gedink het? Want waar hy haar ookal teëkom, het hy haar met doelbewuste onverskilligheid behandel.

Hierdie is die eerste boek in die Bolander-trilogie - ‘n liefdesverhaal wat geen bewonderaar van Tryna du Toit sal wil misloop nie.

 

TrynaduToit-wagn bietjie

Wag ‘n bietjie - geskryf deur Tryna du Toit

Die eenvoudig gegewe van hierdie uitsonderlike liefdesroman is ‘n gedwonge huwelik tussen ‘n beskaafde, ryk Karooboer en ‘n trotse arm dokterskind, wat haar lieflingsbroer in besit van ‘n pragtige erfplaas kan stel as sy ten gevolge van die testementêre beskikkings van ‘n ryk bloed-tante ses maande lank as die vrou van die Karooboer op die plaas wil woon.

Sy is ‘n stadsvlinder en haat die wisselvallige plaaslewe. Van jonsaf moes sy vir haar broer sorg en haat die gedwonge afhanklikheid van ‘n man. Maar geleidelik raak sy op Wag ’n bietjie onder die bekoring van die Karooplaas en verkrummel haar verset teen die boer wat haar opreg bemin.

Vol oorweldigende spanning is die verhaal van hierdie “rookoprissie” vol fyn humor, ryk aan waaragtige insig in die siel van ‘n warmvoelende man en ‘n weerspannende jong dogter, en oor alles glans die heerlike liefde vir die plaas, die natuur en die boerdery.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Tryna du Toit-wit magnolias

Die wit magnolia- geskryf deur Tryna du Toit

Fransie Lamont was bereid om van die Kaap met sy verfynde leefwyse afskeid te neem en die trekpad mat al sy gevare aan te durf want sy het geweet dat die aantreklike Danie Venter êrens anderkant die Grootrivier op haar wag. Maar die trek het lank geduur en het sy tol van die trekkers geëis - en sou Danie haar nog liefhê?

Fransie het gehoop, geglo en dan weer getwyfel. Intussen het sy geleer om staat te maak op die jong wewenaar Casper la Grange, wat almal om hopn se vertroue ingeboesem het. En saans het sy verlangend die droeë wit magnoliablommetjie in haar Bybel vertroetel, want dit het vir haar die simbool geword van die rustige tuiste wat sy vir haar en haar man in die nuwe vaderland sou skep.

Tryna du Toit vertel in hierdie historiese roman onderhoudend van die wel en weë wat die trekkers ondervind het en hoe die “opgepiepte” Fransie op die lang tog getoon het dat sy met dieselfde vasbeslotenheid besiel is waarvoor die meer geharde trekkervroue bekend was.

(lees ook Sarah du Pisanie se boeke en meer spesfiek “Fontein in die Dorsland” en “Ver reis na die liefde”)