http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die Van der Walt -speurreeks sluit onder andere die volgende boeke in:
Die onbekende faktor -geskryf deur Chrisot van der Merwe Ek is in ‘n motor langs ‘n verlate pad. Was ek in ‘n ongeluk gewees? Hy kan niks daarvan onthou nie.
Die reuk van rose - geskryf deur Peet Venter Krige en Visser kyk na die liggaam op die nat gras waarmee Fourie en Kotzé besig is. Dit is sonder kop. Die bloedige wond waar die kop afgesny is, steek by die kraag van die uniform uit.... “Dieselfde storie as die vorige twee.” Hy beduie na die plastieksak wa top die gras langs hom lê. “Daar’s die roos...” Hy val op die teëlvloer neer en voel met sy bruikbare hand aan sy skouer. Dik, klewerige bloed stroom tussen sy vingers deur. Hy kyk op. Haar gesig is daar ver bokant hom. Sy kyk met ‘n gryns wat haar wit tande ontbloot....
Nag van die narre- geskryf deur Peet Venter Thys knik. “Het die uitermatige geweld van die dad jou nie ook opgeval nie, Bissie?”
Bloedoffer vir Lilith - geskryf deur Hugo le Roux (skuilnaam van Gert Basson) Lilith lig die swaard en beweeg dit oor die een naakte liggaam en daarna oor die ander ... Met een vinnige beweging onthoof sy die hoenderhaan sodat die bloed in ‘n dik, rooi straal oor die liggame spuit.... Hugo skiet. Die koeël tref die man in sy linkeroog en tol hom in die rondte. Hy slaan agteroor en val deur die glasdeure van die vertoonkas sodat die ornamente in ‘n veelkleurige reën oor sy bebloede gesig stort....
Vrees is my skaduwee - geskryf deur Jaco van Rensburg ‘n Jong, aantreklike vrou en haar seuntjie word op ‘n reëndag deur ‘n ontsnapte gevangene ontvoer. Hy en drie van sy trawante hou die ma en kind op ‘n verlate plaas as gyselaar aan. Vasgevang tussen die desperate voortvlugtiges moet Joey skerm vir haar en haar seuntjie se veiligheid. Die optrede van dei twee mans in haar lewe sal egter bepaal of sy en haar kind weer lewendig uit hierdie nagmerrie gaan kom.
Dieper as die bloed- geskryf deur Peet Venter Net toe almal aanvaar dat sake na normaal gaan terugkeer met die arrestasie van die reeksmoordenaar , bars daar ‘n groter verskrikking los.
Afrikaanse geskiedenis boeke Speurverhale Liefdesverhale Kinderboeke skoolboeke Van der Walt uitgwewers het vele van die boeke uitgegee, wat nou by www.lizmar.co.za te koop is
|