http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Verby die wit brug (kortverhale oor die grens) -geskryf deur Johan Coetzee
Ken u ‘n soldaat wat by die grens was? Min van ons kan vandag sê ons staan nie in verhouding tot iemand wat diens by die grens gedoen het nie. Verby die wit brug is ‘n keur uit Johan Coetzee se bekende verhale oor ons manne by die grens. Hulle is almal hier: die kokke en transportryers; sersante en bevelvoerders, vlugtelinge uit Angola en ‘n Wambo-hoofman wat ‘n verskriklike keuse moet maak. Die verhale in Verby die wit brug loop ‘n natuurlike sirkel. Die bundel begin met ‘n gesprek met ‘n soldaat op die vooraand van sy vertrek grens toe, en eindig met ‘n reunie van ses manne wat daar was. En tussen elke verhaal deur maal die leser kennis met elke emosie, elke gewaarwording, elke vrees van die grensbewaker in boeiende verhaalvorm gevleg, want die skrywer was self daar. Met Verby die wit brug het die Afrikaanse taal en sy letterkunde sy eerste sinvolle, leesbare bydrae gekry oor ‘n onderwerp wat ons almal na aan die hart lê
Verby die wit brug- kortverhale oor die grens,uitgegee in 1978 en geskryf deur Johan Coetzee Inhoud:
Lees ook meer van grens-stories deur Bertrand Retief Bertrand Retief was draaiboekskrywer van Mirage Eskader en Ses Soldate
|