|
Vincent van der Westhuizen se lys van boeke sluit in :
- Beslissing onbekend - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen (klub 707)
- Blonde aalwyn, bitter bloed - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Bring vir my ‘n somer - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Dans van die Albatros - boek deur Vincent van der Westhuizen
- Die godin van Kranskuil - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Die goue meisie - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen (klub 707)
- Die goue traan - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Die Grafskender - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Die man met die wond - boek deur Vincent van der Westhuizen
- Die nag kom nader - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Die nagwind speel ‘n dodedans - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Die prys van ‘n liefde - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Die Rustelose - boek deur Vincent van der Westhuizen
- Die vrou met vlerke - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Dienares van die lewe - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Duiwelsbaai - boek deur Vincent van der Westhuizen
- Geliefde vreemdeling - boek deur Vincent van der Westhuizen
- Icarus - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Jy mag nie liefhê nie - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Klok van die Noodlot - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Koms van die poppemaker - spanningsroman deur Vincent van der Westhuizen (klub 707)
- Koninging Victoria - Die liefde en die troon - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Liefde vra ‘n offer - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- Losprys - Boek deur Vincent van der Westhuizen (klub 707)
- Mot teen marmer - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- My hart is ‘n Mandolien - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- ‘n Reënwolk trek verby - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Rooi lag van die lewe - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Soms moet mens vlug - boek deur Vincent van der Westhuizen
- Terug na Kristalkruin - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Vannag is ek Leoni - verhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Waar gisterwinde ritsel - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- Wag dan vir my - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Die prys van n liefde Boek deur Vincent van der Westhuizen
Hulle loop deur die groen, koel geur van die landjies onder die damwal. Langs die spruit wat skuins van die dam wegkabbel, kry hulle ‘n gladde, vierkantige rots. Daar gooi hy die reisdeken oop en hulle hou fees met heerlikhede waarvan hulle die smaak nie kan onthou nie want wanneer hul hande toevallig aan mekaar raak, brand dit met ‘n soet vuur… Hulle het mekaar lief — Kriekie Loubser en Mike van der Bijl, maar Kriekie se pa is maar net ‘n gewone man met ‘n gemiddelde inkomste en Mike se pa is ‘n miljoenêr. En Gayle van der Bijl is ‘n hooghartige vrou en sy reken Kriekie stel net in haar seun belang omdat hulle so ryk is. Sy wil hê Mike moet met Sylvia trou, want Sylvia is die dogter van vooraanstaande mense en sy het Mike al lankal lief... Maar Kriekie is ‘n eenvoudige, opregte meisie, al is haar pa nie ryk nie, en Mike het haar lief. En Kriekie het vir Mike lief en sy wens hy was liewers nie ‘n miljoenêr se seun nie…. Hierdie aangrypende liefdesverhaal bring die boodskap dat ‘n mens skatryk kan wees al het jy nie geld nie en dat die liefde die grootste rykdom op aarde is.

Icarus Boek deur Vincent van der Westhuizen
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lees ook naglopers

Blonde aalwyn, bitter bloed spanningsroman deur Vincent van der Westhuizen
Karel Theron, ’n joernalis en sy vroutjie Erina bring hulle wittebrood in die pragtige en rustige omgewing van die hotel Cliff deur. Hulle is slegs twee dae getroud en Erina swem in die suiwer water van die bergpoel onderkant die waterval, terwyl Karel digby met sy nuwe rewolwer oefen. Erina word noodlottig getref deur ’n koeël en Karel gee homself aan die polisie oor en verklaar dat hy sy vrou vermoor het.
Dit is egter spoedig vir Karel duidelik dat dinge nie deur die polisie sommerso as van selfsprekend aanvaar word nie en dat daar blykbaar meer agter Erina se skynbaar toevallige dood skuil.
Voordat Karel en Erina getroud is, het Erina vir Karel reeds oorgehaal om na hulle wittebrood op Klipkuil te gaan woon waar Erina se baas, Aaron Klein ’n diamantmyn besit en ook die eienaar van die plaaslike koerant, die Klipkuiler is. Erina se suster Helma en haar man Fred woon ook op Klipkuil en besit ’n aalwynkwekery. Karel, self ’n aalwynkenner wat graag nog ’n boek oor die onderwerp wil skryf, is opgenoem toe hy verneem van die bestaan van etlike rare aalwynsoorte in die rante om Klipkuil.
Na Erina se dood besluit Karel om tog maar die pos by die Klipkuiler te aanvaar. By die plaaslike polisiekantoor waar hy gereeld tydens die ondersoek na sy vrou se dood moet aanmeld, ontmoet hy die aantreklike luitenant Ruth Viljoen. Karel kan nie verstaan waarom die polisie skynbaar oor sy veiligheid bekommerd is nie – of, so lyk dit altans vir hom.
Karel besef spoedig dat sy verbly op Klipkuil nie sonder opwinding sal wees nie. Daar is gebeure wat hom aan die dink sit: Helma reageer byvoorbeeld glad nie soos iemand wat ’n suster aan die dood moes afgee nie! Fred wat geneig is om te veel te drink en dan onverantwoordelik praat oor die man wat die hele Klipkuil in sy mag het en die aalwynplantjies wat gereeld na Pretoria gestuur moet word. Daar is ook Ruth Viljoen wat tydig en ontydig opdaag waar Karel ronddwaal… asof sy oor hom wag hou! En haar waarskuwing dat hy liewer nie naby die kranse teen Vaalrant moet waag waar ’n soort Tarzan-man kampeer en aalwyne skilder. Hierdie reuse man – glo nogal ’n geleerde ou – by name Dave Wilcox beskou die omgewing van die kranse as sy eie heiligdom en niemand anders waag dit daar naby nie. Totdat Karel die omgewing van die kranse as sy eie heiligdom en niemand anders waag dit daar naby nie. Totdat Karel die omgewing op ’n dag bespied en sien hoedat Helma op hartstogtelike wyse deur die groot man ontvang word en sy grot binnegelei word.
Daar gebeur nog baie interessante en geheimsinnige dinge op Klipkuil en Karel sou nog later baie dankbaar wees dat luitenant Ruth Viljoen hom so goed “bewaak”.
Nog een van Vincent van der Westhuizen se spannende verhale!
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lees ook boeke deur Wilma Adamson

Dans van die Albatros! - boek deur Vincent van der Westhuizen
Lank gelede was hulle kinders op ’n klein plattelandse dorpie waar hul saam gedroom en saam grootgeword het. Van die begin af het Loret Swanepoel en Wouter de Klerk mekaar liefgehad, maar toe het die skeiding gekom. Dit het so ’n groot wig tussen hulle ingeslaan dat selfs hul liefde die verwydering nie kon oorbrug nie. Daardie eerste liefde wat so maklik deur die winde van die lewe soos dooie blare weggewaai word…
Loret het ’n blink ster in die wêreld van die ballet geword. Sy het die toppunt bereik – daar waar dit hoog en eensaam is. Glans en glorie was hare; nie net in haar eie land nie, maar ook oorsee. Toe was sy nie meer Loret van daardie klein dorpie nie; sy was Natasha Varsevina wat aan die wêreld behoort het.
Maar een of ander tyd verdof selfs die blinkste ster. En Wouter… Hy het baie jare die skewe paadjie geloop, maar toe meteens sy voete gevind. Eers het hy sommer net populêre liedjies gekomponeer, maar sy ster het stadig maar seker groter begin word. Hy en Loret se lewenspaaie het weer gekruis en hy wou haar van ondergang red, maar sy eie swakheid was toe nog ’n te swaar las om te dra.
En toe het Wouter in ’n oomblik van uitstyging sy groot werk gekomponeer – Dans van die Albatros! Hy het dit net vir Loret gekomponeer, maar…
Hierdie boek is ’n verhaal deur ’n bekende skrywer wat soms met die taal van ’n digter teken en vertel. Dit is ’n roman wat meer as die gewone aanbied.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Die vrou met vlerke Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
Van die wat nader aan hom beweeg het, was daar tussen Orpa en Vanessa ’n hemelsbreë verskil. Terwyl Orpa hier was, getroud met hom en baie lief vir hom, was hy gedurig oorbewus van Tanita se teenwoordigheid, en alles wat hier gebeur het, het met haar verband gehou. Weliswaar het hy haar nie hoor loop en gesien en hoor asemhaal soos Orpa in haar oorspanne toestand nie, maar Tanita was nogtans voortdurend by hulle, tussen hulle. Dalk selfs in hom, soos Orpa dit gestel het.
En met Vanessa nou die aand, was dit totaal anders. Ten spyte van die mooi vrou se enigmatiese optrede, was die atmosfeer rustig en ontspanne, en die naakte engel het geglimlag en haar arms na hulle uitgestrek. Vir Orpa was daardie arms dreigend, grypend. En nou ook, terwyl hy Vanessa vir geen oomblik kan vergeet nie, is Tanita geen hinderlike faktor nie. Nie asof sy verdwyn het nie, maar eerder asof sy met hulle is en wellewend met hulle verkeer. Asof sy teruggetree het en met toegeneë belangstelling die verloop van omstandighede beskou. Amper asof sy dit goedkeur dat hy aan Vanessa net so veel dink as aan haar. Asof Tanita en Vanessa hier sal klaarkom omdat hulle dalk een persoonlikheid kan vorm.
Die Vrou met Vlerke is die boeiende verhaal van ’n kunstenaar wie se lewe ingrypend beïnvloed word deur een vrou – ’n vrou van wie se teenwoordigheid hy nie kan ontsnap nie. Hy verewig haar in marmer – die vrou met vlerke en selfs dán is haar invloed nog feller as toe sy as vrou van vlees en bloed saam met hom gewoon het.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Koms van die poppemaker spanningsroman deur Vincent van der Westhuizen deel van die klub 707 reeks
“Wie is daar?”
Die woorde is vreesbevrore en sy sien haarself soos ’n versteende pop in die langwerpige spieël, ’n bleek gesluierde slavin met net die groot en bevreesde violetkleurige kristal-oë van haar gelaat sigbaar; lang, bruin hare oor haar skouers, ’n kort, oop silwerkleurige onderbaadjie aan haar bolyf, dun kettinkie om die maag, lang en ligblou, wasige deursigtige pofbroek en kaalvoete op die Persiese mat, boeie aan die polste.
“Wie is daar?” roep sy weer, heer en sonder stem en trek met bewende hand die blou stomsnoetrewolwer onder die sofa se kussing uit.
Weer rittel die deur van die gestamp en bars oop. Dit is ’n demoon wat op haar afstorm, ’n gruwelike geskubde kreatuur met geel oë en die beenbleekbek van ’n reptiel, in die keel ’n diaboliese geroggel, kloue na haar uitgestrek…
Dan onthou sy van die pop wat na haar toe aangekom het toe sy agt jaar oud was en die man met die huilerige oë…
Haar vrees vir groot poppe wat kan loop en hul, kom van daardie tyd af en dit dryf haar om die vuurwapen leeg te skiet op die bedreiging wat op haar afstorm. ’n Daad wat haar in die kollig gaan bring en die slagoffer gaan maak van psigopate en afwykendes en dreig om haar haar rede te laat verloor.
En toe ontmoet sy die Poppemaker – die vervaardiger van poppe wat baie meer kan doen as enige pop wat sy nog ooit ontmoet het… poppe wat haar kan agtervolg en bedreig, wat haar kan aanrand…
Wie programmeer hierdie amper menslike poppe om die gruweldade te verrig, wat verskrikking bring in Doreen se buurt?
Is dit die Poppemaker, wat vir Doreen die verpersoonliking was, van al wat goed is? Of het hierdie monsters so ontwikkel dat hulle nou ’n wil van hulle eie gekry het? Het hulle hul skepper begin beheer inplaas van hy hulle?
Vincent van der Westhuizen se Koms van die Poppemaker is ’n heerlike riller vir die met sterk senuwees. Tog is dit ’n spanningsverhaal wat jou ook laat besef wat wel in die toekoms kan gebeur.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lees ook boeke deur Schalkie van Wyk
Lees ook boeke deur Vera Wolmarans
Lees ook boeke deur Ilse Steyn

Boeke volgens jaar van uitgawe
- 1956 - Die Rustelose - boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1962 - Geliefde vreemdeling - boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1964 - ‘n Reënwolk trek verby - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1965 - Dienares van die lewe - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1965 - Duiwelsbaai - boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1970 - Dans van die Albatros - boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1972 - Jy mag nie liefhê nie - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1972 - My hart is ‘n Mandolien - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1972 - Soms moet mens vlug - boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1973 - Die nagwind speel ‘n dodedans - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1973 - Rooi lag van die lewe - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1974 - Klok van die Noodlot - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1974 - Mot teen marmer - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1974 - Waar gisterwinde ritsel - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1975 - Die prys van ‘n liefde - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1975 - Terug na Kristalkruin - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1978 - Die nag kom nader - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1978 - Losprys - Boek deur Vincent van der Westhuizen (klub 707)
- 1979 - Die vrou met vlerke - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1979 - Vannag is ek Leoni - verhaal deur Vincent van der Westhuizen
- 1979 - Die godin van Kranskuil - Liefdesverhaal deur Vincent van der Westhuizen
- 1980 - Blonde aalwyn, bitter bloed - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1980 - Die man met die wond - boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1980 - Icarus - Boek deur Vincent van der Westhuizen - boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1980 - Koms van die poppemaker - spanningsroman deur Vincent van der Westhuizen (klub 707)
- 1980 - Koninging Victoria - Die liefde en die troon - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1981 - Die goue traan - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1982 - Die Grafskender - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1982 - Wag dan vir my - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1983 - Bring vir my ‘n somer - Boek deur Vincent van der Westhuizen
- 1983 - Beslissing onbekend - Boek deur Vincent van der Westhuizen (klub 707)
- 1984 - Die goue meisie - Boek deur Vincent van der Westhuizen (klub 707)
- 1991 - Liefde vra ‘n offer - Boek deur Vincent van der Westhuizen
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
|