http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
W.O. Kühne ( 1924 - 1988) is veral bekend vir sy Huppelkind-reeks. PUBLIKASIES SLUIT IN:
Huppelkind-boekies / Huppelkindreeks
Wip-Huppel-Wip - deel van die huppelkind reeks
Die verhale word in versamelbundels opgeneem in 1976 (Vrolike Huppelkind), 1982 (Huppel en sy maats, herdruk in 1988), en in 1995 in 'n tweede hersiende uitgawe. Kühne was die eerste ontvanger van die C.P. Hoogenhout-toekenning vir Huppel verjaar. Dorothy Hill, sy vrou, het al die publikasies geïllustreer, behalwe die 1995-uitgawe met illustrasies van Alida Bothma. Hoera vir Klaas Jas! (1975), Piet-'n-Jan (1975), Die wonderbaarlike motor van Barnabas Bombas (1981), Pot, graaf en houtvurk (1983) en Pip in Otterland (moontlik 1983) en Eendag was daar 'n witborskraai: 'n fantasieverhaal (1985) is ook op die jonger kind toegespits. In 1960 publiseer Kühne sy eerste jeugboek, Kassie Krog in die knyp.
Huppel en sy maats, geskryf deur W.O. Kuhne met illustrasies deur Alida Bothma en nie (soos gewoontlik) deur sy vrou, Dorothy Hill, nie
In Goue fluit my storie is uit: verhale, verse en raaisels vir kinders (1988) waarvan Linda Rode die samesteller was, publiseer W.O. Kühne ook 'n hervertelling van die Icarus-verhaal onder die titel Die jong man wat te hoog wou vlieg. Daar is ook een van sy verhale, “Hoe’t ons ou Koos Crous se hawerland sommer in ‘n japtrap omgeploeë het”, is opgeneem in Vertellers- Die groot Afrikaanse verhaalboek.
Kühne het ook 'n aantal kleuterboeke vertaal of oorvertel, soos Die flukse kabouters van Keulen (1969), My prentepoetseboek (1976) met verse en manupileerbare prente, en vier boekies in die reeks Bybelstories vir die kleinspan, naamlik Die geboorte van Jesus, Moses in die mandjie, Dawid en Goliat en Die kindertyd van Jesus, almal uit 1982.
Wip-huppel wip - Huppelkind reeks kinderboeke geskryf deur W.O. Kuhne
|