|
W.A. de Klerk het boeke geskryf wat die volgende titles insluit:
- Agtien man en ‘n meisiekind, 1956 - deur W.A. de Klerk
- Die Belydenis van Nelia Bell - W A De klerk (Tieroog reeks)
- Die gesel van Namakwaland - deur W.A. de Klerk
- Die Grenslose - deur W.A. de Klerk
- Die skarlaken eskader (‘n vliegverhaal) - deur W.A. de Klerk
- Die skarlaken Eskadril - deur W.A. de Klerk
- Die soekende mens - deur W.A. de Klerk
- Die uur van verlange - deur W.A. de Klerk
- Die wolkemaker - deur W.A. de Klerk
- Drie swerwers in Suidwes - deur W.A. de Klerk
- Drie swerwers oor die Einders - deur W.A. de Klerk
- Drie vroue - deur W.A. de Klerk
- Klein reis deur Drakenstein - deur W.A. de Klerk
- O, heilige onrus (drie novelles) - deur W.A. de Klerk
- Poens - die penkopjare, - deur W.A. de Klerk
- Vallei van die rooi gode, 1945 - deur W.A. de Klerk

Die vallei van die rooi gode - W.A. de Klerk ‘n verhaal vir die wat nog hul verbeelding kan gebruik
Inhoud:
- Na die Verdonkering
- Na die Onoorwonne Berg
- Ongeluk en sy Gevolge
- Die Geheim van die Vallei
- Versteende gode
- Ek Vra Annelie iets te veel
- ‘n Gewigtige Besluit .
- Die vlieg in die Salf
- Vlamme op ,,Rool gode”
- Ons Agterdog Word Versterk
- Ek Word Speurder
- Annelie se Geskiedenis
- Die Geheim van Oom Andries
- Ek Word in ‘n Val Gelok
- ‘n Geveg in die Nag
lees ook ander wetenskapfiksie verhale

O, Heilige onrus - W.A. de klerk
Die boek bestaan uir 3 novelles. Die Drie novelles is:
- Die rivier
- Honger
- O, heilige onrus

Die gésel van Namakwaland - W.A. de Klerk
In die voorwoord skryf die skrywer: HIER is die verhaal van Jan en Wynand Maree en ,,hulle nooientjie” want, soos julie nog sal sien, hulle was tweelingbroers en Anneke kon nooit heeltemal besluit van wie sy die meeste gehou het nie. Dit wil sê, tot daardie vreeslike dag toe ...
Maar nee, ek gaan nie die verhaal hier vooruitioop nie. In hierdie ,vooraf’ wil ek liewers net sê dat die verhaal oor hierdie drie kinders van die veld gaan — oor hulle en hulle heldemoed. Dit is ook die verhaal van hulle makkers, van On Meester Kooy, van oom Maans en tant Mynie — al die mense wat daardie bewoë dae daar in die laertjie te Kub deurgebring het.
Les bes is dit ook die vertelling van een van die mees verbete en aangrypende veldtogte in ons hele volksverhaal — die stryd teen die groot Hottentotleier, Hendrik Witbooi: die Gésel van Namaland.
Daar in die perkelose Suide van Suidwes het hy aan die begin van hierdie eeu ‘n skrikbewind gevoer soos ons ou land nog maar min gesien het.
Dit is juis sonderling dat so min van ons mense in die Unie daarvan weet. Ja, ook vir my het dit as ‘n openbaring gekom toe ek die eerste maal daarmee kennis gemaak het. Saans voor die kaggel of bedags in die gawe wintersonnetjie het ek geluilter na al die vertellings. En toe ek eindelik weer terugkeer na die stad, het ek my voorgeneem dat ek eendag hierdie dinge aan julle moet verhaal.
Waar sal ons dan begin? Kom kyk nou eers bietjie na die kaart van Suidwes-Afrika. Hier lê dit nou voor ons — sommer ‘n tamaai stuk aarde...
Lees ook verhale van Suidwes en jagverhale deur dok Immelman
Lees ook verhale van Hendrik Witbooi deur Karl Kielblock
Lees ook verhale van Hendrik Witbooi deur Rein Pretorius

Die wolkemaker boek deur W.A. de Klerk
In ‘n kwaai storm stort ‘n passasiersvliegtuig in ‘n bykans onbereikbare kloof neer. ‘n Lid van ‘n soekgeselskap slaag daarin om die oorlewendes te bereik, maar word saam met hulle deur die elemente vasgekeer. As die kosvoorraad begin uitgeput raak en daar nog geen teken is dat die elemente begin bedaar nie, staar ‘n byna gewisse hongerdood die geselskap in die gesig.
Nou word elkeen op homself aangewys om die lewe te probeer behou. Hier is hulle afgesonder van die maatskappy daar buite, is die stutte waarop elkeen se bestaan gerus het, onder hom weggeruk. Hier onder die woedende elemente speel dramatiese tonele van menslikheid en dierlikheid, van moed en vertwyfeling, van krag en swakheid hulle af tot elkeen feitlik self oor sy lot beslis het.

Agtien man en ‘n meisiekind 1956 uitgegee boek geskryf deur W.A. de Klerk
“Broer, ja, dis nou glo ‘n skip wat op die rotse aan die kus van Kafferland geloop het. Nou wil die vertelling dat almal omgekom het buiten ‘n klompie vroue. Dié het dan op een of ander manier uitgekom en is deur die barbare gevange geneem.”
Só het kommandant Tjaart van der Walt die aand met Abraham Groeneveld se vader gesels. Die boere moes gaan ondersoek instel en Abraham het saamgegaan. Daar in Kafferland het hulle Monica gekry — die dogter van die geheimsinnige oom Adolf — wat later ‘n belangrike rol sou speel in die lewens van Abraham, van die Kommandant en sy seun, Boet.
AGTIEN MAN EN ‘N MEISIEKIND vertel hierdie verhaal — die verhaal van die mense wat die Suurveld help verdedig het, wat moes stry teen roofsugtige inboorlinge en ‘n belangelose regering. Hierdie mense se vuur, hul besieling, hul oortuiging in die reg van hul saak — en ook hul menslikheid, hul smart en liefde word uitgebeeld soos alleen W. A. de Klerk dit kan doen.
Lees ook Mikro se verhale oor die Tweede Vryheidsoorlog
Rooi ook die Rooi Jan reeks

Die soekende mens boek geskryf deur W.A. de Klerk
Twee verhale wat fokus op die lewe van ‘n Britse verpleegster, Tess en Jan Martin , ‘n dambouer, se persoonlike probleme
Boeke volgens jaar van uitgawe:
- 1945 - Die skarlaken Eskadril - deur W.A. de Klerk
- 1945 - Drie vroue - deur W.A. de Klerk
- 1945 - Vallei van die rooi gode, - deur W.A. de Klerk
- 1956 - Agtien man en ‘n meisiekind, - deur W.A. de Klerk
- 1963 - Die uur van verlange - deur W.A. de Klerk
- 1964 - Die Belydenis van Nelia Bell - W A De klerk (Tieroog reeks)
- Die gesel van Namakwaland - deur W.A. de Klerk
- Die Grenslose - deur W.A. de Klerk
- Die skarlaken eskader (‘n vliegverhaal) - deur W.A. de Klerk
- Die soekende mens - deur W.A. de Klerk
- 1949 - Die wolkemaker - deur W.A. de Klerk
- Drie swerwers in Suidwes - deur W.A. de Klerk
- Drie swerwers oor die Einders - deur W.A. de Klerk
- Klein reis deur Drakenstein - deur W.A. de Klerk
- O, heilige onrus (drie novelles) - deur W.A. de Klerk
- Poens - die penkopjare, - deur W.A. de Klerk
|