|
W.A. Hickey het verskeie boeke geskryf wat die volgende titels insluit:
- Been-af in die sirkus - Geskryf deur W.A. Hickey
- Bewakers van die Koningshuis - Geskryf deur W.A. Hickey
- Kruit en klinkerkole - Geskryf deur W.A. Hickey
- Malisel en die Tweeling - Geskryf deur W.A. Hickey
- Manela die Olifantbul - Geskryf deur W.A. Hickey
- Manela en die Stropers - Geskryf deur W.A. Hickey - opvolg op Manela die Olifantbul
- Twee vir n Stuiwer - Geskryf deur W.A. Hickey
- Vier diere - boek geskryf deur W.A. Hickey
- Waar koeëls nie gons nie - Geskryf deur W.A. Hickey

Been-af in die sirkus Geskryf deur W.A. Hickey Tweede druk was in 1975
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Malisel en die Tweeling Geskryf deur W.A. Hickey Sketse deur Dorothy Hill Kuhne (Die huppel-reeks)
Vir Boet, Fanie en Malisèl is die plaas ‘n plek met heerlike moontlikhede sonder einde. Sommer so sonder dat hulle dit weet, lei een lekker ding na iets anders wat lekkerder is, en dit is gewoonlik dan dat die moeilikheid begin. Want lekker verander maklik in kattekwaad, al is dit per ongeluk. En dan is Oupa by met die lat in sy hand. Malisèl en die Tweeling bied ‘n genotvolle ervaring van lewenslustige kinderdae en opregte menseverhoudinge.
Lees ook die vehaal van nog ‘n Tweeling - Sias en Mias-reeks deur Mikro
Lees ook Etienne van heerden se boek - Matoli

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Manela die Olifantbul Geskryf deur W.A. Hickey
Manela, die Olifantbul moes sterf! Wanneer ‘n dier ‘n mens aanval of dood moet hy gejag en uitgewis word.
Maar Daan Swart, ‘n jong bioloog in die Wildtuin, is oortuig dat Manela nie ‘n moordenaar is nie. As kind het Daan in die Wildtuin verdwaal — ‘n jong en maklike prooi vir roofdiere en ander gevare.
Maar toe ontmoet hy Manela, ‘n kruppel en eensame ou olifantbul. En Manela neem hom aan, beskerm hom en volg hom tot hy weer veilig in die kamp is! En nou moes Manela sterf!
As jong plaasseun het Daan sonder ‘n ma grootgeword. By ou Mphephu en die jong Mfishane het hy geleer om in die natuur te lewe en het die ou Mphephu en Mfishane hom alles van veldkuns geleer. Kennis wat later baie waardevol sou wees.
Dit was sy liefde vir diere wat Daan laat besluit het om in die Wildtuin te gaan werk. En Mfishane is saam as veldwagter.
Manela moes gered word.
Hierdie is ‘n pragverhaal wat skitterend ‘n besondere verhouding tussen mens en dier uitbeeld — ‘n bevestiging van die eerlikheid en ontvanklikheid van ‘n eensame alleenloper, Manela, die olifantbul.
Lees ook jagboeke deur dok Immelman
Lees ook jagboeke deur P.J. Schoeman - Fanie reeks
Lees ook Natuurboeke deur Pieter Pieterse
Lees ook boeke deur Sangiro
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Manela en die Stropers Geskryf deur W.A. Hickey
MANELA EN DIE STROPERS is ‘n vervolg op Manela die Olifantbul, die deernisvolle verhaal van die verhouding tussen ‘n jong seun, verdwaal in die Wildtuin, en ’n alleenloper-bul wat hom beskerm.
Later moes die seun as jongman en bioloog in die Wildtuin Manela se lewe red.
Daan en sy vriend Mfishane, beide nou veldwagters, moet nou ‘n stryd voer teen die gewetenlose stropers wat nie sal huiwer om ‘n veldwagter dood te skiet in hulle pogings om ivoor te bekom nie.
Maar die veldwagters is toegewyd en onverskrokke en plaas selfs hulle lewens op die spel om die weerlose diere te beskerm.
En dan ontvou ’n spanningsvolle drama. ‘n Dobbelspel met die dood. ‘n Stryd teen hartelose uitwissers van die mens se grootste erfenis — die natuur.
‘n Verhaal wat die jeug sal ontroer.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Twee vir ‘n Stuiwer Geskryf deur W.A. Hickey
W.A. Hickey, die skrywer en skepper van ’n hand vol onvergeetlike karaktertjies in hierdie werk. Wie sal hierna vir Kuif Kwaster kan vergeet, van hoe hy die onwillige Vya oorreed het om vyf eiers te lê? Wie sal nie sy kennismaking onthou met oom Skeel At, die voël met ’n dowwigheidjie in die een oog, nie? Onvergeetlik, ja, is die jeugmooie hartseerure en dankliedvrolike dae van die jong klomp, veral van Meks en Maja in hul verhouding tot die Mosster-tweeling (as gooi Pol Koester en ander uit die onderdorp soms ’n skaduweetjie daaroor).
Oor die ontstaan van hierdie werk skryf Hickey:
“Gedurende April 1961 – die geleentheid was die Gesinskongres in Pretoria – het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk en na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse.
“Die groepie is nogal verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis vir my so ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies…
“Onderwyl ek die bedrywighede van die mossies dopgehou het, het die plan om ’n verhaal oor hulle te skryf, gestalte gekry. Ek skryf graag oor diere. Hulle is getrou aan hulle aard, minder wispelturig as die mens en hul vriendskap hoef jy nie te koop nie. Ek gaan weer ’n diereverhaal skryf.”


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bewakers van die Koningshuis boek deur W.A. Hickey
‘n Groep hoërskoolleerlinge woon ‘n veldskool by op ’n plaas langs die Krugerwildtuin. Elkeen het ‘n projek om na te vors. Een groep se onderwerp is die van dié koningjagluiperd, ‘n diersoort wat nog altyd as ‘n uitsonderlike, seldsame spesie beskou is. Dit is egter redelik onlangs eers dat daar proefondervindelik vasgestel is dat die dier nie ‘n spesie op sigself is nie, maar ‘n mutasie. Hierdie feit verwerp die skrywer in ‘n baie interessante verhaal, Bewakers van die Koningshuis, wat ‘n draai in die Ooste gaan gooi en waarby omkopery en spioenasie nie uitgesluit is nie.
Die Ooste. Heelwat mistiek omgeef hierdie woord. Dit is ook hier waar koningjagluiperds tradisioneel gebruik is vir die bewaking van die koningshuise. En dit is ook hier waar die leser vir die eerste keer kennis maak met die twee hoofdierekarakters, Raja en Ooma en waar die titel, Bewakers van die Koningshuis gesetel is.
Daar is ook ‘n derde groep karakters betrokke in hierdie aksieverhaal. Die Britse ekspedisie onder leiding van sir Hamilton-Dewai is ook warm op die spoor van die koningjagluiperds. Hulle doen alles in hul vermoë om die diere in die hande te kry en by hulle is geld nie ‘n kwessie nie.
Hoe die skoolkinders, die koning jagluiperds en die Britse ekspedisie uiteindelik by mekaar uitkom is die element wat van Bewakers van die Koningshuis ‘n jeugverhaal maak wat die leser dwarsdeur die boek nuuskierig hou.
Inhoud:
- Bewakers van die koningshuis
- Die spioen
- Die luiperds ontsnap
- Gedwarsboom
- Op see Suid-Afrika toe
- Voorberedings vir veldskool
- In die Wildtuin
- Vlug vir ‘n leeu
- Ramp tref veldskool
- Twee waaghalse sny spoor
- Beloning
Lees ook jagboeke deur dok Immelman
Lees ook jagboeke deur P.J. Schoeman

Kruit en klinkerkole Geskryf deur W.A. Hickey
Op negentienjarige ouderdom word Erik genoodsaak om sy familieplaas te verlaat en ‘n ander heenkome te soek. Met slegs die klere wat hy aanhet, durf hy die vreemde aan.
As stoker by die spoorweë begin ‘n nuwe, opwindende lewe vir Erik. Sorgelose dae saam met Oom Agom op ou Taggentag… verlange na Anita, die jong onderwyseressie wat steeds op horn wag.
Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog bring ‘n plotselinge omwenteling in almal se lewens, niemand kan die invloed daarvan meer ontsnap nie. Vriendskappe spat uitmekaar. Wie is verraaier? Wie is vyand? “Moenie haat nie, Erik,” maan oom Agom telkemale. Maar is dit moontlik wanneer alles waarin jy glo, alles wat jy liefhet, uitgetart en bedreig word en ‘n interneringskamp skielik ‘n wrede werklikheid is?
Kruit en klinkerkole is meer as net ‘n spannende jeugverhaal. Op meesterlike wyse slaag Hickey ook daarin om ‘n grepie uit ons land se geskiedenis vir die leser te laat lééf.

Vier diere Geskryf deur W.A. Hickey
Inhoud:
- Karperde
- Kat-en-hond-lewe
- Ampie, die kwagga
- Vang hom, Wolf!
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Waar koeëls nie gons nie kinderboek geskryf deur W.A. Hickey Sketse deur Zakkie Eloff
Hierdie boek is, soos die skrywer in sy Voorwoord sê, in die eerste plek vir die jeug geskryf en daarop bereken om hul liefde vir diere te prikkel.
Dit is ‘n kragtige pleidooi vir die bewaring van Suid-Afrika se inheemse dierelewe, en die boodskap word meesleurend oorgedra, sonder om in droë prekerigheid te verval.
Die skrywer, wat met sy vorige werke reeds vir hom ‘n beduidende plek in die Suid-Afrikaanse letterkunde verwerf het, het deur die jare ‘n intieme kennis van die veldlewe opgedoen. Hy het sy onderwerp met ‘n suiwer oog betrag en met ‘n akkurate hand beskryf.
Die lyntekeninge deur Zakkie Eloff, eweneens ‘n gevestigde kenner en verbeelder van ons dierewêreld, is klein kunswerke wat die teks volmaak aanvul.


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

W.A. Hickey se boeke volgens jaar van uitgawe:
- 1960 - Malisel en die Tweeling - Geskryf deur W.A. Hickey
- 1966 - Twee vir ‘n Stuiwer - Geskryf deur W.A. Hickey
- 1969 - Vier diere - Geskryf deur W.A. Hickey
- 1973 - Waar koeels nie gons nie - Geskryf deur W.A. Hickey
- 1981 - Manela die Olifantbul - Geskryf deur W.A. Hickey
- 1981 - Manela en die Stropers - Geskryf deur W.A. Hickey
- 1982 - Bewakers van die Koningshuis
- 1985 - Kruit en klinkerkole - Geskryf deur W.A. Hickey
- Been-af in die sirkus - Geskryf deur W.A. Hickey
Boeke deur wW.A. Hickey in Engels sluit in:
- Manela and the poachers - 1986 by Hickey, W.A.
- Manela, the bull elephant: A story for the young at heart - 1976 by Hickey, W.A.



Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
|