|
Afrikaanse wetenskapfiksie of toekomsverhale is boeke wat nie aldag in die kollig is nie. Dit is tog lekker om te weet dat daar wel ‘n groot verskeidenheid van die wetenskapfiksie of toekomsverhale boeke in Afrikaans beskikbaar is. Hier volg ‘n lys wat die volgende titels insluit:
- 2010: Sending na Jupiter (1982)- toekomsfiksieverhaal geskryf deur Arthur C. Clarke
- Agon en die donker planeet (1993) - toekomsfiksieverhaal geskryf deur John Coetzee
- As die wit duiwe vlieg - toekomsfiksieverhaal geskryf deur Nanda Pauw
- As ons die maan mis ry (1993)- wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Amelia Kellerman
- Atlan : Prins van Atlantis - toekomsfiksieverhaal geskryf deur Jan Combrink
- Atlantis (1979) - ‘n Toekomsfantasie deur Helena Hugo
- Avontuur op Mars (1980) - toekomsfiksie boek geskryf deur Empie Maritz
- Beheerkamer onbeman (1971) - ‘n toekomsverhaal in Afrikaans deur Robert A. Heinlein
- Bestemming Mars - ‘n Toekomsfantasie deur Schoonraad
- Bestemming Xenos (1981) - ‘n Toekomsfantasie deur Helena Hugo
- Breinduiwels uit die Ooste (1961) - ‘n Toekomsfantasie deur Jef van Staden
- Dag van die Sterrewind (1980) ‘n Toekomsfantasie deur Douglas Hill
- Die aarde in naby (1972) - ‘n Toekomsfantasie deur Ludek Pesek
- Die bruin planeet (19--) - ‘n Afrikaanse wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Kobus Smit
- Die Doemprofeet - ‘n Toekomsfantasie deur Lien Roux-De Jager (opvolg op Monsterduiwe)
- Die geheimsinnige vlieënde piering (1960) - toekomsfiksieverhaal deur M. Steyn van Rooyen
- Die groen planeet (1961) - toekomsfiksieverhaal deur Jan Rabie
- Die hart van Zeebak (2004) - toekomsfiksieverhaal deur Martie Preller
- Die hemelblom (1971) - toekomsfiksieverhaal deur Jan Rabie
- Die jagter - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Douglas Hill
- Die legioensoldaat (1982) - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Douglas Hill
- Die man van Venus - ‘n Afrikaanse wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Jeff van Staden
- Die Marsmanne gryp in - ‘n Afrikaanse wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Jeff van Staden
- Die onsterflikes (1991) - ‘n Afrikaanse wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Jeanette Ferreira
- Die Oorlewendes (1984) - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Johan Bredell
- Die Planeet van die Ape (1971) - toekomsfiksie boek geskryf deur Pierre Boulle
- Die Ruimteskip Celeste (1982) - toekomsfiksie boek geskryf deur Johann Brendell
- Die skat van die groen see - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Wille Martin
- Die valley van die rooi gode (1945)- wetenskapfiksieverhaal geskryf deur W.A. De Klerk
- Die vyf-millimeter-avontuur - toekomsfiksie boek geskryf deur de Waal Venter
- Die wit planeet (1984) - wetenskapfiksie boek geskryf deur Carol Main
- Die wolkemaker - wetenskapfiksie boek geskryf deur W.A. de Klerk
- Dood in die ruimte (1966) - wetenskapfiksie boek geskryf deur Jeff Sutton
- Dwergplaneet - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Pieter Steen
- Floris Sapiens (1985) - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Chris Karsten
- Fritz Deelman en die skepe van Mars - toekomsfiksieverhaal deur Leon Rousseau
- Galapagos (1980) - ‘n Toekomsfantasie deur Helena Hugo
- Die Gedoente op Planeet Boris (1996) - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur John Coetzee
- Gevange op die Metaalplaneet (1969) - toekomsfiksieverhaal deur Eben de Jager
- In die Klein Woud (1995) - wetenskapfiksie boek geskryf deur De Waal Venter
- In die tyd van Esob (1996) - wetenskapfiksie boek geskryf deur Martie Preller
- Jasper en die ruimtemanne (1960) toekomsfantasie verhaal deur C.F. Beyers-Boshoff
- Kaptein Kristin - Narcissus - toekomsfiksieverhaal deur Wille Martin
- Kaptein Kristin - Planeet 3 - toekomsfiksieverhaal deur Wille Martin
- Kaptein Kristin - Atlantis - toekomsfiksieverhaal deur Wille Martin
- Kobus in Meerminland - Fantasiverhale vir kleuters met Illustrasies deur Joy Collier deur Johann Bekker
- Kokende go - Fantasiefiksie deur Casper Schmidt
- Krygers van die Woesteny - wetenskapfiksie boek geskryf Douglas Hill
- Krygsheer van die Melkweg (1984) - wetenskapfiksie boek geskryf Douglas Hill
- Lang henning en die toekomsmense - deel van die Karoo avonture reeks
- Liefde in die ruimte - toekomsfiksie boek geskryf Ilse Steyn
- Loeloeraai - toekomsfiksieverhaal deur C.J. Langenhoven
- Leon Hugo: Ruimteloods (1981) - toekomsfiksieverhaal deur Johan Kock
- Leon Hugo: Ruimtevegter (1982) - toekomsfiksieverhaal deur Johan Kock
- Marsmanne op Petrusdorp (1966) Toekomsfantasie verhaal deur Topsy Smith
- Megan se ster (1989)- wetenskapfiksie boek geskryf deur Allan Baillie
- Melkwegryke (2005) - toekomsfiksieverhaal deur Nicolaas van der Wath
- Mieg se kort en lang middag - toekomsfiksieverhaal deur De Waal Venter
- Monsterduiwe (2001) - toekomsfiksieverhaal deur Lien Roux-De Jager
- ‘n Reis na die Oertyd (1963) - wetenskapfiksie boek geskryf J.C. Froelich
- Nag van die komeet - toekomsfiksie boek geskryf deur Allen Sharp (Snuffelstories)
- Nag van die Tyd (1971) - toekomsfiksie deur René Barjavel
- Nova: Die begin (2010) - toekomsfiksieverhaal deur Fanie Viljoen,
- Onheil in die ruimte - wetenskapfiksie boek geskryf Cobus van Wyk
- Ontmoeting op ‘n rooi planeet - toekomsfiksie boek geskryf deur Allen Sharp (Snuffelstories)
- Ouma Hester en die Intergalactic V-919 supercomet - toekomsfiksie boek geskryf deur Janie Oosthuysen
- Planeet Malustra (1981) - toekomsfiksie boek geskryf deur Juan Sadie
- Planeet van die Krygsheer (1981) toekomsfiksie boek geskryf deur Douglas Hill
- Prinses in die ruimte - wetenskapfiksie boek geskryf Ilse Steyn
- Reisigers deur die ruim - toekomsfiksieverhaal geskryf Arthur Bleksley
- Rowers van die Ruimte-eeu (1964) - toekomsfiksieverhaal geskryf deur André van der Merwe
- Ruimteskip Celeste (1982) - toekomsfiksieverhaal geskryf deur Johann Bredell
- Saad van Onheil - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur G.J. Combrink
- Sending Kosmos (1980) - ‘n Toekomsfantasie deur I.D. Lamprecht
- Sending na planeet 55-7: Die Artaarse koffiekrisis- geskryf deur Yvonne Botha
- Sending Reijger (1980) - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Rocco van Schalkwyk
- Seuns van die wolke (1931) - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur August van Oordt
- Sias se ruimtetuig - Geskryf deur Mikro (deel van die Sias en Mias-reeks)
- Sias se spoetnuik - Geskryf deur Mikro (sien Sias se ruimtetuig)
- Slagvleuel oor Veynaa (1980) - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Douglas Hill
- Slawe van die Marsmanne (1964) wetenskapfiksieverhaal geskryf deur André van der Merwe
- Stad aan die einde van die wêreld (2007) - ‘n Toekomsfantasie deur Francois Bloemhof
- Swaartekrag een komma een (1994) - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur de Waal Venter
- Swart ster oor die Karoo (1957), - toekomsfiksieverhaal deur Jan Rabie
- Terra piering 1(1979) - toekomsfiksieverhaal deur Juan Sadie
- Toringhoog en myle breed - toekomsfiksie boek geskryf deur Tonke Dragt
- Vreemdeling - Vesting - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Douglas Hill
- Vrees in die vierde dimensie (1994) - toekomsfiksie boek geskryf deur Allen Sharp (Snuffelstories)
- Vyffff - toekomsfiksie boek geskryf deur de Waal Venter
- Uit ‘n ander wêreld - wetenskapfiksieverhale deur P.C. Haarhoff
- Woestynvuur - toekomsfiksie boek geskryf deur Lien Roux-De Jager
- Wotan SQ7 - wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Pieter Steen (1989)

Sending na planeet 55-7: Die Artaarse koffiekrisis geskryf deur Yvonne Botha Eerste uitgawe, 1996
Toe die studente op Fraich opdragte vir hul eerste volwaardige sendings ontvang, is Xack een van die gelukkiges wat asteroides moet gaan kraak. Xenia moet ‘n bewoner van die nuutontdekte planeet 55-7 gaan haal vir navorsingsdoeleindes.
Dinge verloop egter nie heeltemal volgens plan nie. Xack kraak sy eerste asteroide suksesvol, maar bots net daarna teen ‘n towenaar en beland op een van Delta Sefkot se gevreesde vullisplanete. Xenia kry wel haar 55-7-bewoner in die Ysvoël, maar kort voor lank bevind hulle hulle op dieselfde planeet. Die Delta Sefkoters neem hulle gevange en die twee studente vrees vir die ergste. Maar die ergste ontdek hulle eers later: ‘n magsugtige towenaar Listoor het ‘n bose plan om die heelal onherroeplik te verander.
Met net enkele ure oor om die heelal te red, moet hulle eers uitvind hóé...

Avontuur op Mars Geskryf deur Empie Maritz eerste uitgawe, 1980 - Daan Retief uitgewers

Nag van die komeet ‘n Afrikaanse toekomsverhaal geskryf deur Allen Sharp Deel van die Snuffelstories reeks Oorspronklik uitgegee as “Night of the comet” eerste uitgawe 1995 ‘n Afrikaanse toekomsverhaal vertaal deur Ettie Williams
‘n Snuffelstorie is ‘n storie met ‘n verskil, want jy, die leser kies self wat volgende moet gebeur.
Jy is met vakansie op ‘n klein eilandjie aan die kus van Skotland toe Loebertjef se Komeet, wat slegs een maal elke duisend jaar van die aarde af sigbaar is, verskyn. Aangesien sy wentelbaan baie naby aan die aarde is, word ‘n Amerikaanse ruimteprogram geloods om roeigasse van die komeetstert te tap. Maar iets loop verkeerd en die ruimtetuig bots teen die komeet, sodat dit van koers gedryf word. ‘n Hele aantal vreemde en vreesaanjaende dinge begin gebeur en die vrees bestaan dat dit die einde van die aarde kan beteken. Boonop word die eiland waarop jy jou bevind, ingeneem deur reusagtige vleisetende seemonsters...
Sien jy kans om die seemonsters aan te durf - en te oorleef?

Sias se ruimtetuig ‘n Afrikaanse toekomsverhaal geskryf deur Mikro (deel van die Sias en Mias-reeks)
Sias hou hom deesdae met gewigtige sake besig. Hy het sy planne reeds mooi agtermekaar om die taal van die diere te bemeester. Dit is nou projek nommer een. En wanneer hy dit eers baasgeraak het, sal hy hom slaggereed maak vir die gevaarlike ontdekkingsreis na die maan in sy nuwe ruimtetuig, Colombia. Dit is nou operasie nommer twee.
Volgens Koos Geyer is dit sommer kinderspeietjies om die taal van die diere aan te leer. Al wat Sias moet doen, is om een nag alleen op Boesmansberg deur te bring ...nou ja, nie stokalleen nie, want hy sal die steekbaard Napoleon saam met hom neem.
As Koos tog maar vooruit kon sien in watter yslike penarie die argelose woorde hom sou laat beland. ‘n Onskuldige avontuur ontaard in ‘n nag van angs en verskrikking en ‘n botsing met die gereg.
Die stof het nog skaars na hierdie opskudding gaan lê,toe breek Sias se groot dag aan.
By Pienaarsrivier, wat in volle vloed afkom, sal ‘n Suid-Afrikaner binne enkele oomblikke na die maan vertrek. Sover het alles seepglad verloop. Napoleon en die ruimtereisiger sit reeds in Colombia, maar dan begin dinge skeef te loop, die onverwagte gebeur en onse maat verkeer in doodsgevaar.

Die wit planeet Geskryf deur Carol Main uitgegee 1984 aanvanklik uitgegee as The white planet ‘n Afrikaanse toekomsverhaal vertaal deur David Bishop
“Die duiwel haal julie as ek julie ooit naby my werkpiaas agter daardie duine sien. Julle bly daar weg. Verstaan?”
Min het doktor Hansman geweet dat sy waarskuwing juis vir Gawie en Paul as aansporing sou dien om ondersoek in te stel.
Die twee seuns se nuuskierigheid lei tot ‘n ongeiooflike ontdekking: ‘n ruimteskip! En dit in die middel van die Kalahari.
Het hul nuuskierigheid maar daar opgehou...
Dit was egter vir Gawie nie genoeg om net die onderste kamer van die tuig te verken nie. Hy moés, ondanks sy vrees, ook vasstel wat in die beheerkamer aangaan. Die onaardse gerammel, wat eers soos donderweer en toe soos ‘n skuurgeluid van metaal op metaai klink — en Paul se pleidooi dat hulle, moet wegkom — kon Gawie nie beweeg om gouer te maak nie. Byna met rampspoedige gevolge.
So begin ‘n avontuur in Die Wit Planeet wat die kinders in hul wildste drome nie kon voorsien nie.
 Twee Afrikaanse toekomsverhale deur Ilse Steyn
Kliek hier om meer te lees van Prinses in die ruimte Kliek hier om meer te lees van Liefde in die ruimte

Krygers van die Woesteny Geskryf deur Douglas hill uitgegee 1990 aanvanklik uitgegee as Warriors of the Wasteland ‘n Afrikaanse toekomsverhaal vertaal deur Jan Schaafsma
In Die jagter het ons kennis gemaak met Finn Ferrall, die jong man met die merkwaardige wildernisvaardighede. Toe sy pa en suster deur die Slawehalers, vreemde wesens van ‘n ander planeet, ontvoer word, begin hy ‘n soektog om weer met hulle verenig te word, en slaag hy daarin om sy pa van hul greep te bevry.
In hierdie boek word sy avonture voortgesit. Hy en sy vriend, ‘n Bloedgebroed met die naam Beir, bevind hulle in die hande van die fanatiese Mense van die Kloof, en daarña in die onherbergsame Woesteny. Hier kry hulle boonop te doen met ‘n uiters gevaarlike teenstander in diens van die Slawehalers, met die naam Die Klou.
Gelukkig hoef hulle nie alle gevare alleen te trotseer nie, want daar is ander mense wat in die Woesteny hul tuiste gemaak het — trotse krygers wat nie skroom om die Slawehalers aan te val as hulle dit waag om die Woesteny te probeer oorsteek nie.
Krygers van die Woesteny is ‘n wetenskapfiksieverhaal vol spanning en aksie. Lesers wat bekend is met die eerste boek in die reeks sal die een ook verslind, en vir die wat nog nie met Finn Ferrall kennis gemaak het nie, wag daar ‘n aangename verrassing.

Onheil in die Ruimte Toekomsfiksie verhaal geskryf deur Cobus van Wyk Eerste uitgawe, 1983, Daan Retief uitgewers
‘n Verhaal van Roland en Kas en hul ontvoering en ondervindinge op planeet Minerva en Kroton



Seuns van die wolke wetenskapfiksie boek geskryf deur August van Oordt Kersdag, Pinelands in Kaapstad 1931

Terra Piering 1 wetenskapfiksie boek geskryf deur Juan Sadie Eerste uitgawe, 1979 - Daan Retief uitgewers

Toringhoog en myle breed Toekomsverhaal deur Tonke Dragt 1978 uitgawe Vertaal vanuit Nederlands deur Retha Scholtz
‘n Toekomsverhaal Edu Jansen, planeetondersoeker, kom vir die tweede maal op Venus, ook genaamd Afroi. Afroi, die wilde, die nog onbekende, waar vlammende woude dreigend en misterieus gloei, toringhoog en myle breed. Afroi, waar die Aardmense in ‘n mensgemaakte koepel skuil, omring van elke moontlike tegniese apparaat, bedien deur robots, onderhewig aan strenge voorskrifte selfs wanneer die dapperstes onder die dapperes die klein kring om die Koepel verken. Daar word geen sprietjie van die vreemde plante in die Koepel en sy omgewing toegelaat nie, want op Afroi kan die mense van die Aarde niks vertrou nie. Selfs die lug straal ‘n onheilsinvloed uit.
En as die heimwee die Aardmense oorval, gaan hulle na die Heimweekamer en kyk na skilderye van Aardse stede. Almal dieselfde, hierdie enorme stede, maar tog tuis vir niemand, ‘n plek waar hy begin het.
Op Aarde is daar lank nie meer velde en gras en bome nie, maar in ou, ou boeke word daar nog vertel van woude en blomme en grond waar ‘n man rus kan vind en vrede vir sy siel. Edu het van die ou boeke gelees. Vir Edu, die dromer, die ewige reisiger wat brand om te verken en te verstaan, is die Woude van Afroi nie net skrikwekkend, gevaarlik en verbode nie . . die Woude trek hom onweerstaanbaar aan. Hy word gelok, geroep, gedwing om die gloeiende Woude in te gaan. En hy gaan, alleen.
Wat sou hy buite vind? Monsterplante, hemelsblou diere, visse met slurpe. . . en groen mannetjies? En sy soeke verdiep na binne, en in homself vind hy vreeswekkende vermoëns, ongekende dieptes ... en die liefde. Maar sou hy gek word, soos ‘n paar van sy voorgangers, of sou hy bestand wees teen die Onbekende Faktor?
Tonke Dragt het hier met Toringhoog en myle breed ‘n boelende, fyn beplande en oortuigende verhaal waarin die mens in die verre vreemde toekoms verplaas word — en steeds mens bly.

Fritz Deelman en die skepe van Mars toekomsfiksieverhaal deur Leon Rousseau
Kliek hier om meer te lees



Vyffff ‘n Ruimtefantasie in Afrikaans en geskryf deur de Waal Venter Eerste uitgawe, 1988
Waldemar die Beskeie is ‘n sofont met die amp van Spesiale Agent. Hy is lid van die hemo sapiens-ras, het ‘n baie hoë graad van siob’horr, is manlik en beskik oor besondere intelligensie en indrukwekkende vermoëns. Dit is sy taak om Lox, die Voorsitter van Sdon en waarskynlike opvolger van die Keiser, op te spoor. Lox is ontvoer, vermoedelik deur die gehate Kliënte, wat tog so belangrik is vir geordende handel in die Keiserryk.
Waldemar word bygestaan deur Fiff, ‘n Olfaktiaan, wat met geure kommunikeer en soos ‘n dubbelbedmatras lyk; die skone Penni, jongdame Van-die-eilande en ook ‘n Spesiale Agent; graaf André Slink, ‘n baie gesofistikeerde losbol wat in der waarheid ‘n Spesiale Spesiale Agent is; asook die se vriend, die reusagtige Barbar met sy wilde bos geel hare en harde lag. Hierdie gedugte span word later nog meer gedug toe die klein, donker Okei Mpanza hom by hulle aansluit.
Die soektog neem hulle van een uithoek van die Melkwegstelsel na die ander. Op elke nuwe planeet kry hulle met ander sofonte te doen — elkeen met sy eie eienaardighede. Maar oral is daar Kliënt-robotte om die saak vir die vyf te bemoeilik.
Hierdie heerlike ruimtefantasie is nie net met onverwagte kinkels en kabels, humor en spanning gepak nie, maar ook met Iiefde en geweld. Selfs ‘n Spesiale Agent van die kaliber van kaptein Waldemar sal sukkel em tienerlesers te red van die Vyffff-pIesier- firma as De Waal Venter hulle eers in sy greep het.

Sending Kosmos ‘n Ruimtefantasie in Afrikaans en geskryf deur I.D. Lamprecht Eerste uitgawe, 1980, Daan Retief uitgewers

Ontmoeting op ‘n rooi planeet ‘n Afrikaanse toekomsverhaal geskryf deur Allen Sharp Deel van die Snuffelstories reeks Oorspronklik uitgegee as “The second conquest” Eerste uitgawe 1991
‘n Snuffelstorie is ‘n storie met ‘n verskil, want jy, die leser kies self wat volgende moet gebeur.
Dit is die jaar 2066 n.C. ‘n Kernoorlog het op die aarde uitgebreek. Jy en jou kollegas vlug in ‘n reuse-ruimteskip na die veiligheid van die buitenste ruimte. Maar is dit werklik veilig? Die lede van die ruimtespan sterf een na die ander tot jy later alleen op die skip is saam met ‘n geheimsinnige ingenieur van wie die skip se pratende rekenaar niks weet nie. Dan beland jy op ‘n eienaardige planeet aan die ander kant van ‘n swart gat.
Jy moet veg vir ‘n tweede kans - ‘n tweede kans vir jou en vir die aarde...



Nag van die Tyd Toekomsfantasieverhaal deur René Barjavel Uit Frans vertaal in Afrikaans deur Rina Scheiflinger
Nag van die Tyd is een van die mees - verbeeldingryke romans van die afgelope dekade. In Frankryk was dit ‘n onmiddellike treffer. Dit is bekroon met die Prix des Libraires — die Franse biblioteekprys — een van die mees gesogte toekennings in die land.
Die nuus ontplof soos ‘n bom in die wêreld, Skreeuende koerantopskrifte: Die Geheim van die Pool, ‘n Stad Onder Die Ys, UNESCO Gaan Die Suidpool Ondersoek.
Die aanloop tot hierdie dramatiese nuus is ‘n Suidpool-ekspedisie - ‘n ekspedisie wat sekere wetenskaplike navorsing wou gaan doen. Daar vang hulle ‘n geheimsinnige sein op, ‘n sein wat ‘n duisend meter onder die ys vandaan kom, wat vermoedelik 900 000 jaar oud is. Oombliklike opgewondenheid. Spesiale apparate en voorrade word aangevra. ‘n Skag word gesink. ‘n Dorp ontstaan. Dit word ‘n internasionale poging om n Iewensbelangrike geheim te ontrafel. Wat gaan die wêreld se beste tegnici en wetenskaplikes ontdek as hulle deur die yslaag gedring het?
Hulle Iê ‘n fantastiese wêreld bloot, oorblyfsels van ‘n hoogs ontwikkelde verlore beskawing en twee mense wat in ‘n spesiale omhulsel teen ‘n baie lae temperatuur lewe.
Dit word ‘n moderne avontuur, tegelyk opwindend en tragies, van twee minnaars aan die einde van ‘n ou, nuwe wêreld.
Nag van die Tyd verbeeId dramaties ‘n krisispunt in die wêreldgeskiedenis. Die geheim van die ys veroorsaak verskerpte spioenasiebedrywighede deur die groot moondhede. Die Amerikaanse en Russiese vlote snel na die Pool toe. Die uiteinde van die wêreld hang af van die lot van Elea en Palkan wat tot aan die einde in die weegskaal is.

Die groen planeet ‘n Wetenskapfiksieverhaal deur Jan Rabie eerste uitgawe, 1961
Die lede van die Grootraad van die aarde se eerste wêreldregering besluit op ‘n meesterplan om die mens se oorlewingsmoontlikhede te toets as hy op ‘n ander planeet wil aanpas en voortbestaan. Operasie Feniks is die stigting van die eerste kolonie op die planeet Mars.
Die materiaal verwerk in hierdie boek is nie louter fantasie nie, maar is gebaseer op bestaande wetenskaplike kennis oor Mars en oor die ruimtevaart. Jan Rabie weet waarvan hy praat, al moet hy soms voortbou waar die wetenskap nog slegs kan raai. Tog is dit meer as genoeg om die vreemdheid van die buurplaneet aan ons te openbaar, en om die byna bomenslike probleme wat wag op die groepie pioniers in hul ruimtepakke te voorspel. En ook om ens reeds te Iaat vermoed dat onaardse avonture wag op diegene wat die rooi stofwoestyne van Mars gaan betree.
Die groen planeet speel hom byna geheel en al af op die rooi planeet, maar is tog ‘n verhaal van ons eie aarde. want as Homo Sapiens uittrek tussen die sterre, moet hy byvoorbaat besef dat hy ‘n prys daarvoor sal moet betaal

Planeet Malustra ‘n Wetenskapfiksieverhaal deur Juan Sadie eerste uitgawe, 1981 Daan Retief uitgewers

Jasper en die ruimtemanne ‘n Wetenskapfiksieverhaal deur C.F. Beyers-boshoff Boek nommer 5 in die Jasper-reeks Eerste druk, 1960
Kliek hier om meer te lees oor die inhoud van die boek

Marsmanne op Petrusdorp ‘n Wetenskapfiksieverhaal deur Topsy Smith deel van die Jantjie-reeks kinderboeke Eerste druk, 1966
Kliek hier om meer te lees oor die inhoud van die boek



Die skat van die groen see ‘n Wetenskapfiksieverhaal deur Wille Martin
Kliek hier om meer te lees oor die inhoud van die boek

Atlantis ‘n Toekomsfantasie deur Helena Hugo
Die Du Toits gaan elke Juliernaand Suidkus toe. Die keèr is dit anders as gewoonlik, want die jong klomp vertrek ‘n week vroeër. Alleen.
Frans. Johan. Flip en Ilse neem die kans waar om hul duikapparaat in te pak sodat hulle die diepsee in vrede kan verken.
Wat hulle op Klipbaai ervaar, oortref hul stoutste verwagtings. Wie is die vreemde paddamanne en waarorn vlug hulle die water in? Wat soek ‘n moderne kontrolekamer in die wrak van die Katriena? En waarheen het die vissersbote, die Sunflower en die Seagull verdwyn? Kan dit waar wees dat ‘n reuse inkvis hulle ingetrek het? Daar is iets vreernds in die see by Kllpbaai.
Maar wat? ATLANTIS is ‘n boek wat jy nie sal neersit.. voor jy die antwoord gekry het nie.

Bestemming Xenos ‘n Toekomsfantasie deur Helena Hugo
Annelida van Atlantis was die ongelukkigste meisie op aarde - tot sy Doran van die planeet Xenos ontmoet. Om saam met hom en sy robot, Alexander-7 die ruimte in te vaar, sou wonderlik wees.
Maar die ruimte is onbekend, onmeetlik groot en vol verrassings - alte dikwels onaangenaam en angswekkend. Gou bevind hulle hulle midde in ‘n oorlog teen die ruimterowers. Sy, Doran en die robotte word gevange geneem. Hulle beland op die planeet van die Bondels - miermense wat geen genade ken nie - in ‘n ondergrondse stad omring deur ‘n dorre woestyn. Sal hulle ooit en dit sonder ‘n ruimteskip by Xenos uitkom?
Lees ook ATLANTIS en GALAPAGOS. Dit is hier waar Annelida se opwindende lewensverhaal begin.

Galapagos ‘n Toekomsfantasie deur Helena Hugo Hierdie verhaal is oor die Jongspan-ateljee van die S.A.U.K. uitgesaai.
Flip, Ilse en Annelida van Atlantis-faam beleef nog ‘n hoendervleisavontuur.
Hulle kuier op hul oom se Karooplaas en gou ontdek hulle dat die rustigheid en stilte van die veld net oëverbllndery is. Jakkalsfontein word maande al deur ‘n plaag vreemde skilpaaie geteister.
Die werkmense het almal dorp toe gevlug en dit gaan hotagter, want dit is droogte en die plaaswerk staan nie stil nie. Om die kroon te span, het hulle ook nog sonde met hul eienaardige ou buurman, oom Botes. Hy kla, maar gewoonlik begin die moeilikheid by hom.
En dan kom kruip Alexander, die nuuskierige en ‘n mens kan maar sê, die voor op die wa klein robotjie ook in almal se harte. Wanneer Annelida boonop haar hart verloor op die besoeker van die vreemde planeet, raak sake vir die jongklomp byna te veel.
Dit word dringend noodsaaklik om een van die skilpaaie te vang. So gebeur dit toe dat die jong klomp dit een donker nag op die buurgrond waag — met rampspoedige gevolge.
Jy sal GALAPAGOS nie toemaak totdat alles sin maak en jy die laaste bladsy klaar gelees het nie.



Die bruin planeet ‘n Afrikaanse wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Kobus Smit Die bruin planeet het oorspronlik as‘n vervolgverhaal in “Die Huisvrou” verskyn
Rocco Venter en Kellie Burger word genooi vir ‘n proefrit in ‘n gevorderde ruimskip. Hul gasheer, professor De Ia Mare, beplan ‘n nadere ondersoek van die Bruin Planeet — die swerwerplaneet wat hom op die drumpel van die Aarde kom vestig het.
‘n BIou elektriese straal flits deur die donker en hulle slinger magteloos nader na ‘n sigaarvormige voorwerp wat asof uit die niet verskyn. In die buik van die projektiel word hulle gevange geneem en na die Bruin Planeet weggevoer.
Professor De Ia Mare oorreed die Ieier van die bewoners van die Bruin Planeet om hom vir onderhandelinge na die Aarde tevergesel. Maar die twee seuns moet as gyselaars agterbly.
Onder die kors van die barre Bruin Planeet wat feitlik sonder water en lug moet klaarkom, beleef die twee maats avonture wat hul hare orent Iaat staan.
Die Bruin Planeet is ’n boek vir oud en jonk en sal van die begin tot einde boei.
Inhoud:
- ‘n Skaduwee voor die maan
- ‘n Proefneming
- Gevangene op Aruru
- ‘n Gedugte vyand
- Ontmoeting op Toledo
- Ramp uit die ruim
- Tumba, onderaardse stad
- Die lewende dooies
- Kunsmatige voedsel
- Muitery in hoë kringe
- Begraafplaas van Aruru
- Straalpistole in aksie
- Kariba-dam
- Die ewige ruim

Leon Hugo: Ruimtevegter ‘n Afrikaanse wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Johan Kock Daan Retief uitgewers

Leon Hugo: Ruimteloods ‘n Afrikaanse wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Johan Kock Daan Retief uitgewers



Saad van onheil ‘n wetenskapsfiksieverhaal deur / boek deur G.J. Combrink
Dit het alles begin met ‘n geheimsinnige pakkie wat Kokkie deur die pos ontvang het. Daardeur het by en sy twee maats, Daantjie en Sellie, betrokke geraak by ‘n avontuur wat rondom die wêreld gereik het — trouens, tot in die buiteruimte. Waar het die skrikaanjaende vlermuiswesens vandaan gekom? Wat was die doel van die vreemde apparaat wat die wesens by hulle gehad het? Hoe kon hulle beveg word om te keer dat hulle die hele aardbol oorneem?
Op hierdie vrae het Kokkie en sy maats probeer antwoorde vind, met die hulp van hul vriendinne Alet en Salome. Maar voordat alles ontrafel was, het hulle dinge beleef waarvan ‘n skoolkind gewoonlik maar net droom — in heldedrome of nagmerries.
Saad van Onheil is een van die pakkendste spanningsverhale vir die jeug wat in ‘n lang tyd as ‘n oorspronklike Afrikaanse werk verskyn het. Dit is vlot geskryf en is so eietyds soos maanreise.

Monsterduiwe (2001) ‘n wetenskapsfiksieverhaal deur Lien Roux-De Jager
n Gesuis laat hom opkyk. Dit fladder en fluit in die lug bokant die geboue. Voëls! Die son blink op die grys vlerke toe die swerm ‘n wye draai oor die fabrieke maak, Dis mooi! Len wil nie die voëls skrik maak nie, maar steek onwillekeurig sy hand na hulle uit.
Dis asof die swerm ‘n oomblik huiwer, dan duik hulle op hom af. Hulle gesamentlike gewig is genoeg om hom teen die grond te slinger. Hulle krap en pik na sy kop. Hy probeer met sy hande keer, maar gil van die pyn toe hulle sy hande ook toetakel. Met ‘n gesukkel kom hy orent, klap wild na die sagte, warm lywe om hom, ruik die stowwerige, vetterige voëlreuk.
So skielik as wat hulle gekom het, is hulle weg. Len soek benoud in die lug rond. Hoog bokant die geboue maak die swerm ‘n draai. Te laat besef by hulle is op pad terug. Hy hardloop soos nog nooit tevore in sy lewe nie...
Lees ook die volgende titel in die reeks: Die Doemprofeet

Swaartekrag een komma een ‘n wetenskapsfiksieverhaal deur de Waal Venter
Wat gebeur as drie tieners deur vreemde wesens uit die ruimte ontvoer word na ‘n planeet ligjare ver van die aarde af? Pit, Alpha en Ovvie ervaar rillingsvreemde dinge in die skip van die “Taumi”. Met behulp van Ovvie se geniale tegnologiese vermoëns flans hulle ‘n laserstraal aanmekaar en die twee seuns veroorsaak byna‘n ramp... Maar Pit se jonger sussie, Alpha, met haar naaldskerp verstand, vermoed gelukkig betyds dat Tilonlli, die wese wie se taak dit is om met hulle te kommunikeer, moontlik iemand is om te vertrou.
In hierdie aksievolle en oorspronklike ruimteverhaal vir tieners is daar spanning en avontuur wat mens met jou voete plat op die aarde nooit sal raakloop nie. Veral as Pit, Ovvie en Alpha uiteindelik agterkom wat die werklike redes vir hul ontvoering is. Dit begin vir hulle ‘n al hoe sterker moontlikheid lyk dat die hele aarde se voortbestaan, op meer as een manier, in die weegskaal is...



Die onsterflikes ‘n wetenskapsfiksieverhaal deur Jeanette Ferreira
Dit begin met ‘n ontvoering na Immorta — stad waar tyd nie bestaan nie. Baie wat reeds gesterf het, leef in Immorta weer. Al sou hulle die dood verkies. Dit is hier waar dr. Emile du Randt gedwing word om die NORME van Immorta te onderskryf: geen huwelik, geen gesin, geen intimiteit, politiek, godsdiens of private besit nie — slegs toewyding aan die Wetenskap. En in ruil daarvoor: onsterflikheid. Maar onsterflikheid het ‘n prys. So kosbaar soos die lewe self. Emile moet kies: of die koue Wetenskap of ontsnapping na vryheid. En wat sy keuse ook al is, sal hy geskei word van Lawa, die vrou na wie sy bloed roep: beeldskone en sensuele Lawa,wat gedoem is tot intimiteit omdat sy dit gewaag het om die NORME te bevraagteken.
Die onsterfilkes is aangrypende, spannende “sci-fi.” ‘n Onvergeetlike nuwe leesavontuur deur een van ons voorste Afrikaanse skrywers.

2010: Sending na Jupiter Wetenskapfiksie deur Arthur C. Clarke In Afrikaans vertaal deur Jan Rabie
Dit is die jaar 2010. Deur die onmeetlikheid van die ruimte snel ‘n klein skippie voort. Dit is die Leonot, met sewe Russe en drie Amerikaners aan boord. Hul bestemming is die planeet Jupiter, waar die vorige sending van die Amerikaners in ‘n katasfrote geëindig het. Hul odrag is om te kyk wat hulle kan wys word uit die rekenaar van Ontdekker, die ruimteskip wat vir daardie sending gebruik is en wat nog steeds verlate deur die ruimte woer-woer.
Maar veel belangriker nog: hulle moet probeer vasstel wat die vreemde verskynsel is wat naby Ontdekker in die ruimte hang en wat op die een of ander geheimsinnige wyse iets met die rampspoedige einde van daardie vorige sending te doen gehad het...
2010: Sending na Jupiter hervat die verhaal wat begin is in die boek en trefferfilm 2001: A Space Odyssey en verskaf antwoorde op baie van die vrae wat daar onopgeklaar gebly het. Dit is die dramatiese verhaal van ‘n epiese tog die ruimte in, kundig gebaseer op vandag se tegnologiese wondere en op die jongste wetenskaplike kennis omtrent die verre wêrelde waarheen ruimtereisigers dit waag. Dit is absoluut geloofbaar, en daarby so helder geskryf dat enige leek dit kan volg.
Hierdie boek is gewaarborg om een van die groot klassieke van wetenskapfiksie te word.



Sending Reijger Afrikaanse wetenskapfiksie boek deur Rocco van Schalkwyk Uitgegee in 1980 deur Daan Retief Uitgewers

Vrees in die vierde dimensie Toekomsfiksie boek geskryf deur Allen Sharp (Snuffelstories)
‘n Snuffelstorie is ‘n storie met ‘n verskil, want jy,die Ieser kies self wat volgende moet gebeur.
Jy is lid van die navorsingspan wat met Projek VITER werk. VITER staan vir “Verplasing In Tyd En Ruimte”. Julle belangrikste hulpmiddel is professor Carl Zuckermann se Tydvaarder, ‘n kragtige gerekenariseerde vaartuig wat deur beide tyd en ruimte kan beweeg. As eerste eksperiment het julle die projekIeier se horiosie in die Tydvaarder geplaas en dit deur die tydgordyn na die vierde dimensie gestuur. Dit het aan flenters teruggekom. Daarna het julie twee muise gestuur. Hulle het glad nie teruggekom nie. Nou is dit jou beurt ...
Sien jy kans om met die Tydvaarder na of die verre verlede of die toekoms (of dalk aibei!) te reis? Dink jy jy sal dit oorleef— en boonop na jou eie tyd kan terugkeer?



Ruimteskip Celeste Afrikaanse wetenskapfiksie boek deur Johann Bredell Uitgegee in 1982 deur Daan Retief Uitgewers

Dood in die ruimte (1966) wetenskapfiksie boek geskryf deur Jeff Sutton Deel van die Olaf Bouwer-reeks Kliek hier om meer te lees oor die inhoud van die boek



Die aarde in naby (1972) ‘n Toekomsfantasie deur Ludek Pesek Die Aarde is Naby is in 1971 met die Duitse Jeugboekprys bekroon.
Na die geslaagde maanlanding het die verkenning van die “kus, agter die horison” die avontuur van ons tyd geword. Wat dekades lank deur Jules Verne en andere as ‘n wonderwêreld van die tegnologie voorgestel is, is nou reeds ‘n verbysterende werklikheid.
Die aarde bly naby, ook vir die ruimtereisigers van die Marsekspedisie, Alfa. In dramatiese omstandighede wil hulle — soos die vroeëre ontdekkers in die geskiedenis van die mens — die skynbaar onmoontlike verwesenlik. Van tyd tot tyd kry die leser die indruk dat kaptein Scott se reis na die Suidpool hom in die stofstorms van die planeet Mars herhaal. Die ruimtereisigers se verblyf van 444 dae op die Rooi Planeet word die opwindende hoogtepunt van hierdie boek.
Daarby laat die presiesebeskrywing van die menslike denke en handeling in buitengewone omstandighede die leser nie ‘n oomblik los nie.
Hierdie verslag van die Marslanding in ons tyd hou rekening met alle feite insoverre hulle aan die wetenskap bekend is. Boonop openbaar Ludèk Pelek hom as skitterende verteller. Hier is ‘n boek wat die volwassene en die jeugdige met ewe veel genot sal lees.
Die Aarde is Naby is in 1971 met die Duitse Jeugboekprys bekroon.


Slawe van die Marsmanne Rowers van die Ruimte-eeu (2de boek) boeke handel oor die avonture van kaptein Paul Roux en die Ruimtepolisie Boeke is geskryf deur André van der Merwe Boeke is in 1964 uitgegee
Kobus in Meerminland Fantasiverhale vir kleuters met Illustrasies deur Joy Collier Lees meer van Johann Bekker se avontuurverhale - klik hier

As die wit duiwe vlieg Wetenskap fiksie deur Nanda Pauw
Dit is die jaar 2286. Nêrens in die wêreld het daar vrede en liefde oorgebly nie; opstande, haat en doodslag het die plek daarvan ingeneem — Christenskap word uitgeroei die oomblik wat dit êrens kop uitsteek; so iets bestaan net nie meer nie — of so dink die heersers. Want dokter Yassef, briljante medikus in die Westelike gebied, het onder berg Vesta — by sy kliniek — ‘n vesting ingerig waar Christenvriende woon en waar hulle hul godsdiens ongehinder kan beoefen.
Totdat Alan St. Claire ‘n noodlanding naby die kliniek moet doen; want die Angel uit die Ooste maak jag op hom. Hy het haar verneder en sy gaan hom terugbetaal — hierdie beeldskone vrou uit die Oostelike gebied kry gewoonlik wat sy wil hê.
Dan maak Alan ook kennis met die mooie Lydia, ‘n sagsinnige meisie wat verpleeg in die Yassefkliniek en ook in die geheim ‘n leidende rol speel in die Christenkommune onder berg Vesta.
Wat sou nou hulle lot wees, noudat Alan se teenwoordigheid al die veiligheidswagte hierheen gelok het? As die wit duiwe vlieg van Nanda Pauw maak die leser weer bewus van die hartklop van die lewe; dit raak die wese van elke mens aan en bring ‘n boodskap wat lank onthou sal word



Dag van die Sterrewind 1980 uitgegee ‘n Toekomsfantasie deur Douglas Hill
Dit is die derde boek in die opwindende reeks oor die avonture van Keill Randor, die laaste Legioensoldaat. In die eerste twee boeke, Krygsheer van die Melkweg en Slagvleuel oor Veynaa, het Keill en Glr, sy Vreemdeling-metgesel, reeds kennis gemaak met die gewetenloosheid en dodelike mag van die Krygsheer se agente, die Slagvleuel.
In hierdie verhaal neem Keill en Glr se soektog na die vyand hulle na ‘n onbewoonde planeet waar vreemde aktiwiteite waargeneem is. In ‘n dramatiese klimaks moet Keill nie alleen kragte meet met die groteske leier van die Slagvleuel nie, maar ook met die aanslag van die mees verwoestende windstorm in die hele Melkweg.

Vreemdelingvesting wetenskapfiksieverhaal geskryf deur Douglas Hill
Vreemdeling-vesting vervolg op Die jagter en Krygers van die Woesteny en bring die avonture van Finn Ferrall en sy vriende — en hul stryd teen die wrede Vreemdeling-heersers van die aarde, die Slawehalers — tot ‘n opwindende einde.
Die mense van die Woesteny word stadig deur ‘n meedoënlose opmars van die Slawehalers suid gedryf, en Finn, Beir en hul vriende moet pal staan en die warrelwaens aandurf, of bly terugval tot in die gevreesde radioaktiewe Brandsand, waar ‘n sekere dood op hulle wag.
Terwyl Finn ondersoek instel na ‘n vreemde ruimteskip wat naby die vriende neerstryk, word hy gevange geneem en na die Vesting vervoer. Hier leer hy hoe dit voel om ‘n slaaf te wees, en kom by ook meer te wete oor die Vreemdelinge, waarom hulle na die aarde toe gekom het, en wat hul plan vir die planeet is.
Met groot durf en waagmoed, en die hulp van Beir en die ander, slaag Finn tog daarin om te ontsnap, en deel te hê aan die laaste opstand teen die vyand.



Krygheer van die melkweg deur Douglas Hill ‘n wetenskapfiksie verhaal
‘n Boodskap op band is Keill Randor se laaste skakel met sy planeet, Moros, wat in ‘n geheimsinnige aanval vernietig is. Keill self is stadig besig om te sterf aan die gevolge van bestraling, maar hy moet eers ’n sending afhandel - hy moet wraak neem op die onbekende vyand wat sy mense vernietig het.
Hy staan egter nie alleen nie. ‘n Afgesonderde groep bekend as die Opsigters is oortuig dat die vernietiging van Moros deel is van ‘n groot plan van ‘n bose genie, wat hulle die Krygsheer noem, om die hele Melkweg te vernietig. Beide Keill en die Opsigters is gretig om sy identiteit vas te stel. In ‘n onvergeetlike doodstryd met een van ‘n onheilspellende groep genaamd die Slagvleuel, vind Keill en sy vreemde metgesel, Gir, die eerste aanduidings waar die gevreesde Krygsheer hom mag bevind.
Die verhaal verloop teen ‘n geweldige spoed vol avontuur en aksie en Keill Randor, die laaste Legioensoldaat, is ‘n onvergeetlike karakter.

Krygers van die Woesteny Geskryf deur Douglas Hill uitgegee 1990 aanvanklik uitgegee as Warriors of the Wasteland ‘n Afrikaanse toekomsverhaal vertaal deur Jan Schaafsma
In Die jagter het ons kennis gemaak met Finn Ferrall, die jong man met die merkwaardige wildernisvaardighede. Toe sy pa en suster deur die Slawehalers, vreemde wesens van ‘n ander planeet, ontvoer word, begin hy ‘n soektog om weer met hulle verenig te word, en slaag hy daarin om sy pa van hul greep te bevry.
In hierdie boek word sy avonture voortgesit. Hy en sy vriend, ‘n Bloedgebroed met die naam Beir, bevind hulle in die hande van die fanatiese Mense van die Kloof, en daarña in die onherbergsame Woesteny. Hier kry hulle boonop te doen met ‘n uiters gevaarlike teenstander in diens van die Slawehalers, met die naam Die Klou.
Gelukkig hoef hulle nie alle gevare alleen te trotseer nie, want daar is ander mense wat in die Woesteny hul tuiste gemaak het — trotse krygers wat nie skroom om die Slawehalers aan te val as hulle dit waag om die Woesteny te probeer oorsteek nie.
Krygers van die Woesteny is ‘n wetenskapfiksieverhaal vol spanning en aksie. Lesers wat bekend is met die eerste boek in die reeks sal die een ook verslind, en vir die wat nog nie met Finn Ferrall kennis gemaak het nie, wag daar ‘n aangename verrassing.

Ouma Hester en die Intergalactic V-919 supercomet toekomsfiksie boek geskryf deur Janie Oosthuysen
Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerige slakke! Ouma Hester, Tian en Lisa word betrek by ’n GEMENE PAKT met ruimtewesens vanaf die planeet Molluskia – en allerhande vrae ontstaan:
Wie is generaal Kerbhala? Hoekom is Spesiale Taakmag T-01 warm op Ouma se spoor? Hoe gaan die driestuks uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap?
Spring aan boord… en tel die sekondes af! Dis tyd om die ruime in te snel. Die monsteragtige Molluske wag…

Kokende Go Fantasiefiksie deur Casper Schmidt
- Wilhelmina in die Wildernis, en die Wildernis in Wilhelmina
- Genesis
- Die Natuurgeskiedenis van die Tango
- Paniese Liefde
- Doktor Eumorfognosis
- Die Heks van Ramonduri
- Die Verhaal van die Trawal van die Reisende Ms. Pancoast
- Wanda Ween

Uit ‘n ander wêreld Wetenskapfiksieverhale deur P.C. Haarhoff
Reeds met die eerste verhaal word dit duidelik dat mense hier te doen het met verhale uit ’n ander wêreld – die wêreld van dit wetenskaplike; ’n wêreld wat dikwels vir die gewone leser ontoeganklik is, maar nou skielik helder sigbaar word deur die “miljardplaatjies”.
Gaandeweg besef mens egter dat die verhale nie net van die wetenskap vertel nie, maar van talle ander wêrelde én met ’n lang prosessie besondere karakters. Daar is die orang-oetang-filosoof Prins Ran-U-Tan; Sweet Lena Leë met haar Dixieland jazz; Pikpik Pikkek en die ander kekkelhoenders van Stellasië; Hubert en Coenie Beuster wat worstel om een liggaam te deel en Stoffel en Madelief wat aromeer om hulle plasie teen indringers te beskerm, om maar enkeles te noem.
Boweal straal daar uit hierdie debuutwerk ’n menslikheid en beskaafdheid wat van P.C. Haarhoff ’n geliefde skrywer gaan maak.




|