|
Wille Martin het meer as 200 boeke en liefdesverhale geskryf, wat die volgende titels insluit:
- Afspraak op Somerhoek,1977- Wille Martin
- Alleenpad van die liefde, 1978 - Wille Martin
- Amarilla, 1993 - Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- Amorita, 1976 - Wille Martin
- Angelierstraat, 1989
- As die maanblom bloei - Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- Baron Buksie - Wille Martin
- Baron Buks ontmoet mejuffrou Smurf,1983 - Wille Martin
- Bella Vista by die see
- Berg van die geliefdes, 1994
- Bolandse bokkie, 2006 - Wille Martin
- Bruid vir die Markies - Wille Martin
- Bruidskat van Ivoor. - Wille Martin (goudstormloop verhaal)
- Bruidskat van vrees, 1974 - Wille Martin - (ou-Kaapse verhaal)
- Chris Pelgrim, 1986 - Wille Martin
- Die dagboek van Tamara- Wille Martin
- Die donker kavalier - 1983 - Wille Martin - (ou-Kaapse verhaal)
- Die erfgenaam, 1989 - Wille Martin
- Die Franse goewernante, 1972 / 1989 - Wille Martin (ou-Kaapse liefdesverhaal)
- Die gif van Yvette, 1960 - Wille Martin
- Die goue Magriet, 1969 / 1975 - Wille Martin
- Die goue skip, 1974
- Die hart van Lecordeur,1980 - Wille Martin (Franse liefdesverhaal)
- Die Kolonel se dogter, 1991- Wille Martin ‘n verhaal uit/van die Boereoorlog-era
- Die lady, 1989 - Wille Martin
- Die meisie van Edelweiss, 1968
- Die meisie van Sombrero’s, 1992
- Die mooi Lady Skelton, 1981 - Wille Martin (goudstormloop verhaal)
- Die nag van die groen aap, 1990 (‘n Mara-hospitaal verhaal)
- Die ongerieflike huwelik , 1995- Wille Martin
- Die ontembares
- Die Skandes van La Mascara, 1996
- Die skat van die groen see - Wille Martin (Toekomsfiksie)
- Die Sigeuner-baron
- Die Spaanse bruid,1974 - Wille Martin
- Die sprinkaanvrou, 1990 - Wille Martin
- Die tierlelie - Wille Martin
- Die vergulde draak, 1973 - Wille Martin
- Die vreemdeling kom, 1972- Wille Martin
- Die vreemdeling uit Lier, 1972- Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- Die weduwee van La Vienne, 1973 - Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- Die wêreld is vol liefde, 1968
- Die wilde Willemien, 1992 - Wille Martin (‘n Mara-hospitaal verhaal)
- Die wit Mantilla, 1969- Wille Martin
- Delila, 1991 - Wille Martin
- Diva, vaarwel, 1996 - Wille Martin (spanningsverhaal)
- Doller as kopaf, 1999
- Dolorosa, boek deur Wille Martin
- Doringroos, 1972 - Wille Martin
- Droom nie meer, Nicole, 1984 - Wille Martin (Franse liefdesverhaal)
- Eiland van vergetelheid,1975 - Wille Martin
- Ek soek na my Dina, 1973 - Wille Martin ‘n verhaal uit/van die Boereoorlog-era (1900)
- Elizabeth van Summerfield, 1982- Wille Martin
- Erfgenaam van die liefde - Wille Martin
- Erfgrond te koop
- Eugenie - Wille Martin
- Fiesta van die dood - Wille Martin
- Fleur-de-lys - Wille Martin
- Geheim van die donker adelaar,1993
- Geliefde gyselaar, 1991
- Gesoek - ‘n verlore hart, 1993
- Gesteelde bruid, 2001
- Gevaarlik mooi...en vol verrassings
- Gister se hartseer, 1975 - Wille Martin (‘n Mara-hospitaal verhaal)
- Goewernante vir Gravesteyn, 1976 - Wille Martin
- Har! Har! lag die nar, 1986
- Harte agter skanse
- Hartedief
- Hartseer harlekyn
- Helena van Kareespruit, 1963 - Wille Martin
- Herberg van die luiperd
- Hoogty in Montferrat, 1998
- Huil nie, Harlekyntjie
- Ivoor, 1985 - Wille Martin (goudstormloop verhaal)
- Jonkvrou Fleurette, 1986
- Kandidaat vir die galg
- Kaapse draai, 1999
- Kaptein Kerneels, 1990
- Kaptein Kristin - Atlantis - Wille Martin (Toekomsfiksie)
- Kaptein Kristin - Narcissus , 1982 - Wille Martin (Toekomsfiksie)
- Kaptein Kristin - Planeet 3 - Wille Martin (Toekomsfiksie)
- Karavaan Karavaan, 1983 - Wille Martin
- Karima, 1967 - Wille Martin Woestyn liefdesverhaal
- Karnaval van die dood, 1994 - Wille Martin
- Klein silwer, 1990 - Wille Martin
- Krans van die donsarend
- Kring van betowering, 2008 liefdesroman deur Wille Martin
- La Fantaisie, 1984 - Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- Lady Philippa - Wille Martin
- Legende van die Spookvrou- Wille Martin
- Levasseur se harem , 1977
- Lied van die balalaika - Wille Martin (n verhaal uit die van die Anglo-Boereoorlog)
- Liefste Meneer - Wille Martin
- Madame die gravin - Wille Martin
- Mademoiselle Jeanine, 1964 - Wille Martin
- Mademoiselle Lola, 1988
- Madonna van Silwer, 1981- Wille Martin
- Mamzelle Rapier - Wille Martin
- Manana is nog 'n dag,1993
- Man in die skaduwee - Wille Martin
- Man in 'n wip
- Mariska, 1970 - Wille Martin
- Maskerade (boek oor die boekanier, Levasseur)
- Meisie met die goue hare, 1975 - Wille Martin
- Met liefde aan Simone - Wille Martin
- Met liefde uit Moskou, 1999
- Minnaar in die Skadu, 1977- Wille Martin
- Model vir moord, 1998
- Molokai, 2002
- Monserrat se meisiekind - Wille Martin
- Moord, terloops, 1997
- My blonde Kavalier- Wille Martin
- My enigste Veronique
- My niggie Mike, 1974 - Wille Martin
- ‘n Kavalier vir Karolien
- ‘n Meisie soos Almaviva, 1992- Wille Martin
- ‘n Prins vir Anastasia
- ‘n Sluier vir die Rooikop - Wille Martin
- 'n Vrou vir Ongeluksnek
- ‘n Tyd om lief te hê, 1972 - Wille Martin
- Noem my Zol, 1985
- Ontmoeting op Polkabaai, 1993
- Pers viooltjies, 1985
- Pop en Pierewaaier, 1984 - Wille Martin
- Prins sjarmant,
- Prinses Maritza
- Prinses uit die Kaap, 1995
- Prinses van harte, 1991 (ou-Kaapse verhaal)
- Prinses van Parys, 1994
- Punt van die reënboog, 1974 - Wille Martin
- Raf gaan veld toe
- Rapsodie in rooi, 2002
- Reënboogruiter, 1992
- Ridder in denim, 1999
- Roos van die Cordilleras- Wille Martin
- Rosekavalier, 1987
- Saam met die suidoos, 1968
- Sabeldans, 1988 - Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- Satan in satyn
- Seisoen in die son, 1996
- Serenade vir Sarita, 1976
- Seun van die Rapier, 1983 / 1985 - Wille Martin
- Silwerberg, 1988
- Silwer Senorita, 1976 - Wille Martin
- Sjampanje kavalier
- Skadu van die Kat- Wille Martin
- Skemerbruid, 1987
- Spaanse goud - Wille Martin
- Soort van moord
- Sterre in jou oë
- Stil my verlange - Wille Martin
- Storm en swaard, 1990
- Suster Serilla, 1973 (‘n Mara-hospitaal verhaal)
- Swaard en minuet
- Swaard en suiderkruis, 1977
- Swaardmeester van Parys- Wille Martin
- Swart Sombrero’s - Wille Martin
- Tamara
- Tamboere van onheil - Wille Martin
- Tieroog, 1989 - Wille Martin
- Tjieta, 1990
- Towerkind
- Trapsuutjies in 'n tolbos, 2000
- Tres Tredoux, 1992
- Trots van Gelderland - Wille Martin
- Uur van die rooi maan- Wille Martin
- Vallei van eensaamheid- Wille Martin
- Van mense en Engele - deur Wille Martin
- Ver in die wêreld
- Ver oor die grense, 1983 (‘n verhaal uit die van die Anglo-Boereoorlog)
- Verkoopte bruid,2000
- Vivia se geheim, 2002 - Wille Martin
- Vlam en Saffier
- Vlug na die son, 1992
- Vlug vir jou lewe - Wille Martin
- Vreemdelinge op Bulkraal - Wille Martin
- Vrou van die goue pampas
- Waar die woestynwind waai,- Wille Martin
- Wanneer die gode glimlag, 1984 Hedendaagse Griekse mitelogie-liefdesverhaal
- Wie is Marda Meyerling?
- Wilde wit laventel, 2001 - Wille Martin
- Winde van die Hemele, 1976 - Wille Martin (‘n Mara-hospitaal verhaal)


Die ongerieflike huwelik - ‘n boek uit Wille Martin se pen
Gui de Chatillon was in die negentiende eeu wat Elvis Presley in die twintigste was. ‘n Man met soveel magnetisme dat vrouens flou val en gil as hulle hom sien.
Selma is ‘n rykmanskind in die negentiende eeu en deel van die middelklas. Haar pa reël vir haar ‘n huwelik met ‘n burggraaf sodat hulle familie ‘n titel kan bekom. Selma verwag dat dit ‘n stokou man sal wees. Weinig weet sy dat dit Gui is. En sy weet ook nie van sy dobbelgewoonte en sy koketterige vriendinne nie...
Die ongewone huwelik deur die gewilde Wille Martin is ‘n storie met baie kinkels, maar boweal is dit ‘n storie waarin warmbloedige mense in uitroeptekens lewe.

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Karima - Wille Martin
Die Toeareg is die geheimsinnigste ras wat in die Sahara te vinde is. Niemand weet waar hulle vandaan kom nie... hoe dit gekom het dat hulle ‘n blanke ras met fyn, reëlmatige gelaatstrekke is nie. Niemand kan hulle gebruike verklaar nie... soos byvoorbeeld die feit dat die mans altyd blou sluiers dra, terwyl die vrouens ongesluierd gaan.
Karima is ‘n Toeareg en tog voel sy nie tuis onder haar eie mense nie. By haar is daar ‘n voordurende drang om weg te gaan, om in Europa te te gaan reis en met ander mense omgang te hê. Die Toeareg se woord is sy eer, en eer sy grootste besitting. Maar wanneer die Amenokal, die opperhoof van die Toearegstamme, ‘n belofte van haar afdwing om sy bruid te word, weet sy nie of sy hierdie belofte kan nakom nie. Vir haar is die Amenokal ‘n walglike, afstootlike wese wat haar laat ril by sy aanraking.... en dit ten spyte van die feit dat hy haar opperhoof is.
Anson O’Neil het sy lewe lank in die Toeareg belang gestel. Wanneer hy die geleentheid kry om na die Sahara te vertrek, vergesel van sy blonde verloofde, lady June Whitney, aarsel hierdie jong Engelsman nie ‘n oomblik nie. Uiteindelik sal hy die geleentheid kry om die sjeik El Giaour te gaan soek, die oplossings van die jarelange geheim te gaan probeer ontrafel. Min weet hy egter van die avonture en gevare waarin hy hom sou vasloop.
Al hierdie mense, en nog andere, wat skynbaar niks in gemeen het nie, se lewenspaaie kruis op ‘n wyse wat elkeen se toekoms drasties sal beinvloed. Hierdie spannende liefdesverhaal word op die onderhoudenste wyse aan die leser oorgedra.
Lees ook soortgelyke boeke wat in die woestyn afspeel deur Chanette Paul
Lees ook soortgelyke boeke wat in die woestyn afspeel deur Annelize Morgan
Lees ook soortgelyke woestynromanse deur Annelize Endres
Lees ook soortgelyke boeke wat in die woestyn afspeel deur Ena Murray

Klein silwer - Wille Martin
Argentinië in die nuutgebore twintigste eeu... Don Segundo Sombra - een van die laaste , klasieke gaucho - swerwers van die mampas; Fabia Flacon - sy grootmaakkind wat saam met hom swerf en wilde perde tem; Don Vargas - ‘n bendeleier wat die land wil regeer; Raoul Hernandez - ‘n man wat sy suter agter tralies hou; Herculed Durand - ‘n boer, meesterlik met die swaard....
en oor almal hou die spierwit spitse van die Andes, die persoranje wolkelug en die kondor wat immer bo hul sirkel, die wag.
Klein silwer is ‘n droom egte roman waarin fiestas en seerampe,’n Olimpiese ruiter en ‘n struikrower saamspeel om die groot raaisel rondom Fabia Falcon op te los. Wat is dit wat die Don Segundo byna twintig jaar aan niemand kon vertel nie? Waarom het Fabia hare soos goudgetinte ivoor?


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Wanneer die gode glimlag Hedendaagse Griekse mitelogie-liefdesverhaal deur Wille Martin
Eendag was daar ‘n prins wat besuit het hy wil ‘n vrou neem. Maar sy moet met hom trou omdat sy hom liefhet en nie omdat sy sy geld en posisie Iiefhet nie. Toe trek hy vir hom vodderige blou denimklere aan, laat sy hare en baard groei, pak net die nodigste in ‘n rugsak hang sy kitaar oor sy skouers en gaan swerf deur Europa.
Daar ontmoet by toe ‘n prinses wat hom liefkry en met hom trou. Maar haar ouers het gedink hy is ‘n boemelaar en hulle neem haar weg en dwing haar om met ‘n ander prins te trou...een wat sy nie liefhet nie...
Wanneer die gode glimlag is ‘n liefdesverhaal wat hom afpeel teen die agtergrond van die moderne Griekeland, maar in die geskiedenis — en veral die mitologie — van die ou Griekeland wesenlik daarin verweef.
Louisa en Liz vertrek saam met ‘n toergeselskap na Europa en ontmoet die beeldskone Ninon van Alkmaar wat op ‘n pelgrimsreis gaan, om haar jeugliefde daar te gaan soek. Maar waarom hang die bebaarde Ian dan so om haar, die aantreklike Ian met sy vodderige klere en sy kitaar?
En waar pas haar seun, Hugo, en haar man, Wynand in die prentjie? Is sy sommer ‘n gevoellose flerrie,of steek daar meer in die hele gedoente? ‘n Mens weet nie, totdat Ian Louisa op ‘n dag met sy vreemde feëverhaal nader.
In Wanneer die gode glimlag vind Louisa ook spoedig uit wat ware liefde is, maar in ou Griekeland kan ware liefde slegs seëvier wanneer die gode jou goedgesind is en aanvanklik wèier stoere ou Zeus en sy makkers eenvoudig om te glimlag. Totdat Eros haar jammer kry. . . en Louisa haar geluk vind.
Harte agter skanse - Wille Martin
Loch Lomond,waar n klein, eksklusiewe Skotse gemeenskap hulle gevestig het, het deur die jare onaangeraak gelê deur die invloede en die gejaagde lewenstroom van die groot stad, Johannesburg wat aan sy soom gevloed, geraas en gerumoer het.
Maar nou is daar sprake dat n nuwe snelweg meedoënloos soos ‘n monster deur die hart van Loch Lomond sy wrede spoor gaan trap!



‘n Tyd om lief te hê - Wille Martin
"Cas de Winter is n aantreklike, blonde jong reus met die ideaal om ‘n bekende skrywer te word. Daarom het hy reeds tien jaar gelede ontsnap van sy vader, Leeu, se dominerende heerskappy en saam met sy boesemvriend, Archie Kolver, koers gekies die wye wêreld in. Hulle verdien hul geld op die harde manier deur onder andere transportvlieëniers te wees.
Leeu de Winter, Cas se heerssugtige miljoenrvader en besturende direkteur van die magtige De Winter - korporasie, word ernstig siek en ontbied sy verlore seun na Broederspoort. Cas red intussen, ‘n vurige, donker Griekse skoonheid, Milena, van ‘n gewisse waterdood en sy begin hom uit dankbaarheid die hof maak! Boonop dring sy daarop aan om hom na Suid-Afrika te vergesel. Nina, ‘n fyn, vurige rooikop en boesemvriendin van Pettie (Cas se suster) koester ook ‘n heimlike liefde jeens Cas. Cas, Archie, Nina, Pettie en Milena vertrek na Broederspoort - die De Winters se geboortedorp." ‘n Liefdesverhaal soos net Wille Martin kan.

Lady Philippa deur - Wille Martin
Lady Philippa en Kosie kan mekaar glad nie uitstaan nie. Sy dink hy is ongepoets en hy dink sy is baie vreemd. Gaan hulle later besef dat hul aanvanklike sienings van mekaar heeltemal verkeerd was?


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Die skat van die groen see - Wille Martin
"Eintlik moes dit ´n wetenskaplike ekspedisie wees om ´n nuwe seismografiese uitvinding op die proef te gaan stel in die middel van die Atlantiese Oseaan, tussen Suid-Afrika en Suid-Amerika Maar daar was darem nog die hoop om ook ´n ryk oes aan edelgesteentes terug te bring. Dan beland die ekspedisie in die Groen See met monsteragtig groot seewiere en seemonsters - die vreemdste ondervinding wat ´n mens jou kan voorstel.
Lees ook Ilse Steyn se toekomsfiksie boeke
Lees Leon Rousseau se Frits Deelman reeks
Klik hier vir ‘n lys van toekomsfiksie/ fantasie verhale



Harte agter skanse - Wille Martin
Loch Lomond,waar n klein, eksklusiewe Skotse gemeenskap hulle gevestig het, het deur die jare onaangeraak gelê deur die invloede en die gejaagde lewenstroom van die groot stad, Johannesburg wat aan sy soom gevloed, geraas en gerumoer het.
Maar nou is daar sprake dat ‘n nuwe snelweg meedoënloos soos ‘n monster deur die hart van Loch Lomond sy wrede spoor gaan trap...

Die weduwee van La Vienne deur Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)



Amarilla - Wille Martin
Wille Martin het al bekendheid verwerf met haar romantiese opwindende ou-Kaapse liefdesverhale wat die leser se tone laat omkrul van lekkerkry-lees! Amarilla, wat voorheen deur duisende lesers in ‘n tydskrif gelees en geniet is, is so ‘n boeiende verhaal.
Die jong Franse gravin, Amaryllis de Monfort de Rennes, woon tydelik in Spanje om sodoende die terreur van die Franse rewolusie vry te spring. Haar grootvader, die markies, sluit by haar aan na die onttroning van Lodewyk XVI in Frankryk.
Die markies De Monfort sterf egter kort daarna en bepaal in sy testament dat Amaryllis met ‘n lid van die Dekobra-familie aan die Kaap de Goeie-Hoop moet trou. ‘n Lid van die Dekobra-familie, Armand, kom haal haar in Valencia, en neem haar op sy skip na die Kaap die Goeie Hoop, om met sy broer, René, in die huwelik te tree.
Amaryllis sou egter nie in haar stoutste drom kom droom dat haar lewe aan die suidpunt van Afrika in ‘n nagmerrie sou verander nie. Sy word oornag van haar besittings, haar identiteit en haar waaridgheid ontneem en boonop verkul haar eie hart haar ook hier in die vreemde!
Gaan die trotse jong gravin De Monfort die stryd om liefde, reg en geregtigheid wen?

Trots van Gelderland - Wille Martin
Hugo van Gelder, vooruitstrewende Johannesburgse ginekoloog, het ‘n ver pad geloop om sy ideale te bereik. In sy studentejare is hy met die beeldskone Vera Pratt getroud, maar na enkele maande van ekstatiese geluk het sy hom onverwags en sonder ‘n afskeidsgroet verlaat en Europa toe vertrek. Later is hy weer getroud, en hoewel hy die vader van ‘n seun en ‘n dogter geword het, was die huwelik liefdeloos. Sy vrou se dood, jare later, het byna soos ‘n verlossing gekom.
Nou, na dertig jaar, stap Vere onverwags by die spreekkamer is: ‘n weduwee, ryk en wêreldwys en liefliker as ooit. Hy besef spoedig dat hy nooit opgehou het om haar te bemin nie, maar tog is sy ontwykend wanneer hy hartsake met haar wil bespreek. En in die agtergrond wag Yvonne le Roux, sy vroulike vennoot, wat hom reeds jare lank heimlik liefhet...
Ook Dawie en Linda, sy twee volwasse jong kinders, leer skielik die pyn van liefde ken en verhewig Hugo se wroeging. Dawie se hart raak verstrengel tussen dié van twee jong meisies op Gelderland se buurplaas, en Linda se hart word verower deur die jong pierewaaier-dokter wat soos ‘n skaduwee by Vera bly.
Emosies en hartstogte bereik ‘n hoogtepunt, die spanning word snaarstyf en die verhaal snel af op ‘n asemrowende klimaks wanneer die dwalinge van die verlede genadeloos tot aan die been oopgevlek word. Wille Martin slaag op ‘n besondere wyse daarin om die lotgevalle van Gelderland se inwoners heg inmekaar te verweef tot ‘n onvergeetlike maar eg-menslike verhaal.


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Pop en pierewaaier - Wille Martin
Lucile de St. Aubrey is die enigste dogter van die skatryk markies St. Aubrey, landheer van Argenteuil. Soos enige ander meisie moet sy naaldwerk doen, musiekstukke op die spinet speel, les kry in etiek, die menuet en gavotte, en ook leer skerm met die floret
Maar die dag toe sy sewentien jaar oud word, verander haar vervelige lewe eensklaps. Die oggend gaan ry sy ouder gewoonte op haar perd in die rigting van die somerhuisie in die woud, want maande lank al ondek sy liefdesgedigte of liefdesbriefie daar. Daar betrap sy ‘n onbekende man wat ‘n onuitwisbare indruk op haar maak ... Hy lyk bekend, maar wie is hy?
Dieselfde dag nog wag daar ‘n groter skok op haar. Haar vader vertel haar dat sy sedert haar geboorte aan ‘n man verloof is en dat sy nou gereed is om hom te ontmoet...
Lucille se lewe word ‘n mallemeule van mense, gebeure en emosies - Guilbert Roget, Eduan de Villeneuve, Parys , Madame Constance, Athéne en dan uiteindelik die Franse Rewolusie....
Pop en pierewaaier is ‘n verhaal deur Wille Martin vol intrige en wraaksug wat mens end-uit boei en laat wonder wie Lucille gaan kies!

Prinses van harte - Wille Martin
Baron Ryk van Dendermonde-Gent besoek die jaarlikse kermis saam met sy seun, jonkheer Egmont. Die sigeuners is ook, soos altyd, op die kermis teenwoordig. Hulle vemaak die mense met toertjie en kunsies, maar almal se oë dwaal kort-kort terug na die prinses van harte.
Op die maat van Axel se kitaarmusiek en die kastanjette aan haar vingers, laat Fanina haar wye romp swaai sodat haar bruingebrande bene kort-kort uitsteek. Sy lyk soos enige ande mooi, jong Sigeunermeisie met donker, lang hare ... maar sy het heldeblou oë en ‘n pienkrooi, hartvormige geboortevlekkie op haar wangbeen.
Fanina is gewoond daaraan om goedkeuring en bewondering in mans se oë te sien en is nie verbaas om dit ook in die jonkheer se oë op te merk nie. Toe sy egter na sy vader, die baron, se gesig kyk, bring die uitdrukking in sy oë haar momenteel van stryk. Sy blik is dan gevul met afsku en skok!
Hoekom gluur die baron haar dan so aan? Waarom verlaat hy dan inderhaas die kermis en beveel sie Sigeuners om Dendermonde onmiddellik te verlaat?
Fanina se kennismaking met die baron Ryk se seun verander haar Sigeunerbestaan onherroeplik....
Prinses van harte is ‘n ou-Kaapse liefdesverhaal vol vuur en hartstog - hoe dan anders wanneer daar van Sigeuners sprake is! (Binneblad van omslag)
Lees ook Ela Spence se “Klank van die kastanjette” - nog ‘n verhaal oor sigeuners



My niggie Mike - Wille Martin
By die wilde Conways van Bulkraal was dit tradisie: As jy ‘n vrou wil hê, dan vat jy haar - al moet sy ook ontvoer word. Toe her Michelle gereken: En as ‘n vrou ‘n man wil hê wat te dom is om agter te kom wat goed is vir hom ... daar is mos maniere om dinge te doen ...
Maar hoe ‘n meisie ook al beplan - of nie beplan nie - die draaie wat sy moet loop om die man van haar hart voor die preekstoel te kry, het geen einde nie - veral wanneer sy hom nie durf laat agterkom dat die nie hy is wat die het in die hande het nie ...
Michelle het lank beplan... maar dat hulle sesstuks deur die sneeu in die afgeleë plaashuis teen die berge vasgekeer sou word, kon niemand voorsien nie ... en allermins kon enigeeen weet van die verskrikking wat daar op hulle gewag het! Uiteindelik het sy voor die werklike feite te staan gekom : Wil ‘n man ‘n meisie hê as hy weet dat dit sy is wat hom (selfs met gewere) in die huwelik ingedwing het? Maar Michelle het geweet wat sy doen is net die middel tot ‘n doel - om iemand se oë te laat oopgaan, ‘n man wat na haar kyk sonder om te besef dat die klein rooikop in werklikheid die vrou vir hom is!


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Die nag van die groen aap - Wille Martin
Die lewe by die Mara-hospitaal in die boendoe van Chiwanda is ‘n miernes van bedrywighede. As dit nie ‘n terroriste-aanval is wat almal oploop jaag nie, dan is dit ‘n onbekende koorssiekte wat kop uitsteek.
En tussen al die doenighede deur het elke lid van Mara se mediese span nog ‘n private lewe ook. Al moet hulle bontstaan om ales ingespan te kry.
Aviva Taljaard, ‘n verpleegster by Mara, het haar oog op Anton Rudick. Hy sien haar egter nie eens raak nie, want hy het skoon “snaaks” geword nadat sy vrou in ‘n landmynontploffing gesterf het.
Die mooi dokter Susan Collins se verloofde, dokter Neil MacLennon, wil nie hê sy moet spesialiseer nie. Sy moet na hul troue by die huis bly om kinders groot te maak. Dan steek die aantreklike dokter Astor Hellstrom ook nog aanhoudend sy neus in haar sake. En asof dit nie genoeg is nie, kom kuier Susan se modeontwerper-tante om Neil MacLennon “deur te kyk”. Van hul eerste ontmoeting af, spat die vonke en Susan weet nie herwaarts of derwaarts nie.
Intussen wonder almal wat die beeldskon dokter Thalia Snijders se donker geheim is. Sy laat niemand te na aan haar toe nie en dan lyk dit boonop asof sy iets wil wegsteek. Die nag van die groen aap is ‘n verhaal vol opwinding, spanning en hartstog.

Die meisie van die Sombrero’s - Wille Martin
El Hombré oftewel Gideon de Leeuw, is ‘n gerespekteerde Boer aan die voetheuwels van die Andesgebergte, waar hy op Tres Sombrero’s boer.
Toe hy op ‘n dag onverwags ‘n brief ontvang van sy lang verlore seun, van wie se bestaan hy nie eens bewus was nie, is die hele distrik in rep en roer. Gideon begin die spreekwoordelike gemeste kalf vir sy erfgenaam gereed maak en hy stuur sy bestuurder, Henk Davel, om Gideon de Leeuw junior op Comodoro Rivadavia te gaan haal.
Groot is Henk se konsternasie en ontnugetering egter, toe die “lang verlore seun” ‘n beeldskone jong meisie blyk te wees! Gideoné is ewe stomgeslaan oor die misverstand en sy wonder beangs of haar pa nie bitter teleurgesteld gaan wees omdat sy nie ‘n seun is nie.
Haar vrees is egter ongegrond, want Gideon de Leeuw verwelkom haar met ope arms op sy spogplaas. Trouens, die feit dat sy “seun” ‘n pragtige jong meisie is, pas hom eintlik uitstekend. Hy sien dadelik voor sy geestesoog hoe ‘n vriendskap tussen sy dogter en die hartebrekerbuurseun ‘n einde maak aan die stryd tussen hom en sy buurman.
Intussen droom Gideoné drome oor moontlike hereniging tussen haar ma en pa wat al so lank van tafel en bed geskei is, maar verleidelike Mona is ‘n lastige vlieg in die salf.
Hierdie verhaal is ‘n kookpot van intrige met bladsye vol spanning en romanse, geskilder teen die ontsagwekkende wat afspeel teen die sprokiesmooie Andergebergte.

Die Vergulde Draak - Wille Martin
Toe Konstant de Heer met sy sloep, Die Vergulde Draak, Lobitobaai binnevaar, gewaar hy ‘n beelskone meisie, Frederika Ferreira, op die kaai. Sy help hom om die boot vas te meer, verneem dat hy ‘n Suid-Afrikaner is en, vra hom om haar na Suid-Afrika te neem. Hy weier egter botweg. Na sy vertrek beland hy in ‘n storm, die ergste wat hy nog ooit beleef het en toe ... toe verskyn Frederika in sy kajuitdeur en ‘n avontuur volg waarop hy nie voorbereid was nie.
Die Die Vergulde Draak is ‘n roman vol sonlig en romanse - ‘n volbloed romantiese avontuurverhaal wat so lekker lees dat die boek eenvoudig nie neergesit kan word nie.
Hierdie verhaal van Wille Martin het aanvanklik as vervolgverhaal in “die Huisgenoot” verskyn.
Lees ook nog verhale wat in die Huisgenoot verskyn het, soos die deur Kas van den Bergh


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bruidskat van Ivoor - Wille Martin
Hy neem haar na ‘n slaapkamer waar daar ‘n groot hemelbed met nuwe lakens opgemaak is. Daar is ‘n wastafel met allerhande toiletartikels op. Maar dis nie wat Trina se oë vasnael nie.
Op die bed is ‘n yl, wasige kantnagrok neergesit. Dit is wit en met pienk tafsystrikkies versier.
Trina gaan na die bed en tel die punt van die deurskynende kledingstuk op. Sy kyk beskuldigend na Juan.
“En die?”
Hy maak ‘n gebaartjie. “Ek het eers gedink swart, maar .... ek weet nie. Wit is ‘n maagdelike kleur.”
Sy staar hom aan, haar lippe opmekaar gepers. Haar gesig voel warm, maar haar hart klop van vrees.
“Jy verwag tog nie dat ek die .... skaamtelose ding moet aantrek nie!” roep sy verontwaardig uit.
Hy draai sy kop skeef en kyk haar met ‘n tergende, uitdagende glimlaggie aan. “Het jy ‘n keuse?” sê hy sag.
Trina Alkmaar het na Suid-Afrika gekom om met Neil Barnard, sendingpredikant, te trou, maar nou bevind sy haar in die hande van ’n aantreklike en roekelose wildjagter
‘n Jong Zuid-Afrikaansche Republiek waarin goyd so pas ontdek is en wat wemel van fortuinsoekers, dobbelaars en ruwe delwers, vorm die agtergrond waarteen hierdie aksievolle verhaal hom afspeel.
Lees ook meer verhale van die goudstormloop geskryf deur :

Die vreemdeling uit Lier - Wille Martin
Hierdie is nie maar net nog ‘n storie uit die Ou-Kaapse dae en sy leefwyse van rondom 1795 nie, maar ‘n aangrypende stuk drama waarin die leser nie alleen meegesleur word deur emosies van liefde, wraak, haat en agterdog nie, maar met die stuwende hartstogte en botsings in die liefdeslewens van die hoofkarakters.
Hierdie landelike verhaal speel hom af op en om die twee buurplase La Valance, eiedom van Charl Viviers, en Brendasvlei, eiendom van wyle Herman van Breda.
Die Viviers-familie en Breda-families was ou vriende, maar na die dood van oubaar Herman van Breda steek die onweer kwaai op. Uit oom Herman se testament blyk dit dat Charl aangestel is as voog oor oom Herman se enigste dogter, Erica, wat nog nie mondig is en ‘n hele jaar jonger is as Charl. Charl is verlief op Erica, maar sy glo vas hy speel toneel en wil deur haar in besit kom van Brendasvlei en tegelyk ook ontslae raak van die verband wat oom Herman op La Valance het.
Verder moet Erica uit die testament verneem dat sy ‘n broer het van wie se bestaan sy tot dusver heeltemal onbewus was.
Haar hoop om die voogdyskap van Charl Viviers verlos te word, word op hierdie broer gevestig en gretig wag Erica op sy koms uit Holland.
Toe die jongman uit Lier dan uiteindelik sy opwagting maak, is Erica verheug, maar Charl het sy bedenkinge oor die identiteit van die vreemdeling e is selfs teësinnig dat Erica saam met haar broer Alex op die erfplaas Brendsvlei gaan woon. Nou bereik die botsing tussen Erica en Charl hoogtepunt.
Dat Alex nie Alex was nie, maar ‘n bedrieër , laat die spanning al hoe hoër laai. Later daag Erica se werklike broer op om sake vir haar en Charl net nog moeiliker te maak.
Die ontknoping lewer egter die een verrassing na die ander.
Lees ook mees van ander Kaapse verhale van skrywers soos:



Ek soek na my Dina - Wille Martin ‘n verhaal uit die Boereoorlog-era
Dit is die jaar 1900 in die mooi Oos-Transvaalse laeveld. Bloemfontein is reeds in die hande van die Engelse en pas het Lord Roberts ook Pretoria binnegeval.
In die Lydenburgse omgewing op die buurplase Groenkloof en Buffelspoort wat onderskeidelik aan die O’Neils en die Coetzers behoort, word verwag dat beide Boere en Engelse magte nou na hierdie omgewing sal versprei. Tom O’Neil en Wikus Coetzer was in hulle jongdae boesemvriende, maar nadat hulle op dieselfde meisie verliefgeraak het en sy haar keuse uit die twee gedoen het, het hulle geswore vyande geword.
Toe Tom O’Neil egter op sterwe lê, laat hy sy ou vriend roep en laat sy enigste dogter Dina in die sorg van Wikus Coetzer. Dina O’Neil het egter nie alleen haar koperrooi hare van haar Ierse vader geërwe nie, maar ook haar vurige humeur. En van kindsbeen af het Dina net geleer om die Coetzers te haat.
Toe Wikus Coetzer en sy seun Philip kom om vir Dma van Groenkloof af na Buffelspoort te neem, lê sy hulle met haar oorlede vader se mauser en inwag. Beide die O’Neils en Coetzers is perdetelers en die jong Philip Coetzer glo dat as ‘n opstandige jong merrie eers ingebreek is, dan eet sy mettertyd ult jou hand. Maar Philip sou uitvind dat dit nie so maklik op die pragtige rooihaar Dina O’Neil van toepassing sou wees nie.
Met Philip Coetzer moes Dina haar egter ook nie misreken nie. Eendag het sy in die berge die pronkstuk, die wilde goue hings, gesien en sy ooreenkoms met Philip Coetzer het haar dadelik opgeval; wild. vurig en ongetem.
‘n Verhaal waarin nie alleen die vonke tussen die Boeremagte en die Engelse spat nie, maar ook die tussen die vurige Dina O’Neil en Philip Coetzer en ook tussen Philip en die Goue Hings, wat hy vir homself wil tem.
Hierdie verhaal van Wille Martin is spanning, bladsy vir bladsy

Die dagboek van Tamara - Wille Martin
Dawid, Karen en hul niggie en aangenome suster, Tamara, het Roelof de Wet tydens ‘n vakansie aan die strand ontmoet. Aangesien daar reeds ‘n vaste liefdesverhouding tussen Dawid en Tamara bestaan het, het Karen vanself in die geselskap van die aantreklike Roelof beland en hopeloos op hom verlief geraak.
Maar toe Roelof, na die vakansie, kom kuier, was dit baie gou duidelik dat dit vir Tamara is wat hy kom kuier en nie vir Karen nie. En toe die twee dan ook verloof raak en kort daarna trou, het Karen en haar broer Dawid met gebroke harte agtergebly.
Ten einde haar smart te-’vergeet, vlug Karen na Europa om haar kunsstudie te gaan voortsit en begeef sy haar in ‘n huwelik met Torn Lorentz — ‘n huwelik wat ult die staanspoor gedoem was tot mislukking en dan ook na ‘n jaar of drie op ‘n egskeiding uitloop.
Wanneer Karen terugkeer na Suid-Afrika, verneem sy van Dawid dat Tamara onder geheimsinnige omstandighede verongeluk het. Onder aansporing van Dawid besluit Karen om na Roelof se Bosveldplaas, Leeupoort, te gaan en agter die geheim van Tamara se dood te probeer kom. Maar is dit bloot om Tamara se dood wat sy gaan, of is dit om Roelof weer te sien?
Roelof se moeder Iaat haar in ‘n stywe briefie weet dat sy nie welkom sal wees op die plaas nie; maar dit maak Karen net meer vasberade om te gaan.
Op Leeupoort verdig die geheim verder as Karen die eerste dag al uitvind dat Tamara se naam nie daar genoem mag word nie. Wanneer Karen egter op Tamara se dagboek afkom, word die meeste van die geheime op die verrassendste wyse opgeklaar.
Soos gewoonlik slaag Wille Martin daarin om haar verhaal end-uit onderhoudend en pakkend te vertel
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bruidskat van Vrees - Wille Martin ‘n liefdesverhaal uit die ou Kaapse tyd
,Mejuffrou Paula,” sê baron Von Lilienfeld, ,,ek kry altyd wat ek wil hê.” ,,Jy bedoel dat jy enige vrou kan verower as jy wil,” vul Paula aan. Daar is ‘n opwinding in om met so ‘n man oor sulke gewaagde onderwerpe te gesels. Weer maak hy ‘n effense buiging. ,,Presies.” Paula se stem is effens hees to sy weer praat. ,,Wil jy voorgee dat ek ook.. . dat jy my ook kan verower?” ,,Ek kan jou op my verlief maak as ek wil,” sê baron Von Lilienfeld verveeld. Paula Behrens was bang. Soos elke jonkvrou het sy verlang na die vervulling van haar vroulikheid, maar nou het daar ‘n man gekom — baron Von Lilienfeld — wat haar wou dwing om sy bruid te word. Hy het die mag gehad om haar te dwing. . . die mense het gesê niemand was teen hom bestand nie en geen vrou kon hom weerstaan nie. Daarom was Paula bang vir hom.. . maar sy was veral bang vir die verraderlikheid van haar eie hart. Baron Von Lilienfeld kon haar miskien dwing om sy bruid te word, maar hy sou haar nooit werklik kon besit nie, want sy het vir Gerard de Leeuw liefgehad. Maar sê nou die baron maak van sy duiwelse mag gebruik om haar op hom verlief te maak? Hy het mos gesê by kan dit doen as hy wil. Dáárvoor was sy bang — miskien juis omdat sy dit diep in haar hart begeer het?
In hierdie boejende romantiese Kaapse verhaal is daar volop liefde en avontuur en die slot is so verrassend en pakkend dat niemand die boek sal kan neersit voordat die laaste meevoerende sin gelees is nie.

Man in die skaduwee - Wille Martin



Amorita - Wille Martin
Amorita is nie sommer maar net ‘n meisie nie; sy is ‘n besonderse meisie in besondere omstandighede.
Sedert haar vader (‘n gebore Suid-Afrikaner) se afsterwe, boer Amorita eiehandig op die rancho, Sierra Nevada in die skadu van die Cordilleras in Argentinië. Waar dit by perdry, skiet of lasso-gooi kom, hoef Amorita vir geen man agteruit te staan nie. In die versorging van die groot plaas word Amorita trou bygestaan deur Peet Nienaber van die buurplaas Las Plumas.
Deur die jare reeds koester Amorita die hoop dat Peet haar sal vra om sy vrou te word, maar watter man wat vir Dolores, Amorita se jonger suster, ontmoet het, sien ooit weer ‘n ander vrou raak? Peet het dan ook sy hart op Dolores verloor, maar vir die beeldskone en sprankelende Dolores was die lewe op die rancho veels te saai en sy vertrek na die wêreldstad Buenos Aires.
En nou na vier jaar van stilswye kom die telegram dat Dolores en haar seuntjie van drie jaar na die rancho Sierra Nevada terugkeer. Peet is in die wolke en besluit om self vir Dolores te gaan haal, en laat ‘n verslae Arnorita agter.
Maar die lewe op die rancho met sy vele verpligtinge gaan onverpoosd voort. Op Peet se rancho rnaak Amorita kennis met Nielen Hendriks, wat vir Peet behulpsaam sou wees met die vang en inbreek van wilde perde. Nielen Hendriks, met sy uitgesproke geaardheid kom dadelik in botsing met die selfstandige Amorita Combrinck. Nietemin bewonder hy haar, maar kom ook gou agter waar Amorita se hart lê. Amorita laat hom ook goed verstaan dat hy eers vir Dolores moet ontmoet, voordat hy gedagtes oor haar begin koester.
Peet en Dolores kom egter nie alleen op Sierra Nevada aan nie. Voor hulle vertrek uit Buenos Aires het Dolores die ryk Amerikaner raakgesien. Maurice Walsh het reeds elke moontlike opwinding in die lewe meegemaak en sien nou nog net daarna uit om die sluwe poema van Argentinië te jag. Maurice kom dus saarn met Peet-hulle op die rancho aan en dit is reeds die,eerste aand vir Amorita duidelik waar Dolores se belangstelling lê. Sy sien egter ook dat Dolores met meer as gewone belangstelling na Nielen Hendriks kyk en Amorita besef dat sy vir Peet behoort jammer te voel.
Maar op die rancho is werk te doen. Die perdevangery lê voor en ook die groot fiesta wat vir Dolores se tuiskoms gehou gaan word. En ook die poema-jag . . . Enkele dae gelede het ‘n poema juis ‘n aantal skape op ‘n naburige rancho verskeur!



Eiland van vergetelheid - Wille Martin
‘Jy sê jy weet wat dit is wat my hierheen laat kom het, Jean,” sé Krista. ‘Hier na Parys toe — ná vyf jaar.” Die Fransman knik. “Ek het jou verwag —destyds al, toe Hugo vermis is.” “Toe hy dood is,” sê sy stomp. Hy skud sy kop stadig heen en weer. “Hugo s nie dood nie, Krista.” Krista staar hom aan. “Jy bedoel natuurlik dat Hugo se kuns onsterflik is.” “Dit ook, ja,” sê Jean. Hy aarsel terwyl Krista voel hoe haar hart al harder klop. ”Hy ... Wat ek eintlik wil sê is dat Hugo nie dood is nie.” Krista klem die leunings van die leerstoel vas. ‘Ek ... ek begryp jou nie, Jean,”sê sy hees. ”Hugo...nie dood nie?” “Hugo is nie dood nie, maar hy wil nie hê die wêreld moet dit weet nie.” Krista skud haarkop heen en weer en sy sluk swaar. “Waarom .. Dis nou al meer as ‘n jaar sedert ek die nuus .. . Waarom is dit tot nog toe vir my — sy verloofde — stilgehou?” “Jy ly aan skok. Jy sê self dit is al meer as ‘n jaar. Ek het gedink dat jy nou al daaroór sal wees.” “Daaroor?” Krista se stem kraak. “Oor Hugo se dood? Ek sou nooit oor Hugo se dood gekom het nie. Maar nou voel dit vir my asof die feit dat hy lewe nog erger is. Hy lewe, maar vir my het hy ... hy het my verwerp.”

Diva, vaarwel - Wille Martin
Intrige en romanse, dramatiese wendinge en glansryke mense. Dit is die resep vir Wille Martin se Diva, vaarwel.
Ada Linde, oftewel madame Adalinda Kholorov, is ‘n formidabele diva wat operagehore oral ter wêreld aan haar voete het en welgesteld nagelaat is deur haar oorlede man. Elvira is haar persoonlike assistent, maar ook haar oorlede suster se aangenome dogter, wat altyd saam met haar reis en sorg dat sy haar daaglikse insuliendosisse vir haar suikersiekte kry.
Die poppe begin dans toe iemand Ada op haar Suid-Afrikaanse wildplaas ‘n oordosis insulien inspuit terwyl sy slaap. Op die koop toe kry sy ‘n beroerteaanval en ly aan geheueverlies.
Vir die speurders is dit ‘n turksvy om die skuldige vas te trek. Alle tekens wys na Elvira, maar daar is ook Ernest, haar pa, wat ‘n wrok teen Ada koester en allerlei duistere bedrywighede aan die gang het; sy beeldskone stiefdogter, Romy, wat alte graag alle mans se aandag probeer trek; Konrad, die joemalis, wat help met die ondersoek ... en nog ‘n paar mense met nie alte eerbare motiewe nie.
Dis ‘n verhaal wat jou op die punt van jou stoel sal laat sit tot jy hom klaar gelees het.



DROOM NIE MEER, NICOLE - Wille Martin
Nicole Pelissier is na haar vader se dood genoodsaak om te gaan werk. Sy kry ‘n pos as goewernante vir die De Ia Rey-dogter en sy vertrek daarheen.
Op pad soontoe ontmoet sy ‘n baie aantreklike jong man wat dadelik op haar verlief raak en sommer met haar wil trou. Sy lag dit egter weg omdat sy soveel ouer is as hy.
By die De la Reys aangekom, kry Nicole ‘n hele paar verrassings. Philippe du Morvan, die dogter se voog, is glad nie ‘n óu heer soos sy verwag het nie. Die dogter, Celestine, is sestien en rebels en haar broer, Rogier, is dieselfde jong man wat Nicole op die reis daarheen die hof probeer maak het. Nicole is dus in ‘n penarie en daar is geen manier om daaruit te kom nie.
Dan is daar boonop die geheim van die De Ia Rey-kinders se vermiste moeder . DROOM NIE MEER, NICOLE is ‘n ou Franse liefdesverhaal vol avontuur en konflik.

Die wit Mantilla- Wille Martin
,Die Senorita is beeldskoon en ryk — en daar wag nog groter rykdom op jou as jy die regte keuse doen.’
So het die ou Sigeunervrou in Granada Nita du Plessis se toekoms voorspel — Nita, die opstandige dogter van ‘n Transvaalse boer, wat haarself en haar geluk gaan soek in Spanje, die land waar haar moeder gebore is en grootgeword het.
,Die swartkopman sal jou hart uit jou liggaam skeur en jy sal jouself leer ken” het die ou Sigeunerin voortgegaan. ,,Die rooikopman kan jou geluk en rykdom bring, avontuur, ‘n vol lewe. Die man met die vaal hare bring trane, reise ver oor die see .
En Nita het geweet van wie sy praat. Daar is Dawie, die vaalhaar-boerseun wat soos ‘n ouer broer saam met haar grootgeword het maar wat haar nog altyd soos ‘n skooldogter behandel.
Daar is die sjarmante Manuel d’Ortega, die man wat deur haar Spaanse grootmoeder vir haar uitgesoek is en wat al die skatte en landgoed van die adellike familie moet erf.
En daar is Ramon Lopez, die jong stiervegter wat soos ‘n Griekse god lyk; Ramon wat vroeër die afgod van die hele Spanje was, maar nou deur almal as ‘n lafaard verag word omdat hy al sy moed verloor het nadat hy ernstig in die arena beseer is. Kan Nita se brandende liefde weer aan die jong Ramon sy heldemoed teruggee — of stuur sy hom na sy finale neerlaag en miskien sy dood in die arena terug?
Drie mans — drie keuses — in die pragtige, onverbiddellike Spanje waarvan Nita haar hele jeug lank gedroom het. En dan breek die Fiesta aan — die wilde, mallemeul-nagte waarin Spanje self vir haar die keuse doen...



Die wilde Willemien - Wille Martin
Omdat Karen la Guardia reeds as hoërskoolmeisie die dorp se aantreklike jong veearts, dokter André Burton, bewonder het, het sy haar met sy steun en aanmoediging ook as veearts bekwaam — en dit was byna vanselfsprekend dat hulle later verloof sou raak.
Maar op ‘n dag was daar ‘n hunkering in albei se harte: hy wou ‘n praktyk begin in ‘n groot stad, en sy wou aansluit by die beroemde doktor Charles Retief wat ‘n span veeartse en wildbewaarders sou lei na Chiwanda, ‘n buurland, om ‘n nasionale wildtuin daar tot stand te bring.
Na ‘n hewige rusie gee Karen die verloofring aan André terug en word sy lid van die span na Chiwanda. André besluit om agterna te kom om haar te “beskerm” teen doktor Retief, die vroue jagter. In Chiwanda maak Karen ook kennis met die aantreklike en geheimsinnige dokter Jonathan Malherbe, wat ‘n pragtige jong meisie agter tralies gevange hou in sy huis, en met dokter Gerrit Engelbrecht, hoof van die Mara-hospitaal in die voorgenome wildtuin. En hoewel sy spoedig besef dat haar gevoel vir André nie heeltemal dood is nie, is sy bang vir Charles Retiefse attensies en begin sy terselfdertyd ‘n gevoel ontwikkel vir Jonathan Malherbe....
Die donker kavalier - Wille Martin
Gaspard d’Albion was bereid om sy seerowersbestaan te verruil om aan die Kaap ‘n ordentlike bestaan saam met Isabella Cordier, te voer. Min het hy geweet dat sodra sy in die Kaap aankom en hy daarvan weggaan om sy sake in Spanje te reël, sy met ‘n staatsamptenaar, Cordier sou trou. Hyself verbind hom in ‘n huwelik met Adelina, maar deur die jare bly Isabella hom bekoor.
Hy probeer later sy seun met Isabella se dogter in die eg te Iaat verbind, maar misluk. Sy testament is dan gerig op sy kleinseun. Eduard, wat 10 miljoen gulden sou kry deur met ‘n Cordier kleindogter is trou. Die jong Isabella, na haar ouma vernoem, weier sy aanbod telkens maar dan vertel Elverink, die prokureur, hom van Madeleine Hoogenhout. Sy is die pleegkind van die Hoogenhouts en haar regte vader was ‘n seun van ou Isabella Cordier wat na Batavia verdwyn het. By nadere ondersoek skyn dit dat Madeleine net so pragtig is soos haar ouma in haar jongdae was...
Maar Eduard sou nooit kon voorsien dat hy haar lief sou kry en sy vir hom nie. Daar is Jean Ie Roux wat sy attensies op die jong Madeleine probeer afdwing en jong Isabella Cordier wat spyt is dat sy Eduard deur haar vingers laat glip het en weet dat hy slegs in naam getoud is. Tot elke prys sal sy hom probeer terugwen.
Die verhaal speel af teen ‘n agtergrond van ‘n glansryke Kaapse sosiale lewe, maskerballe en misverstande en ware kavaliers!
Lees ook Oloff die seerower uit die pen van Gerrie Radlof



Die mooi Lady Skelton - Wille Martin
Humor omskep die alledaagse, saai menslike bestaan in iets besonders. Wanneer ‘n skryfster haar karakters met deernis sowel as ‘n lag kan skets, is so ‘n verhaal ‘n genot om te lees. So ‘n boek is “Die mooi Lady Skelton” — spitsvondig, vermaaklik, maar ook met genoeg aksie en dramatiese gebeure om die storie lekker vinnig te laat verloop.
Die verhaal speel af in die Johannesburg van die begin van die eeu, toe goudmal avonturiers daarheen gestroom het om “gou ryk te word”. Beeldskone vroue en gewetenlose skurke het ook nie ontbreek nie. In hierdie plofbare maar hoogs interessante situasie bevind Schalk Bergman, voormalige plattelander maar nou as lid van die speurdiens, hom. In die Loop van sy werk kruis sy pad die van die pragtige lady Skelton, glo van lerse afkoms. Haar mooi mondjie, waaraan al wat man is, hang, besig het Engels.
Maar Schalk weet dat hy haar jare gelede as ‘n arm, kaalvoet-boeremeisie in Pelgrimsrust gesien het . . . en op haar verlief geraak het. In sy volgehoue pogings om die kloutjie by die oortjie te bring, beland hy in onmoontlike situasies.
‘n Lekker leesverhaal vir ‘n ontspanne uurtjie!
Lees ook meer verhale van die goudstormloop geskryf deur :

Die Spaanse bruid - Wille Martin
,,Ek het hieroor gedroom... nag vir nag... en bedags ook,” sê hy onsamehangend en toe het hy my in sy arms, is sy lippe op myne. Vir ‘n oomblik staan ek willoos. Het ek nie ook van hierdie oomblik gedroom nie? Maar voor ek my kan teësit, het hy my ru weggestoot. ,,Jy is reg, so iets durf nie wees nie. Nie nou nie. Maar eendag .. Ek sweer jou voor, Madonna, dat jy eendag aan my sal behoort !“ Hy sak meteens op sy knieë voor my, lig my tabberdsoom op en druk sy lippe daarteen. ,,Ek is jou slaaf, Madonna. Ek is dit nie waardig om selfs die soom van jou tabberd te mag aanraak nie. . So het Don Carlos de Haro, die graaf van Cantabria, met Bianca van Buren gepraat en sy het gebewe so groot as wat sy was. Sy het Don Carlos liefgehad, maar... sy was maar net ‘n soort bevoorregte bediende. Sy het nie regtig, soos Dona Catalina de Valdarez, blou bloed in haar are gehad nie en Don Carlos was ‘n graaf en hy moes met Dona Catalina trou, want so het die Conde De Valdarez besluit.
Maar lees gerus self hoedat Bianca deur diep water gegaan het — letterlik, want sy het op ‘n seilboot beland en onder meer ‘n geveg op see meegemaak — voordat sy oplaas geluk gevind het.



Die hart van Lecordeur - ‘n boek uit die pen van Wille Martin
‘n Eertydse boesemvriend daag die jong diplomaat, Jacques Lecordeur, met haat in sy oë tot ‘n tweegeveg uit. Sy weiering het gevolge wat by nooit kon verwag het nie. Hy erf ‘n ryk landgoed en ‘n mooi, sestienjarige pleegdogter met ‘n wil van haar eie.
Liefdesintriges, ware vriendskap, avonture met swaarde en pistole, onderduimse sameswerings en bedrog word saamgevleg in ‘n boeiende verhaal wat afspeel in Parys in die tyd van hoepelrokke, kantvalletjies, goewernantes, gepoeierde pruike, koetse en struikrowers.
En alles gaan uiteindelik om die hart van Jacques Lecordeur.

Baron Buks ontmoet mejuffrou Smurf - ‘n Boek uit die pen van Wille Martin
In Baron Buks Ontmoet Mejuffrou Smurf lees ons weer van die kleurvolle honde en mensekarakters waarmee ons in Baron Buksie kennis gemaak het.
Baron Buks von Distel-Wolfsberg het grootgeword. In Baron Buks Ontmoet Mejuffrou Smurf kruis Buks se paaie met die van Mejuffrou Smurf, en die hare waai. Want kyk, Buks is nou eenmaal ‘n hond van adellike afkoms, ‘n gentleman met puik maniere, maar die lelike affêretjie met uitpeuloë en drie bene, snou hom dinge toe wat enige ordentlike hond se hare sal laat rys. En sy is so geheimsinnig....
waarom op aarde sou sy net drie bene hê?
Mejuffrou Smurf behoort aan Ouma Jacomina. Ouma Jacomina en Oupa is allesbehalwe familie — hulle sit nie langs dieselfde vuur nie, en wanneer Oupa sy pittige sêgoed iaat val, spat die vonke.
Wanneer die weeshuiskinders op Boet en Mara se plaas opdaag, begin die dinge gebeur. Hoe kan dit anders, met stoute Matthys in die nabyheid?
Baron Buks Ontmoet Mejuffrou Smurf is ‘n vonkewaaiboek wat die jong en ouer leser end-uitsal boei.



Bolandse Bokkie - Wille Martin
Maryn Euvrard kom na die skielike afsterwe van haar suster voor 'n enorme krisis te staan. Moet sy voorgee sy is haar buite-egtelike susterskind se ma, of moet sy die gesiene Bolandse Bouvier-familie die waarheid vertel en die risiko loop dat hulle klein Barry van haar af sal wegvat?

Maskerade - Wille Martin
Levasseur, 'n legendariese boekanier en die held van menige vroue se drome, word deur die koning van Frankryk na Parys ontbied. Die rede hiervoor is dat Levasseur 'n lid van die koningshuis se lewe gered het en dat die koning hom hiervoor wil vereer. Die koning is egter nie haastig nie en Levasseur verveel hom gou in die groot stad met sy eindelose sosiale geleenthede.
Intussen verneem Mireille d'Arc, 'n plattelandse meisie met asemrowende, koperrooi hare en geelbruin oë, dat haar tweelingbroer Michel, in 'n tweegeveg gesterf het. Pas na haar broer se begrafnis kry Mireille besoek van sy boesemvriend, burggraaf Lucien de Montalbe. Verbysterd moet Mireille aanhoor dat dit haar oorlede broer se wens was dat sy met die aantreklike burggraaf trou. Maar aan trou kan sy nie dink nie... Sy is vasberade om haar te wreek op die man wat haar broer koelbloedig vermoor het en vertrek na Parys.
Hier ontmoet sy Levasseur, en vind hom onweerstaanbaar aantreklik en uiters galant - maar word wreed ontnugter wanneer Lucien de Montalbe haar vertel dat Levasseur die moordenaar van haar broer is. Dan besluit die rooikop dat sy net op een manier kan wraak neem: sy moet Levasseur op haar verlief maak en sy liefde dan in sy gesig teruggooi..



Winde van die hemele - Wille Martin “’n Mara-hospitaal verhaal”
"Verpleegsuster Narda Malan het dokter Eduard Edelingh liefgehad, maar dit was ‘n hopelose liefde: hy was getroud met ‘n siek, neurotiese vrou en boonop self verlief op ‘n kollega, Nancy Engelbrecht – maar sy was bang om met hom te trou. Toe gaan hy weg om sy sterwende vrou in haar laaste ure by te staan . . . en toe maak Narda kennis met Markus Benade, ‘n speleoloog wat haar uit die staanspoor omkrap omdat hy haar hartsgeheim so maklik ontdek het. En toe keer Eduard terug . . .
Maar in die Mara-hospitaal in Chiwanda, ‘n goedgesinde swart buurstaat van die Republiek, is daar ook ander personeel, mense met hul eie hartseer en vreugde en probleme: briljante verpleegster Wilma Vorster, met ‘n verlede waaroor sy swyg, en dokter Helmuth von Wiellich wat haar lewe versuur omdat hy nie deur haar kors van onverskilligheid kan dring nie; die beroemde sangeres Vera Godfrey wat in Mara beland omdat haar suster Annette ‘n skelm verhouding met haar man het; dokter Martinelli wat Annette haat omdat sy Vera se lewe verwoes het, maar wat tog ook tot haar aangetrokke voel. In die land self vind daar boonop ‘n staatsgreep plaas en Mara word die brandpunt van die stryd tussen die regeringsmagte en die linksgesindes . . .
Teen die agtergrond van Mara-hospitaal het Wille Martin reeds ‘n drietal gewilde romans geskryf. Winde van die Hemele sal sonder twyfel met trots sy plek langs die drie voorgangers inneem."
Lees nog hospitaal verhale deur Nan Henning
Lees nog hospitaal stories deur Ela Spence
Lees nog hospitaal verhale deur Ena Murray
Lees nog hospitaal stories van Suster Wanda (Florence Nightingale reeks)

Prins sjarmant - Wille Martin Hierdie is ‘n grootdruk boek
Saskia de la Rey is in vervoering omdat haar geliefde, Tertius, uiteindelik terug is van Irak af. Hul herontmoeting verloop egter nie glad nie soos wat sy verwag het nie. Boonop word sy deur 'n aantreklike vreemdeling dopgehou wat haar later na haar blyplek volg - in 'n Maserati nogal.
Soos in die verlede neem sy haar Internet-kletsmaat, Konrad, in haar vertroue. Hy het haar dikwels gehelp met inligting vir kinder- en jeugboeke wat sy skryf. Toe sy en Konrad mekaar uiteindelik ontmoet, kry Saskia die een skok en verrassing op die ander. Maar Konrad sorg ook vir die soort avonture waaroor Saskia tot dusver nog net kon droom...



Kring van betowering deur Wille Martin
As ‘n meisie na ‘n siekllke Moekie moet kyk, vereensaam sy, besef Robyn. Sy weet nie wat Moekie makeer nie. Sy kry die gevoel die dokter beskou haar ma as ‘n ipekonderlyer, maar Moekie glo dat sy ellendig siek en die aarde die hel is. Robyn kan soms nie anders as om haar ma gelyk te gee nie. Sy het g’n sosiale lewe nie, daarom gee sy nie om om vir Ton te help met navorsing vir die stories wat hy skryf nie. Boonop is sy vaal — vaal gesig, vaal oë, vaal hare, vaal klere. G’n wonder nie dat mans haar nie raaksien nie.
Toe gee Moekie se ryk kleinneef Hendrik ‘n partytjie in sy weelderige huis en Robyn kry weer te doen met Vonk, die draak wat haar as tienermeisie gespot en geterroriseer het. Maar Vonk lyk en klink nou heeltemal anders en hy is uiters sjarmant.
En boonop kry Robyn besoek van iemand wat sé sy kan vir enigiets wens. Natuurlik is die een wens vir ‘n prins op ‘n wit perd

Van mense en engele deur Wille Martin
Dokter Ralda Schmidt se dogtertjie, Tharina, is so fraai soos 'n slaappop - maar net so passief. Dan ontdek professor Erna Roodt iets wat 'n radikale invloed kan hê op menslike ontwikkeling. Durf Ralda hoop dat die nuwe ontdekking Tharina sal help? Tot haar verbasing kan sy in haar tyd van nood op die dinamiese Philip Herselman staatmaak...

Lied van die balalaika deur Wille Martin
Toe Lara Petrowna die eerste keer ‘n Boer te perd sien, met sy bandelier en breërandhoed wat op kenmerkende manier aan die een kant opgeslaan is, gaan daar ‘n rilling van opgewondenheid deur haar. Hy is een van die dapper vegters vir wie haar mense in Rusland so ‘n groot bewondering het, een van die om wie se onthalwe sy na Suid-Afrika gekom het.
Lara is een van ‘n span Russe en Nederlanders wat ‘n ambulanseenheid beman. Sy leer die Boere van naderby ken — en veral één Boer, die jong Nielen Burger, met wie sy gedurig haaks is, totdat sy tot die ontdekking kom dat sy hom liefhet. Maar net toe sy besef dat sy die hoogste geluk gevind het, raak Lara deur die slinkse toedoen van ‘n verraaier in spioenasie verstrengel. Sy trou met Nielen, maar teen die tyd dat sy agterkom sy verwag sy kind, is sy reeds op die viug. Al wat Nielen van haar oorhou, is haar dagboek...
Baie jare later lees ‘n Afrikaanse meisie op ‘n lang treinrit hierdie dagboek oor en oor. Haar naam is Nadia Burger, en sy is op pad na Rusland, waar die gevestigde orde aan die wankel is...
Lied van die balalaikais die verhaal van twee vroue wat in die vreemde nie net liefdesgeluk vind nie, maar ook ‘n ideaal verwesenlik.
Die historiese agtergrond van die verhaal adem die gees van twee boeiende tydperke in twee verskillende lande: die AngloBoere-oorlog in Suid-Afrika en die vooraand van die Rooi Revolusie in Rusland. Lied van die balalaika is ‘n buitengewone liefdesroman uit die pen van ‘n gewilde skryfster, Wille Martin.
Lees ook Boeke geskryf deur Konsalik



Huil nie, harlekyntjie - ‘n Wille Martin liefdesverhaal
Wat doen die dogter van ‘n miljoenêr wanneer sy besef dat die man wat sy geglo het sy bemin, slegs om haar vader se skatte met haar wou trou? En wanneer haar pa boonop aandring dat sy met ‘n jong baron, die seun van ‘n Duitsc edelman-vriend, moet trou?
As haar naam Helder Viviers is, slaan sy op die viug en word ‘n “arm” sirkusartieste in Europa. In die sirkus maak sy egter — tot haar verwarring — kennis met twéé baronne — of is hulle dalk bedrieërs wat die titel slegs gebruik vir hul sirkusloopbane?
Te midde van lewensgevaar leer Helder later wat dit beteken om werklik bemin te word, maar sy leer ook hoe smartlik dit is om te luister na die taal van jou verstand toe haar vader in ‘n krisis beland en aandring dat sy huis toe kom om met sy jong baron te trou . .
Wille Martin ken die slag om karakters te skep wat die leser met hulle meevoer en laat meelewe; Huil nie, harlekyntjie is ‘n verhaal met sulke karakters.



Gesoek - ‘n verlore hart - ‘n Wille Martin liefdesverhaal
Sazanne Cronjé en Henk Christiaansen word soos broer en suster in een huis groot. Hulle deel lief en leed, pret en kattekwaad, tienerpret en grootwordpyn.. .
Suzanne, hoewel sy klein van postuur is, het nog altyd die leiding geneem; Henk het gevolg.. ‘n Gesamentlike belangstelling in die argeologie bring die twee uit by ‘n opgrawingswerf in die Kalahari — en die verstommend aantreklike professor Erwin von Molendorf-Driebach en die wulpse professor Ursula Brokskaja. Om die argeologiese ekspedisie te kan meemaak, moet Suzanne en Henk egter ‘n kamma huwelik aangaan en dis hier waar hul ou, gemaklike verhouding van broer en suster, beste rnaats, begin skeef loop...
As dit boonop begin lyk of die professor ‘n gewetenlose hartebreker is wat ‘n verwagtende meisie koelbloedig in die steek gelaat het en dat Suzanne ook dalk in sy strik gaan trap, begin die poppe werklik dans.
Wille Martin se onderhoudende verteltrant maak die verhaal werklik iets besonders.

Afspraak op Somerhoek- ‘n Wille Martin liefdesverhaal
Sy staar hom aan, haar oë onleesbaar. Sy wil vir hom sê dat hy haar daartoe dryf om egbreuk te pteeg omdat hy so duidelik wys hy vertrou haar nie, maar sy kan die woorde nie uitkry nie, want hulle is nie waar nie.
Dit is nie Leo wat haar daartoe dryf nie, dis haar eie hartstog, haar begeerte na Alex. Terwyl sy hier voor hom sit en hy haar half lam slaan met sy woede en sy gebrul, weet sy tog hier diep binne-in haar dat sy vir Alex gaan nooi om volgende naweek die afspraak op Somerhoek na te kom.
Die konfrontasie is egter nie net tussen die beeldskone Charmaine Malan en haar aantreklike man, dr. Leo Malan nie, maar ook tussen die gewilde rolprentheld Alex Brand en sy vrou Linda. Dit is sy wat ‘n wig kom dryf het in ‘n huwelik wat nog net ‘n huwelik in naam is.
Alvier hierdie mense staan as skuldiges teenoor mekaar en iewers in die agtergrond is daar ‘n dogtertjie wat met kinderlike onskuld, wag op die besoeke van volwassenes wat verward en onseker elkeen by iemand anders vertroosting en liefde soek.
Is dit egter liefde of is dit net blote hartstog? Op Somerhoek wil hulle die antwoord vind.
Wille Martin vertel hierdie verhaal van liefde en huweliksontrou met deernis en begrip.



Liefste meneer - ‘n liefdesverhaal deur Wille Martin
Laurette is ‘n matriekleerling van wie daar baie goeie resultate in die eindeksamen verwag word. Toe meneer Nic Neethling egter opgedaag het om vir die matrieks Afrikaans te gee, het al wat skooldogter is op hom verlief geraak - Laurette inkluis.
En dis hier waar Laurette se probleme begin, want haar dagdrome begin die botoon voer, sodat sy nie meer in een van die klasse oplet nie. Totdat sy eendag hoor hoe Meneer hierdie probleem met haar pa bespreek. Sy skrik haar boeglam en besluit om nie meer soos ‘n bakvissie op te tree nie.
Haar maats durf ook nie agterkorn hoe sy oor Meneer -voel nie, want is sy dan nie die bevoorregté een wat hom van kleins af ken nie? Haar ousus, Mandie, die beeldskone een, het vroeër met hom uitgegaan en hy het toe reeds dikwels by hulle aan huis gekom.
Dink hy nog aan Mandie? So ‘n mens sal hy beslis nie kan vergeet nie. Wat gaan gebeur wanneer Mandie, wat oorsee is, terugkom? Het sy nog vir Nic lief?
Liefste Meneer van Wille Martin is ‘n heerlike ontspanningsverhaal wat handel oor die hartseer maar ook die vreugde van ‘n jong meisie se grootwordproses, waartydens sy ook haar hart leer ken.

Kaptein Kristin reeks - Planeet 3 - Toekomsfiksie verhaal deur Wille Martin
Kaptein Kristin: Planeet 3 is die eerste boek in Wille Martin se gewilde Kaptein Kristin-reeks (toekomsfiksie) en soos die ander twee boeke is hierdie boek ook n treffer en sal die leser boei tot aan die einde.
Kaptein Staal, luitenant Kosmo, Alex Brutus en die rekenaar Narcissus se ruimtetuig spring uit sy hiperdemensie en hulle word gedwing om te land op die derde planeet van ‘n vreemde sonnestelsel. ‘n Planeet wat omtrent net uit water bestaan met lewende wesens! Die Aarde.
Kaptein Kristin van die Walküre kry opdrag om na die noorde te gaan om ‘n opstand onder die mans, wat in kampe gehou word, te gaan onderdruk. Vandat die vroue, baie eeue gelede, die aarde oorgeneem het, word mans nie toegelaat om te regeer nie. Hulle word net vir teeldoeleindes gebruik en die gedugte leër wat die Aarde moet beskerm teen aanslae uit die ruimte, bestaan uit vroue. Amasone-tipevroue, wat mans as baie lae wesens beskou.
Toe die vroue-soldate in die Noorde kom, vind hulle tot verbasing dat die mans aangevoer word deur vreemde mans van ‘n ander planeet. Die vreemdelinge word oorrompel deur die Walküre en gevange geneem.
Gou besef Kaptein Kristin en haar medesoldate dat hierdie mans nie soos hulle mans is nie. Hulle is groot en sterk en gewoond daaraan dat vroue hulle onderdanig is. Kaptein Staal en sy manne besef dat hulle in die vroue van die Aarde se mag is. Hoe gaan hulle ooit van die planeet wegkom?
Maar dan vind hulle ‘n uitweg. Waarom nie hierdie vrouens gebruik nie? Waarom nie hulle gevorderde tegnieke gebruik om hulle skip te herstel nie. ‘n Vrou bly maar ‘n vrou, al is sy ook ‘n Amasone. . hulle raak netso maklik verlief as ‘n gewone vrou.
Maar waarmee hulle nie rekening gehou het nie, is dat hierdie vroue self besluit het om die manne van Atlantis hier te hou vir hulle eie doeleindes.
Planeet 3 is die eerste in ‘n reeks toekomsverhale deur Wille Martin. Soos met al haar boeke is Wille Martin weer die baasvertelster in ‘n verhaal wat boei van die begin tot die einde. Ander boeke in die toekomsfiksie reeks is :
- Kaptein Kristin: Planeet Drie
- Kaptein Kristin: Atlantis
- Kaptein Kristin: Narcissus
Lees ook wetenskapfiksie deur Ilse Steyn

Kaptein Kristin reeks - Atlantis - Toekomsfiksie verhaal deur Wille Martin
Die manne van Atlantis, kaptein Staal, Alex Brutus, Kosmo en Flynn, is in ‘n penarie. Hulle het van die Aarde af ontsnap, en ‘n viertal van die beeldskone Aardse vlieëniervroue met hulle saamgeneem.
Te laat moes hulle uitvind dat daar ‘n komplot teen hulle was, maar intussen het hulle Atlantis, die manne se tuisplaneet in sig gekry en toe het dinge begin skeefloop.
Om ‘n reis van soveel ligjare te kon afê, moes die ruimteskip, Narcissus, in ‘n ander dimensie spring. Dit het bereken dat hulle, weens ‘n fout in die meganisme van hiperdimensie, nie alleen in die ruimte gereis het nie . . . maar ook in die tyd!
Die Atlantis waar hulle wil land, lyk nie soos die een wat Staal-hulle verlaat het nie - en dit blyk dat hulle moontlik miljoene jare terug in die tyd beweeg het.
Terwyl hulle op die planeet vertoef, word Kristin deur vreemde mans, met die gelaatstrekke van katte, ontvoer.
Daar ontstaan ‘n skrikaanjaende jaagtog deur tyd en ruimte, waarin Alex Brutus tot die besef kom van hoe diep sy liefde vir hierdie beeldskone, blonde jong meisie is.
Die vraag is net: Gaan hy ooit betyds wees om sy liefde aan haar te verklaar? Gaan by haar ooit opspoor in die doolhowe van tyd en ruimte - en hoeveel daarvan is fisiese ruimte, of bestaan dit alleen maar in die verbeelding?
Kaptein Kristin: Atlantis is die tweede boek in Wille Martin se gewilde Kaptein Kristin-reeks (toekomsfiksie) en soos die ander twee boeke is hierdie boek ook n treffer en sal die leser boei tot aan die einde. Ander boeke in die toekomsfiksie reeks is :
- Kaptein Kristin: Planeet Drie
- Kaptein Kristin: Atlantis
- Kaptein Kristin: Narcissus

Kaptein Kristin reeks - Narcissus - Toekomsfiksie verhaal deur Wille Martin
Kaptein Kritin is in die knyp en die- slag besluit Alex Brutus en die ander manne van die rekenaarskip, Narcius, om die strydbyl te begrawe en haar te red, waar sy ook al mag wees.
Om te wete te kom waar sy haar bevind, is moeiliker as wat hulle kan raai want sy het in die hande van die gewetenlose Natan geval, ‘n sinistere wese wat skynbaar alles wéet wat in die Heelal aangaan.
In hul pogings om Kristin re vind, beleef Staal, Kosmo, Flynn en Alex, sowel as die kryger-vroue van die Aarde, allerhande opwindende, fanatiese avonture. In die plek van Kristin, is die androied, Narcissus, Kristin se dubbeiganger, ‘n toevoeging tot hul geledere.
Hulle beweeg in ruimte sowel as tyd en bevind hulle in en stadium terug op hul eie planeet, in hul eie tyd, waar hulle tot hul skok ontdek dat daar net éen lot op arme Narcissus wag — en dit is die skrootwerf!
Hulle moet weer eens vlug ...
En Kristin? Ondergaan sy ondraaglike foltering, soos Alex-hulle vermoed? Inteendeel. Natan, aantreklik, wêreldwys en magtig, is vasberade om haar met elke slinkse set waaroor hy beskik, sy eie te maak, en soms lyk dit asof Kristin van Alex wil-wil vergeet en aan Natan toegee . .
Kaptein Kristin: Narcissus is die derde boek in Wille Martin se gewilde Kaptein Kristin-reeks (toekomsfiksie) en soos die ander twee boeke is hierdie boek ook n treffer en sal die leser boei tot aan die einde. Ander boeke in die toekomsfiksie reeks is :
- Kaptein Kristin: Planeet Drie
- Kaptein Kristin: Atlantis
- Kaptein Kristin: Narcissus
Lees ook ander toekomsfiksie verhale deur Ilse Steyn
Lees ook wetenskapfiksie deur Ilse Steyn



Jonkvrou Fleurette ‘n Liefdesverhaal deur Wille Martin
Die sestienjarige Fleurette is die enigste dogter van hertog Justin de Montargis. Op haar ouderdom behoort sy al getroud te gewees het, maar in haar vader se oë is sy nog steeds ‘n blote kind en hy het so lank as moontlik uitgestel om ‘n huwelik vir haar te reël.
Nou beleef die Frankiese ryk egter ‘n krisis, want koning Lodewyk is dood en sy twee seuns en buitestaander ding mee om die kroon. In hierdie stryd is Fleurette vir hertog De Montargis ‘n magtige wapen, want as hy haar met die regte persoon laat trou, kan dit sy posisie in hierdie onseker tye aansienlik versterk.
Fleurette word ‘n pion in ‘n politieke skaakspel. Sy het geen sê oor wat met haar gebeur nie; haar toekoms is in haar vader se hande, en sal daarna bepaal word deur die man met wie sy sal trou.
Toe haar toekomstige bruidegom aangekondig word, is dit vir Fleurette, sowel as al die burgers van Montargis, ‘n groot skok, want hertog Charles Marteau de Villeneuve is oud genoeg om haar vader te wees en is al jare lank Montargis se aartsvyand.
Maar inussen het ‘n troebadoer haar geleer dat haar hart na romanse hunker.
Jonkvrou Fleurette deur Wille Martin is die verhaal van ‘n jong meisie wat die liefde leer ken, maar alleen staan in haar stryd om oor haar toekoms te beslis.

Ivoor deur Wille Martin Goudstormloop verhaal
Teen die einde van die vorige eeu besuit die sendeling, eerwaarde Paul Malan, om vir hom ‘n vrou van Holland af te laat kom. Leontine is self die dogter van ‘n sendeling en gryp die geIeentheid aan omdat sy glo sy is onaansienlik. Buitendien sal sy ‘n goeie vrou vir ‘n sendeling uitmaak; haar pa was self in die bediening en sy het teen daardie agtergrond grootgeword.
Die lewe het egter ander planne vir haar en Paul, want terwl hy vir haar in Kaapstad wag; ontmoet hy die betowerende Maria, vrou van die miljoenêr, Buck Bowie, en raak op haar verlief. Hy veg hard teen die versoeking maar hy is net n mens. Terselfdertyd ontmoet Leontine die miljoenêr se seun op die skip op pad Kaap toe n dit is hy wat haar bewus maak van die feit dát sy oor ‘n sondeflinge skoonheid en baie tekentalent beskik.
Die kern van die saak is egter toe hulle uit die Kaap wil vertrek en Buck hulle nooi om hulle op ‘n ivoorjag te vegesel. Dit sal hulle in elk geval eindelik by hul bestemming, Paul se sendingstasie in Transvaal, uitbring. Leontine, wat nou sterk aan die wysheid van haar impulsiewe besluit om met Paul te trou, begin twyfel, gryp die geleentheid tot Paul se ergenis aan.
Hulle sluit by die safari aan en hul lewens vleg ineen met die van die Duitse baron, Hugo von Teller, asook die Fransman, Philippe de Villefranche, en ander. En hulle beleef die een avontuur op die ander, Ivoor is ‘n spannende liefdesverhaal wat afspeel teen die agtergrond van die goudstormloop in Transvaal en beeld die gierigheid van die mens skitterend uit.


La Fantaisie ou Kaapseverhaal deur Wille Martin
Net voordat Annemarie Tieldt, ‘n Hollandse weeskind, uit Antwerpen na die Kaap de Goede Hoop vertrek, loop sy haar byna letterlik in haar ewebeeld, Mariëlle Darrieux, vas.
Mariëlle, ryk, verwende meisie, is met die handskoen getroud en op pad na haar man, die eienaar van die Kaapse spogplaas, La Fantaisie. Sy is egter verlief op ‘n jong luitenant en bled Annemarie die kans om haar plek te neem en die vrou van La Fantaisie te word. Gedurende die reis ontmoet Annemarie ene Etienne de Villiers, ‘n broer van die man wie se vrou sy gaan word— en raak onmiddeilik op hom verlief.
Wanneer hulle in die Kaap aankom, hoor hulle Frans de Villiers, die eienaar van La Fantaisie, is dood. Dit beteken dat Annemarie en Etienne mag trou en saam op La Fantaisie kan gaan boer.
In La Fantaisie veroorsaak die bedrog tussen Annemarie en Marielle onverwags talle vraagstukke, veral wanneer Annemarie onrvoer word.
Die kinkels en kabels kronkel deur die lewenswyse van die Ou Kaap, waar pragtige klere en eksotiese geregte deel van die mense se bestaan
La Fantaisie is ‘n opwindende verhaal, maar ook ‘n woordeskildery - ’n die kleredrag, meubels, gewoontes en hebsig wat die Kaap de Goede Hoop so ‘n berowerende plek gemaak het

Elizabeth van Summerfield Liefdesverhaal deur Wille Martin
Elizabeth Summerfield wou opsluit veearts word, maar in die twintigerjare was dit ongehoord dat ‘n vrou so iets aanvang. Ondanks kwaai teenkanting van veral haar pa, sir Henry Summerfield, het sy egter deurgedruk met haar studie.
Eers toe sy wou begin praktiseer, het Elizabeth besef hoeveel vooroordele en struikelblokke sy sou moes oorkom. . . Sir Henry wou niks daarvan weet dat sy praktiseer nie en het volstrek geweier dat sy aan enige siek dier op sy Vrystaatse plaas raak. Die voorreg was net dokter Wim Dreyer, die plaaslike veearts, s’n.
Dit het ‘n wrok teenoor Wim by Elizabeth laat ontstaan. Die feit dat Wim boonop soveel tyd in Antje Bloem se geselskap deurgebring het, was vir Elizabeth olie op die vuur.
Toe daag Edmund, die Summer-fields se verlore seun, en Rodney Drummond, wat deur Elizabeth se ouers vir haar as man uitgesoek is, kort na mekaar op die plaas op en krap almal se kaarte deurmekaar. .
Elizabeth van Summerfield is ‘n ongewone, romantiese verhaal uit die pen van die bekende Wille Martin.



Gister se hartseer Liefdesverhaal deur Wille Martin
Suster Fleur du Plessis was in die middel van die wêreld. Dokter Tobie Eckland het haar liefgehad, maar sy sou nooit met hom kon trou nie omdat haar herkoms so onseker was.
‘n Sterwende vrou het haar iets vertel wat haar in diepe onsekerheid gedompel het. Wat die vrou haar vertel het, het dit vir haar noodsaaklik gemaak om haar betrekking in die Algemene Hospitaal in Johannesburg en haar ouerhuis te verlaat en by ‘n boshospitaal in Midde-Afrika te gaan werk. Daar ontmoet sy vir dokter Hem Manfred wat ook op haar verlief raak, maar toe volg dokter Tobie Eckland haar daarheen.
Die leser maak in hierdie boeiende liefdesverhaal weer eens kennis met suster Serilla wat ook by die Marahospitaal in die bosse werk. Gister se Hartseer is ‘n verhaal van meer as een liefde, want daar is baie dokters en verpleegsters en ander mense in die nedersetting in die bosse, en daar gebeur skokkende en dramatiese dinge voordat Fleur — en minstens vier van haar nuwe vriende — blywende geluk vind.

Doringroos - Liefdesverhaal deur Wille Martin
Toe Nicolette Joubert, in die velpak van ‘n man geklee, saam met die groepie ivoorjagters Bergendal binnery, is Gideon Havenga een van die eerste mense wat sy voor die stoep van die General Dealer raakloop.
Sewe jaar gelede het Gideon op die punt gestaan om aan haar verloof te raak. As gevolg van siekte tuis, moes by Pretoria verlaat en terugkeer na Bergendal. En ‘n paar maande later het Nicolette ‘n brief van hom ontvang waarin hy hulle verhouding verbreek omdat hy ‘n ander meisie liefgekry het.
Toe haar moeder ook kort daarna oorlede is, het sy saam met haar vader en broer en oom die avontuurlike bestaan van ivoorjagter begin voer.
En hier op Bergendal, waar die ivoorjagters ‘n paar dae lank kampeer om hul voorrade aan te vul, vind Nicolette nou uit dat Gideon nie, soos sy gedink het, jare lank reeds getroud is nie. Hy het nooit weer, nadat hy sy verhouding met haar verbreek het, na ‘n ander meisie gekyk nie. Maar wat het dan destyds gebeur?
Die geheim word vir Nicolette al hoe tergender as sy die vreemde gerugte hoor wat oor Gideon op die dorp versprei word. Daar word vertel dat by soos ‘n kluisenaar op sy landoed buite Bergendal woon; dat by ‘n muur om die landgoed laat bou het en sy beeldskone Suster, Madeleine, daar gevange hou; dat ‘n kIomp briesende honde sorg dat geen mens ooit die Iandgoed kan betree nie; dat by eenmaal aangekla is van moord op ‘n man wat dit durf waag het om toenadering tot Madeleine te soek, maar toe op ‘n aanklag van manslag vrygespreek is; ja, daar word selfs gefluister dat Gideon kranksinnig is.
Nicolette kan self ook nie die vreemde gedrag van die man, wat eenmaal so hartstogtelik sy Iiefde aan haar bely het, verklaar nie; maar sy is daar oortuig van dat by nie kranksinnig is nie, en sy wéét dat by haar nog steeds lefhet, net soos sy hom deur al die jare liefgehad het. Daarom besluit sy om die tergende geheim te probeer oplos.
As haar broer, André, besluit om die beeldskone Madeleine uit haar gevangeskap te gaan bevry, begin alles egter verkeerd loop - want wat gaan sy doen as die man wat sy liefhet weer ‘n moord pleeg, en dit nog haar eie broer?



Legende van die Spookvrou- Wille Martin
Dr. Roelf Storm vind haar soos ‘n verkluimde weggooi-katjie in die strate van Parys en hy help haar. Hoekom?
Hy doen haar ‘n huweliksaansoek, trou met haar en bring haar terug na sy familie in die deftige herehuis buite Johannesburg. Hoekom?
Hoewel hy hoflik en bedagsaam is, deel hy nie , slaapkamer met haar nie en bly hy oënskynlik onverskiilig teenoor haar vroulikheid. Hoekom?
Daar is baie hoekoms in Ninon se lewe vandat sy Roelf ontmoet het en veral vandat sy in die groot huis, Hawerland, met sy ingewikkelde familie-verhoudinge woon. Tussen mense en tog eensaam; geen wonder dat die beeldskone Chris von Gera — kunstenaar en daarom ‘n geesverwant vir Ninon ‘n soort toevlugsoord word nie.
Sy weet nie of Roelf hom maar net oor haar ontferm het omdat hy ‘n soort dwang het om goed te doen nie, of hy met haar getrou het omdat hy ‘n erfgenaam moet hê om Hawerland te behou nie, of hy onverskillig teenoor haar staan omdat hy iemand anders liefhet nie, maar één vraag kan Chris von Gera wel vir haar beantwoord. Sy gedrag bevestig vir Ninon dat sy ‘n mooi en hoogs begeerlike vrou is.
Daar is nog Roelf se vrygesel-broer, Dawie, en sy getroude suster, die pragtige Yvonne wat met haar twee kindertjies in die huis woon terwyl haar man verkies om sy eie ewe te Iei en op sy eie voete te staan. Daar is verskeie ou ‘kruppel honde’ van Roelf wat ook in die huishouding opgeneem is. Is sy, Ninon, ook ‘n kruppel hond vir Roelf, iemand wat hy uit jammerte begunstig het en vir wie hy geen persoonlike aangetrokkenheid voel nie?
En die brandendste vraag van alles: wie of wat is die Spookvrou van Hawerland? Dat sy bestaan, is seker want Ninon het haar een verskriklike nag self gesien — die nag toe Roelf haar die eerste keer met hartstog gesoen het.
‘n Fantastiese vervlegting van motiewe en persoonlikhede word in Wille Martin se jongste roman, Legende van die Spookvrou, ‘n spannende situasie wat ‘n pakkende hoogtepunt bereik. Die ontrafeling sal die leser aangryp.
Kliek hier om meer te lees van ander spookstories en grillers
Kliek hier om meer te lees van ander spookstories en grillers
Kliek hier om meer te lees van ander spookstories en grillers

Levasseur se harem - Wille Martin
Wie het nie van Levasseur gehoor nie? Hy het ‘n legende geword, bekend oor die sewe seë waar verhale vertel word. In elke tappery op die eilande word daar nuwe, ongeloofliker stories oor Levasseur vertel.
Hulle noem hom die Laggende Kaper. Die Skrik van die Sewe Seë. Niemand weet wie hy is en waar hy vandaan kom nie maar sy ekskapades is in die verste uithoeke van die aarde bekend. Het ook die klein eilandjie, Martinique bereik, waar drie jong meisies hul toekoms deur die ou heks Euphemia Iaat voorspel.
Toe die rornantiese naam in een van die meisies se toekomsvoorspelling genoem word, is sy in ekstase want vandat sy kan onthou, luister sy na verhale oor hom. Droom sy drome oor hom.
Toe breek die dag aan, dat die drie dametjies na Frankryk moet reis om hulle skoolopleiding af te rond. Elkeen dra in haar die herinnering van ou Euphemia se voorspellings. Met vrees en tog ook met opgewondenheid durf hulle die gevaarlike reis aan. Bewus dat seerowery nog hoogty vier en dat onskuldige meisies soms weggevoer word om as slavinne in harems verkoop te word.
Gaan Euphemia se voorspellings bewaarheid word? Gaan hulle die gevreesde Levasseur ontmoet? Wat wag daar in die toekoms op die donkerkop, Josephine, die eteries-mooie Aimée en klein Bibi met haar rooi hare en sproetneusie?
Weer ‘n heerlike Wille Martin-avontuurverhaal met die romantiese agtiende eeu as agtergrond en met ‘n held wat u noolt sal vergeet nie. Levasseur, die reus van ‘n man met sy bulderende lag, avontuurlus en sy asemrowende onverskrokkendheid.



Karavaan Karavaan - jeugverhaal deur Wille Martin
Karavaan Karavaan is Kittie se verhaal. Haar een hart is by Ma, wat so graag ‘n huis van steen wil hê, ‘n huis wat in die aarde ingeplant staan. Maar Kittie se ander hart lê by pa Freek, wat sy nie in ‘n steenhuis kan sien nie, Pa wat nie gelukkig kan wees as hy nie altyd weer vir ou Appel, die skimmelperd, kan inspan om die swerwersgees tevrede te hou nie.
Kittie kom by ‘n kruispad as hulle Wilgerdorp moet verlaat. Wilgerdorp waar sy maats gemaak het, Wilgerdorp waar Gerrie wat eers haar vyand was, haar vriend word, waar haar opstel in die skool se jaarboek gaan verskyn... Vir die eerste keer is Kittie nie bly as sy een middag by die karavaan kom en ou Appel staan ingespan nie.
Pa Freek se versies en die wilgerwindmusiek saans om die vuur, bring uiteindelik ‘n oplossing vir die twee harte waarop Kittie hink. Die versies wat so nutteloos gelyk het, wat vir Kittie so mooi is, blyk tog nie nutteloos te wees nie. Die swerwers kom tuis, maar dit is ‘n lang en ‘n ver pad voor hulle tuiskoms, eers dan weet Kittie: huis is orals, dis nie net ‘n plek wat stewig in die grond geplant is nie. . .
Karavaan Karavaan is ‘n jeugverhaal uit die pen van die bekende skryfster, Wille Martin. ‘n Sensitiewe verhaal van die swerwer en sy gesin se lot op die wapad, en uiteindelik, ook van hulle geluk.

Minnaar in die Skadu - Wille Martin
Tot haar ontsteltenis moes die mooi, lewenlustige Clemence de Beaufort hoor dat haar vader vir haar ‘n huwelik gereël het met die nuwe markies van Montargis wat uit die Kaap die Goeie Hoop teruggekeer het na Frankryk om sy titel te eis.
Erger nog, is dat hy so geskend is in sy sig dat hy ‘n kluisenaars bestaan voer en nooit sonder ‘n volmasker versyn nie. Boonop ontmoet sy Hermann Muller, die sjarmante afgesant van die markies, wie se oë en lippe nie dieselfde taal praat wanneer hy na haar kyk nie! In die château De Montargis leer sy ook dit ander lede, van die Du Plessis-familie ken wat almal daarop uit is om rykdom en ‘n titel te bekom; sells bereid is om daarvoor moord te pleeg.
Daar is die geslepe Veronique en haar beeldskone suster Germaine wat self ‘n ogie op die markies het, Armand Louviers wat nie sal omgee om met Clemence te trou nie en sy vader wat swaar dra aan die dobbelskuld. Maar sy ontmoet ook die gemaskerde Benedict wat haar op uiters onkonvensionele wyse die hof maak . . . Clemence se verraderlike vrouehart kan nie besluit wie sy lief het nie — Armand wat so maklik sy swaard uitpluk om haar eer te verdedig, Benedict die bekeie, simpatieke mens of die aantreklike rakker van ‘n Hermann. Clemence kry die antwoord op haar hart se vraag as dit te laat is en sy moet deur diep waters gaan voordat die regte minnaar weer uit die skadu verskyn. Die sprankelende liefdesverhaal kom uit die pen van die gewilde Wille Martin.



Pers viooltjies - Wille Martin
Toe die jong balletdanseres, Salomé, die aand ‘n uitnodiging ontvang om Prins Ugo dell’Monica te gaan ontmoet, aanvaar sy dit ten spyte van haar pleegmoeder se pleidooi dat sy dit moet weier. Sy kan nie verstaan hoekom Gitta, haar pleegmoeder, haar wil verhinder om die aantreklike blonde man wat elke aand vir haar pers viooltjies stuur, beter te leer ken nie.
Hierdie ontmoeting het verreikende gevolge — gevolge wat selfs Gitta, die Sigeunerin, nie kon voorsien nie. Daardie selfde aand nog word Salomé uit ‘n brandende huis gered. Die volgende dag spat haar belowende balletloopbaan in skerwe. En die man aan wie haar hart behoort, toon duidelik dat hy haar nie vertrou nie.
Maar uiteindelik oorwin die liefde . .
Pers viooltjies is ‘n aangrypende verhaal wat in die negentiende eeu in Europa afspeel, en wat Wille Martin se gewildheid verder sal verseker.

Goewernante vir Gravesteyn - deur Wille Martin
Elvira stoot haar eenkant toe, gaan binne en maak die deur agter haar toe. ‘Ek wil hoor wat dit is wat jy aangevang het,” sê sy.
Mel pers haar lippe op mekaar en beweeg haar skouers ongeduldig. “Juffrou sal wel hoor — later.”
“Het jou moed jou nou skielik begewe?” vra Elvira. “Dit het seker moed gekos om so te konkel om die sekunde te kon gaan spreek. Dit was seker iets wat ek ten strengste sou afgekeur het, die dat jy my nie gevra het om saam met jou te gaan nie. Ek wonder wat dink mijnheer Johann?’
“Hy weet niks,” sê Mel.
Die meisie lê die kant toe weg, dan dáárdie kant toe, maar Elvira het haar voorgeneem dat sy nie uit die kamer sou stap voor sy alles weet nie.
Toe Mel egter met die waarheid vorendag kom, is Elvira tot in haar diepste siel geskok. Vaagweg in haar onderbewussyn het sy geraai wat Mel aangevang het, maar sy wou nie haar wilde gissing aanvaar nie. Toe sy dit egter nou uit Mel se eie mond hoor, kan sy dit nie glo nie. Sy staar die meisie met afsku aan.
“Jou eie pa!” se sy skor. “Jy sal so iets aan jou eie pa doen! Dan haat jy hom waarlik!”
Sinistere geheimenis omgewe die verlede van Eghard van Breda en sy dogter, Mel. Met haar aankoms uit Holland voel juffrou Elvira Burgh dit dadelik aan, maar die mense wat weet swyg soos die graf.



Silwer Senorita - deur Wille Martin
Die jarelange vete tussen Nico Edeling en sy buurrnan Don Loyarte het ‘n hoogtepunt bereik toe Nico op ‘n dag met ‘n koeëlwond in sy skouer op sy plaas in Argentinië aangekom het. Sy seun wat hy nooit gesien het nie, moet omtrent mondig wees, het hy geweet. Sy seun is die erfgenaam van Silwerplaas en hy moet sorg dat die slinkse buurman nie die silwermyn inpalm nie.
Nico besluit om sy seun te ontbied. Maar die ,,seun” is ‘n dogter wat nie geweet het haar pa lewe nog nie. Sy, haar ma en haar halfbroer Sidney, woon by haar oom en niggie in Johannesburg, waar haar niggie Lindia pas vir dokter Philip Pienaar van haar afgerokkel het. Nicola besluit dadelik om na haar vader toe te gaan sonder om hom te laat weet dat sy ‘n meisie is.
In die veld naby Silwerplaas maak sy kennis met die gemaskerde rower Ramirez wat haar leer wyn drink uit ‘n sak maar wat haar tog veilig by haar pa besorg. Op die plaas leer sy vir Gideon, haar pa se voorman, ken, asook vir die lieflike Catalina Loyarte, op wie Gideon skynbaar verlief is. Gideon begin sy flikkers ook vir Nicola gooi en sy besluit om, om haar pa se onthalwe aan hom verloof te raak, hoewel sy glo dat hy eintlik agter die silwermyn aan is. Dan stuur Ramirez aan haar ‘n boodskap dat sy onder geen omstandighede met Gideon mag trou nie.. . en dan daag haar ma, Lindia, Philip en Sidney ook onverwags op die plaas op...
Silwer Senorita is ‘n romantiese avontuurverhaal wat verfrissend anders is; Wille Martin op haar beste.

Madonna van Silwer - Wille Martin
Tonio Soares raak ongeduldig omdat sy verloofde, Marquita Lombard, wegskram van ‘n huwelik en hy stel ‘n ultimatum aan haar: of sy kom sluit by hom in San Martin aan, Of hulle verlowing is tot niet.
Alhoewel Marquita nog nie gereed vir ‘n huwelik met Tonio voel nie, besluit sy om haar trots in haar sak te steek en hom te volg. Per slot van rekening, wanneer hulle die dag trou, word hul plaas, El Rancho de los Rios, weer een. Maar die noodlot gryp in. Op San Martin kom sy te wete dat haar verloofde intussen in ‘n tweegeveg gedood is deur luitenant Marco Hernandez — nadat hy sy deel van die plaas aan Hernandez gegee het om sy dobbelskuld te vereffen.
Marquita bevind haar nou in ‘n onbenydenswaardige posisie. Haar nuwe buurman het haar verloofde vermoor. Aan die een kant sweer sy dat sy wraak sal neem; aan die ander kant dwing die Argentynse etiket haar om die man en sy familie gasvry op haar deel van die plaas te ontvang.
Die vonke spat wanneer Marquita met behulp van die politieke vlugteling El Lobo begin om die wêreld vir Hernandez warm te maak, veral toe Marquita ontdek dat sy as vrou oor ‘n wapen beskik waarteen geen man bestand is nie . .
Die spanningsvolle liefdesverhaal speel af in die Argentinië van die twintigerjare en soos altyd slaag Wille Martin in Madonna van Silwer daarin om die leser mee te voer na ‘n vreemde, opwindende wêreld ...



Mariska - Wille Martin
Mariska . . . die meisie met die luiperd-oë wat van Londen af kom, met ‘n Afrikaanse van en ‘n Engelse aksent. Sy ken hierdie Wes-Transvaalse landskap glad nie en plaaslewe nog minder en tog het sy huis toe gekom, na haar geboorteplek toe waarheen haar hart nog al die jare daar in mistige, somber Londen verlang het.
Mariska kom na Suid-Afrika met volmag van haar moeder om namens haar op te tree in die verkooptransaksie van die plaas waar sy gebore is. Die aanbod van vyftig duisend rand is vir hulle ‘n fortuin. Toe Mariska hier aanland en van die prokureur staaltjies hoor van die agterlikheid en armoede van die WesTransvaalse boere, ontneem dit haar sommer haar lus om die plaas ‘n slag self te gaan sien. Maar toe lees sy toevallig ‘n koerant en sien ‘n beriggie raak wat haar aan die dink sit . . en die poppe aan die dans. Daar is iets nie pluis wat betref die plaas Doringdrif nie, en sy, Mariska, gaan vasstel wat dit is.
Die luiperd-nooi loop haar vas teen ‘n koel kalant van ‘n Wes-Transvaalse - boer en toe vlieg die spaanders.
,,Waar kom die krapmerke op jou gesig vandaan?” vra Philip se tante besorg. ,,‘n Wildekat het my bygedam, Tante,” antwoord hy doodluiters met ‘n kalmte wat Mariska haar tande laat kners ...
MARISKA deur Wille Martin is ‘n heerlike stukkie verstrooiingslektuur, oortuigend en onderhoudend vertel, met die nodige intrige en spanning om die leser end uit te boei.



Suster Serilla - Wille Martin
Twee dokters en n verpleegsuster — suster Serilla — onderneem met ‘n ligte vliegtuig ‘n noodvlug na boswêreld om dringende mediese hulp te gaan verleen. Die een dokter is ‘n vrou, en sy loods die vliegtuig. Die ander dokter was eenmaal aan haar verloof, maar by het geglo dat ‘n vrou moet kos kook en kinders grootmaak, en daarom het sy destyds hulle verlowing tot niet gemaak. Nou werk hulle weer saam en ....
Bogenoemde is maar een van die boeiende situasies waarmee ons in hierdie menslike roman van Wille Martin te doen kry. Ons maak in hierdie boeiende verhaal kennis met ‘n groep dokters en verpleegsters by die Mara-sendinghospitaal en deel in hulle lief en leed. Daar is dokter Louis Armand, die hoof; dokter Gerrit Ebersohn, die vrouehater; suster Serilla wat in ‘n weeshuis grootgeword het en hopeloos verlief raak op dokter Gerrit, die vrouehater; suster Ingeborg wat weens ‘n liefdesteleurstelling aan verdowingsmiddels verslaaf raak
Ons maak ook kennis met Walter van Zyl, wildbewaarder van die naburige wildreservaat, :Hy is verlief op verpleegster Ansie, maar dan kom sy vrou — wat hom verlaat het — terug en sy het sy hulp nodig. Les bes kry ons te doen met madame Lestrange, die luiperdvrou, wat nie mense naby haar wil hê nie. Hoekom nie? Waarom kruip sy weg, en waarom stel sy belang in wat daar by die hospitaal aangaan? Waarom dra sy ‘n trouring? Wie is die geheimsinnige trustee wat die hospitaal finansier?
Op al hierdie vrae word eers aan die einde die antwoorde gevind, en dan skyn die son weer helder vir die mense in wie se lewens die skaduwees lank gerek het.

Ver oor die grense - Wille Martin
Lien en Beth Landman woon op ‘n plasie in die Karoo pas voor die begin van die Tweede Vryheidsoorlog. Hulle beland egter spoedig in Kaapstad, waar die invloed van die oorlog nooit so fel soos in die Vrystaat en Transvaal gevoel is nie.
Die verhaal voer die leser ook na Parys, waar die kunstenaarshart aan die oewers van die Seine polsend klop, en na Londen, waar die dokke by Southampton rysmier van solate op pad na die suidpunt van Afrika om ‘n klompie rebelse Boere te gaan hokslaan.
En teen hierdie agtergrond vertel die skryfster die onvergeetlike verhaal van Lien, wat graag ‘n beroemde skilderes wil word; van Beth, die agtienjarige ousus, wat nie met haar beminde kon trou nie omdat haar vader ‘n dronklap was .... en van Neil Stamford, die Britse jongman van adellike alkoms. En dan is daar nog nie eers kennis gemaak met die dierbare aunt Adeline nie....



Har! Har! lag die nar - Wille Martin
Debbie is nie dom nie, net ‘n bietjie stadig. Dis net dat sy van kleins af gesukkel het om te leer lees en nou nog nie sommer maklik woorde kan ontsyfer nie.
Nou is sy al amper dertien, te oud vir die kinderhuis, en moet ver weggaan — na ‘n spesiale skool toe. Debbie is baie bang daarvoor, bang vir die vreemde . . . en bowenal, sal haar pa, wat by ‘n sirkus werk, haar weer kan opspoor daar by die nuwe plek?
Eenmaal, toe sy twee jaar oud was, het hy haar kom haal om saam met hom by die sirkusmense te gaan woon. Maar dit was so lank gelede en het al vir haar ‘n droom geword - eers ‘n nagdroom, en nou ook ‘n dagdroom.
Debbie hou van die nuwe skool. Winifred is daar, wat al motors gesteel het en nou en dan die dorpspad vat. Ook Markus die kat, wat haar bo al die ander meisies uitgekies het.
Toe kom die sirkus dorp toe en Debbie se hele wêreld is skielik rondomtalie. Sê nou haar pa is daar, sal sy hom kan herken? En sal hy haar ooit aanvaar, sy wat so kort en klein is en Domkop vir ‘n bynaam het?
Har! Har! lag die nar is nog ‘n meesterlike verhaal uit die pen van die bekende skryfster Wille Martin .

Die goue skip - Wille Martin
Op die eiland Martinique luister die Vlaamse meisie, Nadina, na die polsing van die inboorlingtromme wat op die soele aandwindjie aangedra word. Op hierdie pragtige eiland waar sy in die ampswoning van die goewerneur as goewernante werk, is daar,egter nie net die romantiek van die primitiewe nie; hier is ook ander, meer “beskaafde”, intriges aan die broei.
Nadina se leerling, Lizelle, het nou ‘n groot meisie geword en haar vader stuur haar terug na Frankryk vir haar huwelik met Philippe markies de St. Coeur, wie sy nog nooit gesien het nie. Nadina gaan saam op die skip van kaptein Adriaan Linschaten om haar leerling en vriendin op te pas. Maar heel toevallig het Nadina te hore gekom dat ‘n ontsaglike skat van goud ook Frankryk toe gestuur word, dalk aan board van Linschoten se Vliegende Hollander.
Het iemand anders, ‘n sinistere onbekende, ook hierdie stukkie inligting te hore gekom? Want dit blyk al gou dat De Vliegende Hollander ‘n interessante, ja, bisarre passasierslys het. Nadat anker gelig is, kom hulle een vir een te voorskyn: Hubert Simenon; René Fontaine; madame Detile, ‘n dame van twyfelagtige faam uit Martinique; en les bes, Snoekie en Bolletjie-wol, die twee katte wat aan Nadina en Lizelle behoort, en hul aandeel aan die algemene moleste voluit neem.
Seerowers . . . ‘n muitery . . . ‘n kaping . . . tweegevegte! En in die harte van die twee jong dames afwisselend angs, hunkering n verskriklike twyfel oar wat hulle te doen staan.
Wille Martin wat hierdie Iekker avantuurverhaal vertel, sorg vir ‘n heel onverwagte slot.
Lees ook Gerrie Radloff se Oloff die seerower-reeks
Lees ook Ena Murray se seerower boeke
Lees ook Kobus Snyman se Seeheks-reeks



Seun van die rapier - Wille Martin

Omnibus met die volgende verhale:
Wille Martin het die besondere gaweonm haar Iesers mee te voer na verre lande, na die romantiese maar ook gevaarlike tye wat Iank reeds verby is. Die drie verhale wat in hierdie heerlike leesbundel opgeneem is, vertel van ‘n wêreld wat jonk en anders was.
Meisie met die goue hare is die verhaal van Glaudine, wat as wit slavin, eiendom van Etienne van Rhyn, in die Kaap aankom — geskenk vir Etienne se moeder. Maar Etienne het ook ‘n verloofde, en Marlies is glad nie in haar skik dat hierdie aanvallige slavin onder dieselfde dak as Etienne moet vertoef nie.
In Die Sigeunerbaron lees ons hoe Greta Auerbach en haar moeder deur baron Manfred von Auerbach na Duitsland geneem word sodat hy hulle behoorlik kan versorg. Greta vrees dat daar vir haar ‘n liefdelose huwelik gereel is. . . en toe ontmoet sy boonop die geheimsinnige Sigeunerbaron.
Adam Gier is die man wat Paula Behrens begeer, maar hy gaan nie op ‘n konvensionele wyse te werk om haar hand te wen nie. Nee, deur onbehoorlike druk op haar vader uit te oefen, maak hy Paula sy bruid, en aan haar gee by ‘n Bruidskat van vrees.
Talle ure se leesgenot sal uit hierdie lywige bundel geput word. Dit is nog ‘n fynproewersuitgawe van J.P. van der Watt — uitgewers van hoë van gehalte.

Sabeldans Kaapseverhaal deur Wille Martin
Elkeen wat vir Sabre de Ia Tour met die eerste oogopslag sien, sou nooit kon raai dat dié jong seun eintlik veronderstel is om ‘n meisie te wees nie; maar haar vader, Armand, het haar soos ‘n seun grootgemaak, want in die lewe van ‘n vrybuiter en tussen ruwe seemanne kan haar vroulikheid beslis nie beklemtoon word nie — en sy moet haarself kan handhaaf met die swaardkuns, in skermutselings met die sabel, sowel as met vuurwapens.
Toe Armand eendag op ‘n sakereis gaan met een van sy drie skepe en nie op die afgesproke tyd terugkeer nie, gee Marc L’Inconnu, die rooikop-onderbevelhebber, aan Sabre ‘n brief deur haar pa geskryf met sekere onthullings in. Skielik het sy haar teisterende drome verstaan!
Marc seil weg met ‘n tweede skip om na Armand te gaan soek en daar en dan besluit Sabre om na die Kaap van Goeie Hoop te seil met die derde skip en sekere antwoorde te gaan soek.
Daar ontmoet sy madame Odile de la Tour, haar dogter Charmé de Ia Tour, die comte De St. Leonard en vele avonture volg. . .
Wille Martin se lewendige, ou Kaapse vertelling sprankel weer eens in Sabeldans!
Lees ook Gerrie Radloff se Oloff die seerower-reeks
Lees ook Ena Murray se seerower boeke
Lees ook Kobus Snyman se Seeheks-reeks

Swaard en suiderkruis - deur Wille Martin

Die Kolonel se dogter boek deur Wille Martin
Soos met alles wat sy doen, is Vicky — of liewer Victoria, dogter van sir Henry Buxton — vol entoesiasme oor die ‘avontuur’ om saam met Emily Hobbhouse en ander, gewonde soldate in Suid-Afrika te gaan verpleeg.
Reeds op die eerste dag van die lang seereis val hy haar dadelik op — die jongman met die helderblou oë en geslote, amper verbitterde trek op sy gesig — Recht Meiring, teologiestudent wat uit Holland terugkeer na sy land en sy mense, verpletter deur die oorlog.
Hulle paaie gaan uitmekaar. Op Vereeniging word vredesonderhandelinge gevoer; die oorlog tussen Boer en Brit is verby. Maar wanneer die noodlot hulle weer bymekaar bring, is dit duidelik dat daar in die lewe van Vicky en Recht albei nog ‘n lang stryd voorlê en dat ware vrede en versoening nie met pen en ink verklaar word nie . .

Die Franse goewernante boek uit die ou-Kaapse dae deur Wille Martin
Céleste Dupré en Michel du Maurier-Nivelles is per skip op pad na Batavia in die Ooste. Michel is ‘n vrolike avonturier, wat hom as Céleste se voog beskou; sy is ‘n beeldskone, jong Franse goewernante. Op pad daarheen doen die Nagvalk die Kaap die Goeie Hoop aan, en hulle gaan aan wal om te kyk wat die moontlikhede daar is.
Op die kaai ontmoet hulle vir oupa Belsasar Cordier, ‘n gesiene man in die Kaapse gemeenskap. Deur sy en Michel se bemiddeling kry Céleste die betrekking as goewernante vir klein Willie, oupa Belsasar se agterkleinkind en die seuntjie van sy wewenaar-kleinseun, Adriaan Cordier. Sy moet die sesjarige seuntjie onderrig en versorg, want na die skok van sy ma se dood het die kind stom geword.
Céleste ontmoet spoedig daarna die res van die Cordier-huishouding: - oom Willem en tant Hendrina; die spontane Charl; Fatima; wat klein Willie as haar grootmaak-kind beskou: die Du Bruyn-susters, maar veral die trotse, beeldskone Rosamunde wat verlief is op Adriaan. En dan is daar ook die onnutsige Jacques en Theresa, sy Portugese bruid.
Céleste bevind haar skielik in ‘n maalstroom van gebeure, indrukke en emosies. En toe, op ‘n dag toe alles vir Céleste verlore lyk, praat klein Willie opeens.
Die Franse goewernante deur Wille Martin is ‘n genotvolle ou-Kaapse verhaal.

Alleenpad van die liefde deur Wille Martin
Diep in my hart weet ek dat ek Ian se vriendskap nodig het, dat ek dit trouens verdien ... dat ek hierdie aand van algehele ontspanning in ‘n doodnormale mens se geselskap moés hê anders sou ek my ewewig kwytgeraak het.
Maar ek weet ook dat dit ‘n flater was. As ek kon teruggekeer het na die woonstel voor Barry tuiskom, sou alles miskien nog wel gewees het. Maar soos ons al hoe nader aan die woonstel kom, so het ‘n ware paniekkerigheid in my binneste aangegroei. Ek het ‘n diep sug van verligting geslaak toe ek gewaar het dat daar geen lig in die woonstel is nie, en ek het daarop aangedring om by die kelder in te loer—ja, Barry se parkeerplek is leeg.
Toe ons die woonstel bereik, nooi ek Ian nie in nie. Hy lê sy hand liggies op my skouer. “Ek is bitter jammer dat ek jou uitgenooi het, Deanna. Ek besef nou wat ek jou aangedoen het. Ek moes nooit eens hierheen gekom het nie, want . . . wel, ek sal eerlik wees. Ek het nie gekom om Mariska te sien nie. Dit was om jou te sien. Ek het maar net ‘n draai by haar woonstel gegooi om. . . ‘n alibi te bewerkstellig. Wat bewe jy so?” Hy gryp my twee hande in syne vas en kyk af na my gesig — ek weet dat my lippe onbedaarlik bewe, ja, my hele Iiggaam bewe.
“Moenie jouself verwyt nie, Ian,’ sê ek. “Ek het hierdie uurtjie geniet . . . intens geniet. Ek het werklik ontspan. Ek weet nou. ..“ Ek bly stil. “Wat weet jy?” sê hy, en iets in sy stem, die manier waarop sy sterk greep my hande meteens pynig, laat my besef dat hy my wil-wil verkeerd verstaan. “Ek weet dat. . . dat ons vriendskap nie langer kan bly voortbestaan nie.” Met Alleenpad van die Liefde lewer Wille Martin weer een van haar heel beste en sterkste liefdesverhale.

Doller as kopaf deur Wille Martin

Molokai boek deur Wille Martin
Dis in die loop van die vierde dag toe hulle eindelik vir Molokai insig kry. Daar, op die blou water lê die glimgroen eiland net soos ’n draak uitgestrek.
Daar trek ’n lui rokie uit sy krater van ’n bek en sy stert lê met die sierlike boog van ’n atol uitgestrek, om ook in ’n kleiner vuurspuwende krater te eindig.
Molokai. Die eiland van die draakgod, wat maar ’n paar eue gelede uit die see opgestyg het, glo die inboorlinge.
“Die vulkaan lyk so skadeloos,” sê Lilla vir Max toe hulle met die bootjie, tesame met hulle bagasie na die kaai roei.
Hy kyk ook op na die keël van die vulkaan. Dit is baie hoog en hoewel die voetheuwels met groen plantegroei bedek is, is dit verderop baie glad en die sneeu glinster in die son.
“Dit lyk so, ja,” sê hy. “Ons hoop dit is skadeloos!”
“Het hy nog nooit uitgebars nie?” wil sy weet.
“Sover menseheugenis strek…” antwoord hy. “Daar is baie vulkane wat vir duisende jare stil is en dan skielik… Soms kook die lawa hoog, afhangende dink ek, van die jaargety. Die ou mense van die eiland sê dat die maan die vulkaan beïnvloed. Dit is dalk toeval dat die maangodin se naam Pele is…”
Lilla, ’n jongmeisie van Holland, kom saam met haar sendelingman, Max Jardine, na Molokai, waar sy te doen kry met die sorgelose inwoners van die eiland… of so het sy gedink, totdat sy hoor dat die maangodin Pele, so ’n houvas op die eiland het, dat daar nog gereeld offers aan haar gedoen word. Wanneer die vulkaan aktief word, word ’n onskuldige maagd ge-offer om die godin se wraak te ontkom.
En dan begin die vulkaan lawa uitstoot. Erger as ooit tevore… en daar moet weer ’n offer gevind word…
Molokai is ’n anderse verhaal van onskuld, jaloesie en van donker magte wat hoogty voer op die eiland van die draak soos dit genoem word. Beslis een van die beste verhale wat hierdie gewilde skryfster nog geskryf het.




Boeke in jaar van uitgawe gesorteer:
- 1960 - Die gif van Yvette, boek deur Wille Martin
- 1963 - Helena van Kareespruit, boek deur Wille Martin
- 1964 - Mademoiselle Jeanine, boek deur Wille Martin
- 1967 - Bruid vir die Markies, boek deur Wille Martin
- 1967 - Karima, boek deur Wille Martin - Woestyn liefdesverhaal
- 1968 - Die meisie van Edelweiss, boek deur Wille Martin
- 1968 - Die wêreld is vol liefde, boek deur Wille Martin
- 1969 / 1975 - Die goue Magriet, boek deur Wille Martin
- 1969 - Die wit Mantilla, boek deur Wille Martin
- 1970 - Mariska, boek deur Wille Martin
- 1972 - Die dagboek van Tamara- boek deur Wille Martin
- 1972 / 1989 - Die Franse goewernante, boek deur Wille Martin (ou-Kaapse liefdesverhaal)
- 1972 - Die vreemdeling kom, boek deur Wille Martin
- 1972 - Die vreemdeling uit Lier, boek deur Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- 1972 - Doringroos,, boek deur Wille Martin
- 1973 - Die weduwee van La Vienne, boek deur Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- 1973 - Die vergulde draak, boek deur Wille Martin
- 1973 - Ek soek na my Dina, boek deur Wille Martin ‘n verhaal uit/van die Boereoorlog-era (1900)
- 1973 - Legende van die Spookvrou- Wille Martin
- 1973 - Fleur-de-lys, boek deur Wille Martin
- 1974 - Bruidskat van vrees, Wille Martin - (ou-Kaapse verhaal)
- 1974 - Die goue skip, boek deur Wille Martin
- 1974 - Die Spaanse bruid, boek deur Wille Martin
- 1974 - Mamzelle Rapier - boek deur Wille Martin
- 1975 - Die Sigeuner-baron, boek deur Wille Martin
- 1975 - Eiland van vergetelheid, boek deur Wille Martin
- 1975 - Gister se hartseer, boek deur Wille Martin (‘n Mara-hospitaal verhaal)
- 1975 - Meisie met die goue hare, boek deur Wille Martin
- 1976 - Bruidskat van Ivoor. - Wille Martin (goudstormloop verhaal)
- 1976 - Amorita, boek deur Wille Martin
- 1976 - Goewernante vir Gravesteyn, boek deur Wille Martin
- 1977 - Afspraak op Somerhoek, boek deur Wille Martin
- 1977 - Levasseur se harem , boek deur Wille Martin
- 1977 - Minnaar in die Skadu, boek deur Wille Martin
- 1978 - Alleenpad van die liefde, boek deur Wille Martin
- 1980 - Die hart van Lecordeur, boek deur Wille Martin (Franse liefdesverhaal)
- 1980 - Huil nie, Harlekyntjie, boek deur Wille Martin
- 1981 - Die mooi Lady Skelton, boek deur Wille Martin (goudstormloop verhaal)
- 1981 - Kaptein Kristin - Planeet 3 - Wille Martin (Toekomsfiksie)
- 1981 - Madonna van Silwer, boek deur Wille Martin
- 1982 - As die maanblom bloei - Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- 1982 - Dolorosa, boek deur Wille Martin
- 1982 - Elizabeth van Summerfield, boek deur Wille Martin
- 1982 - Erfgenaam van die liefde, boek deur Wille Martin
- 1982 - Kaptein Kristin - Narcissus , boek deur Wille Martin (Toekomsfiksie)
- 1983 - Baron Buks ontmoet mejuffrou Smurf,boek deur Wille Martin
- 1983 - Karavaan Karavaan, boek deur Wille Martin
- 1983 - Lied van die balalaika - boek deur Wille Martin (n verhaal uit die van die Anglo-Boereoorlog)
- 1984 - Droom nie meer, Nicole, boek deur Wille Martin (Franse liefdesverhaal)
- 1984 - La Fantaisie, boek deur Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- 1985 - Ivoor, boek deur Wille Martin (goudstormloop verhaal)
- 1986 - Chris Pelgrim, 1986 , boek deur Wille Martin
- 1986 - Har! Har! lag die nar, boek deur Wille Martin
- 1986 - Jonkvrou Fleurette, boek deur Wille Martin
- 1986 - Liefste Meneer - boek deur Wille Martin
- 1986 - Maskerade (boek oor die boekanier, Levasseur)
- 1987 - Gevaarlik mooi...en vol verrassings, boek deur Wille Martin
- 1988 - Mademoiselle Lola, boek deur Wille Martin
- 1989 - Angelierstraat, boek deur Wille Martin
- 1989 - Die erfgenaam, boek deur Wille Martin
- 1989 - Die lady, boek deur Wille Martin
- 1990 - Die nag van die groen aap, boek deur Wille Martin (‘n Mara-hospitaal verhaal)
- 1990 - Die sprinkaanvrou, boek deur Wille Martin
- 1990 - Kaptein Kerneels, boek deur Wille Martin
- 1990 - Klein silwer, boek deur Wille Martin
- 1991 - Die Kolonel se dogter, boek deur Wille Martin ‘n verhaal uit/van die Boereoorlog-era
- 1991 - Delila, boek deur Wille Martin
- 1991 - Geliefde gyselaar, boek deur Wille Martin
- 1992 - Die meisie van Sombrero’s, boek deur Wille Martin
- 1992 - Die wilde Willemien, boek deur Wille Martin (‘n Mara-hospitaal verhaal)
- 1993 - Amarilla, boek deur Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- 1993 - Geheim van die donker adelaar, boek deur Wille Martin
- 1993 - Gesoek - ‘n verlore hart, boek deur Wille Martin
- 1993 - Manana is nog 'n dag, boek deur Wille Martin
- 1994 - Berg van die geliefdes, , boek deur Wille Martin
- 1994 - Karnaval van die dood, boek deur Wille Martin
- 1995 - Die ongerieflike huwelik , boek deur Wille Martin
- 1996 - Die Skandes van La Mascara, boek deur Wille Martin
- 1996 - Diva, vaarwel, boek deur Wille Martin (spanningsverhaal)
- 1998 - Hoogty in Montferrat, boek deur Wille Martin
- 1998 - Man in 'n wip, boek deur Wille Martin
- 1998 - Model vir moord, boek deur Wille Martin
- 1999 - Bella Vista by die see, boek deur Wille Martin
- 1999 - Doller as kopaf, boek deur Wille Martin
- 1999 - Kaapse draai, boek deur Wille Martin
- 1999 - Met liefde uit Moskou, boek deur Wille Martin
- 2001 - Gesteelde bruid, boek deur Wille Martin
- 2002 - Molokai, boek deur Wille Martin
- 2006 - Bolandse bokkie, boek deur Wille Martin
- 2008 - Kring van betowering, liefdesroman deur Wille Martin
- Baron Buksie - boek deur Wille Martin
- Die donker kavalier - boek deur Wille Martin - (ou-Kaapse verhaal)
- Die ontembares, boek deur Wille Martin
- Die skat van die groen see , boek deur Wille Martin (Toekomsfiksie)
- Die tierlelie, boek deur Wille Martin
- Erfgrond te koop, boek deur Wille Martin
- Eugenie, boek deur Wille Martin
- Fiesta van die dood, boek deur Wille Martin
- Harte agter skanse, boek deur Wille Martin
- Hartedief, boek deur Wille Martin
- Hartseer harlekyn, boek deur Wille Martin
- Herberg van die luiperd, boek deur Wille Martin
- Kandidaat vir die galg, boek deur Wille Martin
- Kaptein Kristin - Atlantis - boek deur Wille Martin (Toekomsfiksie)
- Krans van die donsarendboek deur Wille Martin
- Lady Philippa - boek deur Wille Martin
- Madame die gravin - boek deur Wille Martin
- Man in die skaduwee - boek deur Wille Martin
- Met liefde aan Simone - boek deur Wille Martin
- Monserrat se meisiekind - boek deur Wille Martin
- 1997 - Moord, terloops, boek deur Wille Martin
- My blonde Kavalier- boek deur Wille Martin
- My enigste Veronique- boek deur Wille Martin
- 1974 - My niggie Mike - boek deur Wille Martin
- ‘n Kavalier vir Karolien - boek deur Wille Martin
- 1992 - ‘n Meisie soos Almaviva, - boek deur Wille Martin
- ‘n Prins vir Anastasia - boek deur Wille Martin
- ‘n Sluier vir die Rooikop - boek deur Wille Martin
- 'n Vrou vir Ongeluksnek - boek deur Wille Martin
- 1972 - ‘n Tyd om lief te hê, 1972 - Wille Martin
- 1985 - Noem my Zol, 1985
- 1993 - Ontmoeting op Polkabaai, 1993
- 1985 - Pers viooltjies, 1985
- 1984 - Pop en Pierewaaier, 1984 - Wille Martin
- Prins sjarmant,
- Prinses Maritza
- 1995 - Prinses uit die Kaap, 1995
- 1991 - Prinses van harte, 1991 (ou-Kaapse verhaal)
- 1994 - Prinses van Parys, 1994
- 1974 - Punt van die reënboog, 1974 - Wille Martin
- Raf gaan veld toe
- Rapsodie in rooi, 2002
- Reënboogruiter, 1992
- Ridder in denim, 1999
- Roos van die Cordilleras- Wille Martin
- Rosekavalier, 1987
- Saam met die suidoos, 1968
- Sabeldans, 1988 - Wille Martin (ou-Kaapse verhaal)
- Satan in satyn
- Seisoen in die son, 1996
- Serenade vir Sarita, 1976
- Seun van die Rapier, 1983 / 1985 - Wille Martin
- Silwerberg, 1988
- Silwer Senorita, 1976 - Wille Martin
- Sjampanje kavalier
- Skadu van die Kat- Wille Martin
- Skemerbruid, 1987
- Spaanse goud - Wille Martin
- Soort van moord
- Sterre in jou oë
- Stil my verlange - Wille Martin
- Storm en swaard, 1990
- Suster Serilla, 1973 (‘n Mara-hospitaal verhaal)
- Swaard en minuet
- Swaard en suiderkruis, 1977
- Swaardmeester van Parys- Wille Martin
- Swart Sombrero’s - Wille Martin
- Tamara
- Tamboere van onheil - Wille Martin
- Tieroog, 1989 - Wille Martin
- Tjieta, 1990
- Towerkind
- Trapsuutjies in 'n tolbos, 2000
- Tres Tredoux, 1992
- Trots van Gelderland - Wille Martin
- Uur van die rooi maan- Wille Martin
- Vallei van eensaamheid- Wille Martin
- Van mense en Engele - deur Wille Martin
- Ver in die wêreld
- Ver oor die grense, 1983 (‘n verhaal uit die van die Anglo-Boereoorlog)
- Verkoopte bruid,2000
- Vivia se geheim, 2002 - Wille Martin
- Vlam en Saffier
- Vlug na die son, 1992
- Vlug vir jou lewe - Wille Martin
- Vreemdelinge op Bulkraal - Wille Martin
- Vrou van die goue pampas
- Waar die woestynwind waai,- Wille Martin
- Wanneer die gode glimlag, 1984 Hedendaagse Griekse mitelogie-liefdesverhaal
- Wie is Marda Meyerling?
- Wilde wit laventel, 2001 - Wille Martin
- Winde van die Hemele, 1976 - Wille Martin (‘n Mara-hospitaal verhaal)
|